Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het sommige van die onmiddellike eise van studente, wat Maandag op verskillende kampusse betoog het, toegestaan.
‘Kapingsalarm nie bemanning of vliegtuig se skuld’
Airlink het Dinsdag weer om verskoning gevra vir die vals alarm dat ʼn vliegtuig Maandag gekaap is, en gesê sy aanvanklike ondersoek dui daarop dat sy vliegtuig of vlieëniers nie verantwoordelik is vir die fout nie.
Verlof tot appèl toegestaan in Walus-saak
Die hoogste hof van appèl het die ministerie van justisie se aansoek om verlof tot appèl teen Janusz Walus se vrylating op parool, goedgekeur.
Baba dood aangetref in Florida-meer
ʼn Pasgebore baba is Dinsdagmiddag dood aangetref in Florida-meer in Roodepoort, Gauteng.
Twee vas na moord op treindrywer
Die polisie is in die Wes-Kaap het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op Pieter Barend Botha.
[Video] Vensterwassers rand Jhb-motoris erg aan
ʼn Skokvideo, van ʼn motoris wat in Johannesburg deur drie vensterswassers aangerand en glo met ʼn skroewedraaier gesteek word, het sosiale mediagerbruikers warm onder die kraag.
[Video] Hlaudi stel sy visier op RSG
Die SAUK sal hom nié laat beïnvloed of voorskryf deur persone binne of buite die organisasie wanneer dit by belangrike besluite kom nie. Dit is die woorde van ‘n strydlustige Hlaudi Motsoeneng.
Belfast-slaandood: Verdagtes weer vry
WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel. Die vier verdagtes, wat Maandag in hegtenis…
Metrobus-staking in Jhb duur voort
Die Metrobus-staking in Johannesburg is nou al drie dae aan die gang, met meer as 200 roetes wat nie gedek word nie.
Man wat ná ongeluk in vangwa gegooi is, in hospitaal opgeneem
Nico Combrink (53), die boer van Mogwadi (Dendron) in Limpopo wat twee weke gelede deur polisiebeamptes in ʼn vangwa geboender is nadat hy in ʼn motorongeluk betrokke was, is Maandag in ʼn hospitaal opgeneem.
Hiëna-aanval: ‘Erco verbaas almal’
Erco, of Boela soos sy gesin liefdevol na hom verwys, het saam met sy ouers, Erno en Cashandra en sy twee sussies, Zilia en Kyla, in die Krokodilbrugkamp in die Krugerwildtuin vakansie gehou toe hy vroegoggend op 26 Junie deur ʼn hiëna in sy tent aangeval is.
Vier tronk toe oor hond se wrede dood
Die vier is van dieremishandeling aangekla na ‘n selfoonvideo aan die lig gekom het.
[Foto’s] Skote klap tydens kitsbankontploffing in Pta-Oos
ʼn Pretoriase veiligheidsbeampte is geskiet nadat ʼn groep rowers in die vroeë oggendure ʼn kitsbank in die ooste van die stad opgeblaas het.
Skok ná moord op treindrywer
Pieter Barend Botha, ʼn treindrywer, is Maandag by die Netreg-stasie in die Wes-Kaap beroof en vermoor.
SA Airlink jammer oor vals alarm
SA Airlink het om verskoning gevra vir die vals alarm dat ʼn vliegtuig onderweg van Kaapstad Internasionale-lughawe na Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria, gekaap is.
Reeksverkragter swaar gestraf
ʼn 51-jarige man van Limpopo wat glo minstens 32 vroue verkrag het, is swaar gestraf in die hooggeregshof in Polokwane.
[Video] Pta-slimkop het Musk-planne
‘n Jong wetenskaplike van Pretoria is op die regte pad om sy droom te bewaarheid – hy wil volg in die voetspore van die Suid-Afrikaanse uitvinder Elon Musk.
[Foto’s] Passasiers ure op lughawe na kapingsalarm
Passasiers van SA Airlink se vlug SA8678, moes Maandag vir langer as vier ure op die Wonderboom-lughawe wag na ʼn vals alarm oor ʼn moontlike kaping.
SAL se goue handdrukke meer as R22 miljoen
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het die afgelope paar jaar meer as R22 miljoen in goue handdrukke aan uitvoerende hoofde en finansiële hoofbeamptes betaal.
SAUK gaan nie sensuur-besluit terugtrek
Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, het Maandag tydens ʼn mediakonferensie gesê die openbare uitsaaier sal nie voorgeskryf word nie.