Die bibberkoue wat die oostelike dele van die VSA getref het, en daartoe gelei het dat ses deelstate noodtoestande afgekondig het, was toe nie die ergste koue in menseheugenis soos aanvanklik voorspel is nie.
Renosterstroop-sindikaat: Wagte glo vergiftig
Hugo Ras, die vermeende baasbrein agter ʼn renosterstroop-sindikaat, het glo gif in kos gesit en dit vir veiligheidswagte by reservate gegee sodat dit hulle kan lomerig maak en renosters dan geteiken kan word, het Beeld Dinsdag berig.
Rea Vaya-busbestuurders staak
Busbestuurders van Piotrans, wat die Rea Vaya-busdiens in Johannesburg bedryf, staak Dinsdag vir ʼn tweede agtereenvolgende dag.
Nuuskommentaar: Bepalings en voorwaardes vir versoening en vergifnis
Kortom, die elite en die politici beduiwel die algemeen goeie rasseverhoudinge wat op voetsoolvlak bestaan, skryf Herman Toerien.
Ses val in graf
ʼn Predikant, begrafnisondernemer en ʼn paar kisdraers het in ʼn graf geval tydens ʼn begrafnis op ʼn plaas buite Bethlehem in die Vrystaat, het Beeld Dinsdag berig.
Twee dood, talle skoliere beseer in botsing
Twee mense, insluitend ʼn skolier is dood, en 18 kinders is beseer nadat ʼn taxi wat skoolkinders vervoer het op die R101 (Ou Warmbad-pad) omgeslaan het.
Kantore by Limpopo-skool afgebrand
ʼn Brand het Maandagaand by die kantoorgebou van ʼn hoërskool in Malamulele in Limpopo uitgebreek.
Fase 1-beurtkrag aangekondig
Eskom het aangekondig dat fase 1-beurtkrag Dinsdag tussen 10:00 en 22:00 toegepas gaan word.
Derde van SA’ners vrees polisie
ʼn Derde van volwassenes Suid-Afrikaners is bang vir die polisie, het ʼn onlangse opname bevind.
DG bedank te midde van verkragtingsaak
Loyiso Mbabane, Oos-Kaapse direkteur-generaal, het bedank nadat hy op aanklag van verkragting in hegtenis geneem is.
Meisie (5) se liggaam gevind
ʼn Vyfjarige meisie se liggaam is Maandagmiddag in ʼn veld in Bredasdorp in die Wes-Kaap gevind.
Eenheid by Koeberg binnekort herstel
ʼn Eenheid by Koeberg-kragstasie ondergaan toetse voordat dit weer aangeskakel word, het Eskom Maandag gesê.
Poskantoor verwag verlies van R1.3 miljard
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) verwag om teen die einde van sy finansiële jaar in Maart ʼn verlies van R1.3 miljard te verklaar, het Beeld Maandag berig.
Zim-kannibaal pleit skuldig
ʼn Man van Zimbabwe het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig gepleit op moord en dat hy sy slagoffer se hart verwyder het. Hy het glo ook op die toneel stukkies van die man se hart geëet.
EFF ‘tel af’ na staatsrede
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ʼn horlosie op sy webwerf aangebring wat die dae, ure en minute aftel voordat die party pres. Jacob Zuma aanspreeklik gaan hou vir opgraderings aan sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Video: Land se bloedvoorraad baie laag
Die land se bloedvooraad is uiters laag en die Suid-Afrikaanse Bloeddiens sê dis nou die tyd om ‘n verskil te maak.
Video: Dagligbesparing kan groot verskil maak
Suid-Afrika kan in spitstye elektrisiteit bespaar deur in die somermaande die horlosies een uur terug te draai. Dit was een van die voorstelle tydens ‘n…
“Wonderwerk” dat SA-man leef ná motorongeluk in VSA
“My hart is ongelooflik seer dat ek nog nie by hom kon wees nie, maar terselfdertyd is ek oneindig dankbaar dat my kind nog leef.” Só sê die ma van ʼn 24-jarige man wat ernstig beseer is tydens ʼn ongeluk met ʼn vragmotor twee weke gelede in Amerika.
Curro-rasseherrie: ‘Kinders is kleurblind’
Ouers wie se kinders glo volgens ras in klasse ingedeel is by die Curro Roodeplaat Privaatskool in Pretoria, het Maandag gesê hul kinders is nie rasbewus nie.
Lephalale-plaasmoord: Man in hof
Phillip Kgoantha, wat beskuldig word van die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, het Maandag in die dorp se landdroshof verskyn.