Die Balfour-landdroshof het Dinsdag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van die twee verdagtes wat aangekla word van die wrede moord op die Smuts-gesin op hul plaas buite dié Mpumalanga-dorpie.
Voetganger sterf op N1
“In dié stadium is dit nie presies duidelik of die man dalk van die brug afgespring het, geval het, of die snelweg onveilig probeer oorsteek het nie.”
Panayiotou-verhoor: Staat sluit saak af
Die staat het Dinsdag sy saak in die voortslepende moordverhoor van Christopher Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes in die Port Elizabeth-hooggeregshof afgesluit.
Man vas ná ma se borsvoeding-nagmerrie
“Ek is so ongelooflik kwaad dat die daad van my wat kos vir my baba voorsien op so lafhartige manier geseksualiseer kan word.”
Polisieman, nog ʼn verdagte vas vir renosterstropery
Daar is onder meer op ʼn R1-geweer beslag gelê wat in die 90’s as gesteel aangemeld is.
Pa maak eie dogter swanger
“Die pa, wat veronderstel was om sy kind te beskerm, het haar verkrag, swanger gemaak en toe ook probeer om haar as ʼn leuenaar af te maak.”
Honderde in Pta gestrand ná ‘weermag’-slenter
ʼn Span maatskaplike werkers is Dinsdagoggend op ʼn perseel langs ʼn winkelsentrum in Pretoria ontplooi nadat honderde mense van KwaZulu-Natal glo slagoffers van ʼn slenter geword het.
Gupta-burgerskap: LP’s boos oor ministers se afwesigheid
LP’s van die opposisiepartye was Dinsdagoggend woedend nadat Hlengiwe Mkhize, minister van binnelandse sake, en haar voorganger, Malusi Gigaba, nie teenwoordig was nie by ʼn parlementêre vergadering oor die toekenning van vervroegde burgerskap aan lede van die Gupta-familie.
Departement hof toe gesleep oor verpleegster se plasing
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag hofstukke teen die departement van gesondheid asook die betrokke minister ingedien nadat die departement glo versuim het om ʼn afgestudeerde verpleegster meer as ses maande nadat sy haar studie voltooi het, by ʼn hospitaal te plaas.
Prokureur hoor oor borgtog ná skietery op plaas
Uitspraak is Dinsdag gelewer in die borgtogaansoek van die vooraanstaande prokureur wat daarvan beskuldig word dat hy vier werkers verlede week op die Zebediela-sitrusplaas geskiet het.
[Foto’s] Nog ʼn stadsaal verwoes tydens betoging
“Dit is veral moeilik om te aanvaar in ag genome dat daar net gister klaar gemaak is met herstelwerk aan die plafon na jare se motivering om die fondse vir dié herstelwerk te bekom.”
‘Nog ʼn Esidimeni-tragedie op pad’
“Personeel van die NRO’s werk sonder vergoeding en sommiges sukkel om inwoners van kos te voorsien. Behoeftige kinders, wesies en mense wat ernstig getraumatiseer is, ly almal hieronder.”
Pta-polisie waarsku oor nuwe valstrik
“In albei gevalle het die bestuurders aan die polisie gesê ʼn passasier in ʼn verbygaande voertuig het vir hulle aangedui dat daar iets aan die agterkant van die voertuig fout is.”
SA hotel gekap ná hul Zim-ministers weier
Die Zim-SA Forum beweer daar is ʼn rasse- en politieke motief agter ʼn luukse hotel in Sandton in Johannesburg se besluit om ʼn afvaardiging van Zimbabwiese ministers se verblyfbespreking te kanselleer.
Trok met steroïede in De Doorns gekry
Die openbare-orde-polisie en blitspatrollie het ʼn intelligensiegedrewe operasie gehou en ʼn padblokkade by die vulstasie opgestel.
Tiener ernstig beseer ná motorfiets vlam vat
ʼn 16-jarige seun is ernstig beseer toe die motorfiets waarmee hy gery het aan die brand geslaan het ná ʼn botsing teen ʼn voertuig.
Drie hoor binnekort lot ná verkeersbeampte se skietdood
“Ooggetuies het getuig dat hulle verskeie skote gehoor en gesien het hoe die hartelose moordenaar terug na sy Jeep hardloop en teen ʼn hoë spoed wegjaag.”
Nóg ʼn plaas deur voëlgriep getref
Die departement van landbou het gesê ʼn landwye verbod geld ook vir die verkoop van lêhoenders as slaghoenders tot verdere kennisgewing.
Ontvoerde Sweed ná vyf jaar in Mali vrygelaat
ʼn Sweed, Johan Gustafsson, wat byna ses jaar lank saam met die Suid-Afrikaner, Stephen McGown, deur Al-Kaïda-militante in Timboektoe, Mali, gevange gehou is, is vrygelaat.
Skietdrama toe rowers op transitovoertuig toeslaan
Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn groep gewapende verdagtes wat Maandagoggend ʼn transitovoertuig tussen Haenertsburg en Tzaneen probeer beroof het.