Twee mans is Dinsdag by ʼn tolhek naby Kaapmuiden in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat miljoene rand se dwelms in hul motor gevind is.
SA-regering antwoord VN vandag oor regstellende aksie
“In Suid-Afrika word regstellende aksie te rigied toegepas deur die nasionale demografie te gebruik. As jy mense wil help, moet mense gehelp word op grond van nood en armoede en nie op grond van velkleur nie.”
Nog ʼn Vuwani-skool in vlamme gehul
Nóg ʼn skool is Dinsdagaand in Vuwani in Limpopo aan die brand gesteek. Dit is een van minstens 25 skole in die gebied wat vanjaar onder brandstigters deurgeloop het.
Man kap vriendin glo met byl dood
ʼn 25-jarige man sal Woensdag in die Zeerust-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hy glo sy vriendin met ʼn byl doodgekap het.
Nóg ʼn verdagte vas ná moord op sakeman
ʼn Vierde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn Durbanse sakeman.
Nuwe monument op Vrouedag onthul
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag ʼn nuwe monument op Lillian Ngoyi–plein (voorheen Strijdom-plein) in Pretoria onthul ter viering van Vrouedag.
Tereza Troskie-Herbst: ‘God het hom vir ses dae vir ons geleen’
“Dit is seker die grootste ding: Ons verstaan nie.” Só het Tereza Troskie-Herbst (47), Mev. Suid-Afrika van 1999, aan Maroela Media gesê nadat haar en haar tweede man, Bennie (36), se babaseuntjie, Jayden Ben, oorlede is.
OB-onderhoude regstreeks uitgesaai
Die onderhoude met die 14 kandidate wat meeding om as die volgende openbare beskermer (OB) aangestel te word, gaan almal op een dag plaasvind en word regstreeks uitgesaai.
Wag doodgeskiet tydens Ballito-rooftog
Drie mense is geskiet tydens ʼn rooftog by ʼn sakeperseel in Ballito in KwaZulu-Natal.
Jong pa in hof ná dood van baba
Die patoloog het getuig die veelvuldige skedelfrakture is waarskynlik veroorsaak deur die baba se kop teen ʼn muur te slaan of haar teen die kop te skop.
Departement ontken rotavirus-uitbraak in Gauteng
Die departement van gesondheid in Gauteng het ontken dat daar ʼn uitbraak van die rotavirus in die provinsie is.
Twee vermiste kinders dood gevind
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat die lyke van twee kinders in ʼn ongebruikte gebou in Germiston gevind is.
Drie ‘rowers’ voor beplande rooftog doodgeskiet
Drie vermeende rowers wat glo beplan het om ʼn casino te beroof, is in ʼn skietgeveg met die polisie in Welkom in die Vrystaat doodgeskiet.
Vroue by Zuma-toespraak ‘geplant’
“Hulle het al dikwels vantevore probeer om die president te ondermyn, maar tot vandag toe is hy steeds staande. Hulle sal nie suksesvol wees nie. Ons gaan saam met hom 2019 tegemoet.”
Skoolhoof wat skolier glo verkrag in hof
ʼn Oos-Kaapse skoolhoof het Maandag in die hof verskyn op ʼn aanklag dat hy glo ʼn 13-jarige leerder van sy skool verkrag het.
Man op sypaadjie in Durban doodgeskiet
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn man Maandag helderoordag op ʼn sypaadjie in Durban doodgeskiet is.
Eskom ontken werkers staak
Eskom het Maandag ontken dat werkers verbonde aan die National Union of Mineworkers (NUM) Maandag begin staak het nadat voortslepende loononderhandelings by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vasgeval het.
Polisieman in hof vir vrou se skietdood
Die polisiebeampte verbonde aan die Germiston-polisie se georganiseerde misdaadeenheid aan die Oos-Rand wat na bewering sy vervreemde vrou Saterdag 14 keer met sy dienspistool geskiet het, het Maandag in die hof verskyn.
Luister: Solidariteit maak geskiedenis by die VN
Solidariteit en AfriForum het vandag sy verslag oor die regering se beleid van rassekwotas by die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie aangebied.
Moorddossier geopen ná vrou se dood op wynlandgoed
Jason Rohde (47), uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, het ontken dat hy sy polisieverklaring teruggetrek het nadat ʼn moorddossier geopen is om sy vrou, Susan (47), se dood te ondersoek.