ʼn 16-jarige seun is ernstig beseer toe die motorfiets waarmee hy gery het aan die brand geslaan het ná ʼn botsing teen ʼn voertuig.
Drie hoor binnekort lot ná verkeersbeampte se skietdood
“Ooggetuies het getuig dat hulle verskeie skote gehoor en gesien het hoe die hartelose moordenaar terug na sy Jeep hardloop en teen ʼn hoë spoed wegjaag.”
Nóg ʼn plaas deur voëlgriep getref
Die departement van landbou het gesê ʼn landwye verbod geld ook vir die verkoop van lêhoenders as slaghoenders tot verdere kennisgewing.
Ontvoerde Sweed ná vyf jaar in Mali vrygelaat
ʼn Sweed, Johan Gustafsson, wat byna ses jaar lank saam met die Suid-Afrikaner, Stephen McGown, deur Al-Kaïda-militante in Timboektoe, Mali, gevange gehou is, is vrygelaat.
Skietdrama toe rowers op transitovoertuig toeslaan
Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn groep gewapende verdagtes wat Maandagoggend ʼn transitovoertuig tussen Haenertsburg en Tzaneen probeer beroof het.
Geringe styging in Wes-Kaapse damvlakke
Damvlakke in die Wes-Kaap het effens gestyg.
Groep verdagtes soek ná aanval op vulstasie
ʼn Hilux-bakkie, Toyota Fortuner en BMW is gebruik tydens die aanval waarin ʼn kitsbank en kluis opgeblaas is.
[Foto’s] Polisiebeampte, verdagtes vas ná sakeroof
“Die rooftog het Saterdag plaasgevind. ʼn Groep van sewe mans het ʼn bakkery binnegestorm en die eienaar en sy vrou beroof terwyl hulle geld getel het. Hulle het van die toneel gevlug met ʼn onbekende bedrag kontant,” het Hlathi gesê.
Man ernstig beseer ná sy hand in snippermasjien vassit.
’n Man (22) is vanoggend ernstig beseer in ʼn industriële ongeluk in Vanderbijlpark.
“Ons is jammer,” sê Spur
“Ons het besef dat ons die afgelope paar maande nie na ons kliënte geluister het nie. Die onlangse konfrontasie tussen twee kliënte en die gevolglike reaksie, het ʼn kragtige boodskap tuisgebring en dit is dat ons gehoor moet gee aan ons kliënte se behoeftes en hul frustrasies.”
Coligny-moordsaak ‘moet vinnig afgehandel word’
Die oorledene se pa het Maandag ʼn paar keer voor die hofverrigtinge begin het aan die mans gesê om hul koppe op te lig. “Hou julle koppe op, hoekom kruip julle weg?”
Man kritiek ná hond hom aanval
“Die hond het die man aan die arm gebyt en grond toe geruk, waarna die hond hom in die gesig gebyt het.”
Balfour-plaasmoord: Twee hoor dan oor borgtog
Twee mans het Maandag weer in die Balfour-landdroshof verskyn in verband met die gru-plaasmoord waarin vier gesinslede vroeër vandeesjaar vermoor is.
[Video en foto’s] Betogers maak amok in Benoni
ʼn Groep betogers het Maandag in die strate van Benoni aan die Oos-Rand ingevaar en onder meer erge skade aan die plaaslike brandweerstasie aangerig.
Gevangenes in tronk deur ontkleedansers vermaak
James Smalberger, waarnemende hoofkommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Maandag tydens ʼn mediakonferensie die egtheid van die foto’s bevestig.
Man sterf op Wes-Kaapse strand
ʼn Man is Sondagoggend op ʼn strand in Witsand in die Wes-Kaap dood nadat hy skielik bewusteloos geraak en inmekaargesak het.
Doodskis-video: Saak nou na hooggeregshof
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk het, gaan nog langer in aanhouding moet wag om verhoor te word.
ANC verban term ‘witmonopoliekapitaal’
Paul Mashatile, ANC-voorsitter in Gauteng, het Sondagaand gewaarsku ANC-lede moet versigtig wees oor die gebruik van “konsepte en taal om politieke argumente te bevorder”.
Coligny-moordsaak: Twee terug in hof
Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die twee mans van Coligny in Noordwes wat van die moord op ʼn 16-jarige seun aangekla word, het Maandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
EFF: ‘Ons weet dat Guptas op Malema spioeneer’
“Ons wil die Guptas waarsku, ons gaan nie stilsit en net toelaat dat hulle mag oor ons leier se lewe het nie. Hulle moet weet die EFF is nie bang vir hulle nie.”