“Jesus het ons gebede gehoor – ons dien ʼn gróót God. Ek prys hom vanaand!” Só het Burre Burger, ʼn inwoner van Vredendal, op Facebook…
Verkragter vas ná hy aan die slaap raak
ʼn 27-jarige man is Saterdag in hegtenis geneem vir die verkragting van ʼn 25-jarige vrou toe hy ná die verkragtingsmisdaad aan die slaap geraak het.
Gesin rasend ná pa vermis raak
“Die polisie en ondersoekspanne het sy spore en ʼn paar persoonlike items gevind, maar nog nie verdere leidrade nie. Ons is rasend van bekommernis – sy vrou en kinders ook. Ons bid dat hy net verdwaal het; bid is immers al wat ons kan doen.”
[Foto’s] Drie vas vir ses wilde diere in motor
Die Oos-Kaapse man het aan die K9-ondersoekeenheid gesê hy is laat vir werk en oorskry daarom die spoedgrens, maar ʼn ondersoek na stampgeluide in die kattebak het nagenoeg ses wilde diere opgelewer.
Wees versigtig as jy van OR Tambo reis, waarsku polisie
Die polisie in Gauteng het Saterdag lede van die publiek gewaarsku om ekstra waaksaam te wees wanneer hulle vanaf die Internasionale Lughawe OR Tambo in Kempton Park reis.
Vier op pad na begrafnis in ongeluk
Vier vroue, onder wie een bejaarde, is in ʼn ongeluk beseer toe die motor waarin hulle op pad was na ʼn begrafnis, in ʼn ongeluk betrokke was.
Motorfietsryer se been deurboor
ʼn Motorfietsryer se been is Saterdag deur stukke van sy motorfiets deurboor nadat hy in ʼn botsing betrokke was.
Polisie, gemeenskapsleiers in Limpopo ontmoet oor misdaad
Die polisie en gemeenskapsleiers in Limpopo het beraadslaag om saam misdaadsvoorkomingstegnieke te ontwikkel.
5 vas vir sakeroof
ʼn Toyoya Avanza is gewaar en ná ʼn hoëspoedjaagtog het die verdagtes op die hoek van Landsdowne en die Thuku-pad op die polisie losgebrand.
Debat oor geskiedenis as skoolvak vlam weer op
Nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, onlangs gereageer het op ʼn vraag in parlement of geskiedenis as skoolvak verpligtend gaan wees tot op matriekvlak, het dié debat weer opgevlam.
‘Tsoenami van roekeloosheid spoel oor SA’
Reaksie op tweede agentskap se besluit om Suid-Afrika na rommelstatus af te gradeer.
Man doodgesteek in plaasaanval
“Daar het ʼn struweling tussen die slagoffer en die verdagtes ontstaan en die man is met ʼn onbekende skerp voorwerp gesteek en is op die toneel dood”.
Daar’s toe nie ʼn slang in die gras nie…
… maar wel in ʼn supermark in Komatipoort.
[Foto’s] 3 ontsnap uit aanhouding
Dié drie mans word dringend deur die polisie gesoek nadat hul oornag uit die aanhoudingselle by die Haenertsburg-polisiestasie ontsnap het.
Jong man verdrink in KZN-swembad
“Die mense wat die man gekry het, het hom op die bodem van die swembad aangetref en sy liggaam uit die swembad gehaal.”
3-jarige opgespoor
Hy het onder bosse langs die Kromrivier gelê.
Man gewond, twee vas ná skietgeveg met polisie
“Die verdagtes is omstreeks 06:30 gewaar en het op die polisie losgebrand”.
O’Sullivan-klopjag ‘deel van ondersoek’
“Die polisie wil dit duidelik maak dat geen mens verhewe is bo die gereg nie. Ons sal aanhou ondersoek instel sonder vrees of begunstiging”.
Padstal-hoender: Uitslae werp lig op ‘vergiftiging’
Die uitslae van die toetse ná twee kinders dood is nadat hulle hoender by ʼn padstal gekoop en geëet het, is nou bekend.
SA verskyn voor Strafhof
Verteenwoordigers van Suid-Afrika moes vandag voor die Internasionale Strafhof in Den Haag, Nederland, verskyn.