Die staat het Woensdag in die Kempton Park-landdroshof gesê die ondersoek na die opspraakwekkende rooftog by die Internasionale Lughawe OR Tambo kan nog tot ses maande duur.
Man by werkplek aangeval, beroof
“Ek gaan jou skiet. Ek gaan jou skiet,” het Vernon Brynard (54) herhaaldelik gehoor.
Polisiebeamptes, nog verdagtes vas by grenspos
“Hulle het paspoorte wat reeds verval het en ander vervalste reisdokumente oor die hoof gesien in ruil vir kontant of ander vergoeding”.
Nog ʼn Ford-model herroep
“Die veiligheid van ons klante is ons eerste prioriteit.”
Ford SA se hoof teruggeroep na VSA
Jeffery Nemeth, die uitvoerende hoof van Ford SA, is laat Dinsdagmiddag na die VSA teruggeroep.
Tragedie op rugbyveld
ʼn Tienerseun is Woensdagmiddag tydens ʼn rugbyoefening dood.
Vyf vas ná gewelddadige betogings, MP-skole afgebrand
Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige diensleweringsbetogings wat reeds daartoe gelei het dat geboue by minstens twee skole in die Bosbokrand-omgewing van Mpumalanga aan die brand gesteek is.
Kaapstad-tiener met vuurwapen betrap
ʼn 18-jarige seun is Woensdag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat ʼn ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gevind is.
‘Geregtigheid sal geskied’ in Gupta-hofsaak
“Ons verstaan die partye is gretig om te hoor wat ons besluit is en ons sal probeer om dit in rekening te hou. Ons hoop om geregtigheid te laat geskied.”
SAID lê beslag op motor van byna R14 m.
Doeane-beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ʼn Ferarri F1-motor, wat ongeveer R13,9 miljoen werd is, onderskep toe daar gepoog is om die voertuig deur die Beitbrug-grenspos die land in te smokkel.
Kathrada-begrafnis: Zuma openlik gekritiseer
Voormalige president Kgalema Motlanthe het Woensdag by die begrafnis van ANC-struggle-veteraan, Ahmed Kathrada, dele uit ʼn ope brief aangehaal wat Kathrada aan pres. Jacob Zuma geskryf het waarin hy hom vra om te bedank.
Rhodespark-slagoffers het probeer selfmoord pleeg
Die hooggeregshof in Johannesburg het Woensdag gehoor dat die twee vroue wat in 2015 in Rhodespark in Kensington verkrag is, sedertdien selfmoord probeer pleeg het.
[Video] Gordhan kry staande toejuiging
Pravin Gordhan, minister van finansies, is Woensdag staande toegejuig by die begrafnis van die ANC struggle-veteraan, Ahmed Kathrada, te midde van bespiegeling dat die minister moontlik binnekort uit sy pos verwyder gaan word.
Waterkloof-vrou sit rowers ore aan in haar Porsche
ʼn 54-jarige vrou van Waterkloof in die ooste van Pretoria het Dinsdag twee mans wat haar wou beroof met haar Porsche gefnuik.
Ma soek antwoorde ná seun se raaiseldood
ʼn Gebroke ma van Kriel in Mpumalanga is op soek na antwoorde nadat haar vermiste 21-jarige seun Maandag dood gevind is.
Sekslokval kos man R190 000
“Wat veronderstel was om ʼn oomblik van plesier te wees, het egter vir die man in ʼn vier uur lange nagmerrie ontaard.”
Bejaarde op Noordwes-kleinhoewe vermoor
“Die 79-jarige man se bure het glo onraad vermoed toe hulle hom nie buite op die kleinhoewe gesien het nie en het gaan ondersoek instel.”
12 vas, vermeende stroper geskiet in wildtuin
Mabasa het gesê daar is op ʼn aanvalsgeweer, patrone en ander gereedskap wat vir stropery gebruik word beslag gelê.
Misdaadkrisis in SA noodsaak ʼn dringende veiligheidsberaad
Die misdaadkrisis in die land groei daagliks en die polisie het klaarblyklik nie die vermoë om dit hok te slaan nie.
Pretorianers gemaan om munisipale waardasies na te gaan
Die Tshwane-metro in Pretoria het sy waardasierol vir eiendom gepubliseer wat vir die volgende vier jaar geld.