ʼn Kaapstadse vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn huurmoordenaar betaal het om haar 67-jarige man te vermoor, het Maandag in die Wynberg-landdroshof om borgtog aansoek gedoen.
Nóg twee in Bloem vermoor, ses vasgetrek
Nóg twee mense is Maandag in Bloemfontein vermoor nadat drie mense die naweek in Bloemspruit vermoor is. Die polisie het ses verdagtes in hegtenis geneem.
‘In die Here se skaduwee’ met wonderwerk-peuter
“Die enigste verskil tussen ʼn nagmerrie en ʼn avontuur is jou ingesteldheid. Ons is soos ʼn klein kindjie wat in die donker agter sy pa aanloop wat die flits vashou. Ons weet nie wat vir ons voorlê nie, maar ons vertrou blindelings op die Here.”
[Foto’s] Twee passasierstreine bots
Minstens een persoon is dood en sowat 100 mense beseer toe twee passasierstreine Maandagmiddag tussen Pretoria en Johannesburg gebots het.
Brandslagoffer Sean: R3 miljoen benodig vir behandeling
Ondersteuners en geliefdes van Sean Smith (16), die tiener van Pretoria wat verlede Maandag erg gebrand het in ʼn fratsongeluk met petrol, poog hard om geld in te samel om hom na een van die land se beste private hospitale met ʼn brandsorgeenheid oor te plaas.
#FeesMustFall: Wits-studente hoor oor borgtog
Vier studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) wat Vrydag in hegtenis geneem is nadat hulle lesings op die mediese kampus ontwrig het, het Maandag in die Hillbrow-landdroshof om borgtog aansoek gedoen.
Video: Krugersdorp-tronk in ligte laaie
Die departement van korrektiewe dienste stel tans ondersoek in na ʼn video van ʼn brand Vrydag by die Krugersdorp-gevangenis aan die Wes-Rand, wat vermoedelik deur ʼn gevangene geneem en versprei is.
Piet Byleveld se prokureur reageer op ‘ernstige bewerings’
Oudbrig. Piet Byleveld se regsverteenwoordigers het gereageer op bewerings wat die afgelope paar weke aan die lig gekom het dat Byleveld na bewering familielede van verskeie moordslagoffers met derduisende rande ingeloop het.
Polisieman vas wat glo vrou, baba skiet
ʼn Polisiekonstabel verbonde aan die Lydenburg-polisiestasie in Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hy die afgelope naweek glo ʼn 24-jarige vrou en haar drie maande oue baba geskiet het.
Jong man sterf in motorfietsongeluk
ʼn Motorfietsryer is Sondag in ʼn botsing in die suide van Johannesburg dood.
TUT-studente in bebloede koshuiskamer gekry
Twee studente van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) se Mbombela-kampus in Nelspruit is Sondag in ʼn bebloede koshuiskamer gevind nadat hulle glo met ʼn mes aangeval en gesteek is.
Skermswewer oorleef noodlanding
ʼn Skermswewer het Sondag ʼn noodlanding van ʼn 40 m-hoogte af in Wildernis naby George in die Wes-Kaap oorleef.
Dwelms in haarprodukbottels versteek
ʼn Snuffelhond het 7,5 kg kokaïen by die Internasionale Lughawe OR Tambo ontdek wat in haarprodukbottels versteek was.
Motorfietsryer sterf in bergpas
ʼn Motorfietsryer, in sy 30’s, is dood toe hy Sondag in ʼn bergpas buite Villiersdorp in die Wes-Kaap verongeluk het.
Hengeluitstappie eindig tragies
Twee mans is Sondag dood tydens ʼn hengeluitstappie by Virginia-strand in Durban.
Metropolisie keer rowers aan in Centurion
Twee verdagtes verskyn Maandag in die hof nadat metropolisiebeamptes van die Tshwane-metro hulle in Centurion in hegtenis geneem het in verband met ʼn sakeroof.
Kaapstad-inwoners kan hier vuurwerk skiet
Die Stad Kaapstad het 12 plekke goedgekeur waar vuurwerk vanjaar tydens Guy Fawkes en Diwali asook op Oujaarsaand afgevuur kan word.
Storm maak amok ná Radio Raps-konsert
“Toe kom daar ʼn wind so sterk soos Durban curry en blaas die tent weg!”
Dokters buite Tzaneen gekaap, kaal uitgetrek
Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn bende wat glo twee mediese dokters, ʼn man en ʼn vrou, buite Tzaneen in Limpopo gekaap en beroof het voordat hulle later naak langs die pad afgelaai is.
Man, vrou, baba sterf in NW-botsing
Twee volwassenes en ʼn baba is Saterdag in ʼn botsing op die N4 in Noordwes dood en talle is beseer.