Mark Scott-Crossley is vroeër in ʼn Njala-voertuig, wat deur swaar gewapende polisielede begelei is, na die hof geneem.
Man op KZN-plaas doodgeskiet
ʼn Man is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Underberg-gebied in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
[Video] Geldwa helder oordag by vulstasie beroof
Die Witbank-polisie in Mpumalanga het ʼn soektog van stapel gestuur na twee gewapende mans wat Dinsdag ʼn geldwa by ʼn vulstasie beroof het.
Nóg ʼn leeu in Limpopo doodgemaak
Die polisie is op soek na verdagtes wat ʼn witleeu doodgemaak en gepoog het om nog twee leeus dood te maak by Ingogo Safaris in Alldays, Limpopo.
Geen borgtog vir twee wat glo donkies afslag
Twee persone wat in hegtenis geneem is nadat 35 donkies se velle afgeslag is, het in die hof verskyn en bly in aanhouding, het die dierebeskermingsvereniging (DBV) Dinsdag gesê.
Twee vas toe hulle sak ivoor in ʼn restaurant vergeet
Twee mans van China, onderskeidelik 24 en 27 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad verskyn nadat hulle Maandag deur die Valke se bedreigdespesies-eenheid in hegtenis geneem is.
Unisa en Nehawu skik oor salarisse
Die Universiteit van Suid-Afrika en die vakbond Nehawu het Dinsdag formeel ʼn loonooreenkoms onderteken.
Pa in hof oor porno van sy tweelingdogters
ʼn 44-jarige man het Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklag dat hy pornografie versprei het van sy agtjarige tweelingdogters.
SAPD tree nie op teen rassisme in eie geledere nie
Nie net het Malebe-Thema die personeellede ten aanskoue van die rekrute aan die opleidingskool verneder deur hulle op die verhoog te verkleineer nie, maar sy het ook weens hul ras diskriminerend teenoor die betrokke personeellede opgetree
Ses vas oor renosterstropery
Ses mans is vandeesweek in die Hluhluwe Imfolozi-natuurreservaat in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
Vyf vas oor 10-jarige seun se verkragting
Vyf persone, waaronder vier minderjariges, is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn tienjarige seun se verkragting.
Lephalale-sakeman in hof oor onwettige renosterjag
Antonio Freitas (55) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, het Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van die onwettige jag van beskermde wilde diere.
Tweelingbroer se dood steeds ʼn raaisel
Nooit kon Christo dink toe hy die aand van 14 Januarie vir Beyers by ʼn kollega se verjaardagpartytjie groet, dat dit die laaste keer sou wees wat hy met hom praat nie.
Gerrie Nel: ‘Almal moet gelyk wees voor die reg’
Adv. Gerrie Nel het Dinsdag gesê hy het besluit om ʼn pos by die burgerregte-organisasie AfriForum te aanvaar omdat hy bekommerd is oor die persepsie dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geneig is tot selektiewe vervolgings en dat almal skynbaar nie gelyk is voor die reg nie.
Anika se pa: ‘Dis sommer ʼn klomp leuens’
Johan Smit, Anika se pa, het na die hofverrigtinge buite die hof met verslaggewers gepraat.
Polisieman in hof oor ‘bloedmonsters in mikrogolf’
Hoffman het na bewering bloedmonsters in ʼn mikrogolfoond gekook voordat hy die monsters vir forensiese analise gestuur het om die bloedalkoholvlakke te toets.
Verkeer erg ontwrig toe brandweerwa omslaan
Die verkeer in Constantia Kloof in die weste van Johannesburg is Dinsdagoggend erg ontwrig nadat ʼn brandweerwa met twee ander voertuie gebots en omgeslaan het.
‘Haatspraak-wet inkrimineer amper almal’
“Ons sal by implikasie toegesluit kan word vir grappies oor prokureurs en joernaliste.”
Anika-saak: Polisieverklaring skets donker prentjie van Smiley
Hy het glo gesê hy gaan ‘n tatoeëermerk op sy bors kry van twee hande met bloed wat daarvan afdrup.
Smiley: ‘Ek is gedwing om moord op Anika te beken’
Die saak van André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit, het Dinsdag in die Pretoria-Noord-landdroshof ʼn skokwending geneem toe Van Wyk met sy borgtogaansoek begin het.