Pres. Jacob Zuma het die munisipale vierkiesingsdag, 3 Augustus, amptelik as ʼn openbare vakansiedag verklaar.
Geen borgtog vir pastoor skuldig aan verkragting
Die pastoor wat die kerklike bediening Christ Healing Fountain in Mannenberg op die Kaapse Vlakte gestig het, is borgtog geweier nadat hy skuldig bevind is dat hy dieselfde vrou twee keer verkrag het.
Pretoria-onluste: 24 vas wat glo plunder
Minstens 24 mense is Vrydag in hegtenis nadat ʼn winkelsentrum vroeër vandeesweek tydens die Pretoria-onluste in die noorde van die stad geplunder is.
Vrou vas oor dwelms in bagasie
ʼn 44-jarige vrou is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat ʼn groot hoeveelheid kokaïen glo in haar besit gevind is.
‘SAUK-sensuur en -skorsings verbreking van basiese menseregte’
“Ons sal nie huiwer om sulke mense te beskerm nie en ons glo ons Grondwet verplig ons om op te staan teen sulke vergrype.”
Dossier teen ANC geopen by SAPD
Die VF Plus het vandag ʼn dossier van meer as 100 bladsye teen die ANC by die SAPD ingedien.
Panayiotou-saak: ‘Ons is baie bly’
Uitspraak is Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof gelewer in Christopher Panayiotou, wat beskuldig word van die huurmoord op sy vrou Jayde, se soveelste borgtogaansoek.
Gordhan sê oor Brexit se invloed op SA
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Vrydag gesê die land se finansiële instellings sal die gevolge van Brexit, Brittanje se besluit om die Europese Unie (EU) te verlaat, kan weerstaan.
‘Wit oorheersers het baie geld en kan boetes bekostig,’ sê EFF oor kleuterskool
Die hoof van die Centurion-kleuterskool wat homself te midde van ʼn rasseherrie bevind, het Vrydag tevergeefs aan EFF-lede probeer verduidelik wat die omstandighede rondom die veelbesproke foto was wat die indruk skep dat kinders volgens ras geskei is.
‘Poets’ glo rede vir Piet Croucamp se afdanking
Die politieke wetenskaplike, dr. Piet Croucamp, se dienste by die Universiteit van Johannesburg (UJ) is glo beëindig omdat hy ʼn kollega ʼn poets gebak het.
Vuurwapens uit polisiepakkamers gesteel: Sakeman vas
ʼn Sakeman van Kaapstad is in hegtenis geneem in verband met dieselfde saak waarvoor ʼn voormalige polisiebeampte van Vereeniging hierdie week gevonnis is, nadat hy erken het hy het ongeveer 2 400 vuurwapens uit die pakkamers van die polisie gesteel en verkoop.
Kelner vas wat glo kaart kloon
ʼn Kelner, wat glo ʼn restaurantganger se bankkaart gekloon en R60 000 uit die niksvermoedende kliënt se rekening gesteel het, het Vrydag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.
‘Zuma sal verhoor word’
Die DA het Vrydag gesê die party glo dat enige verdere appèlprosesse deur pres. Jacob Zuma in die sogenaamde spioenasiebande-sage geen kans op sukses het nie en dat die president uiteindelik tereg sal staan op aanklagte van rampokkery en korrupsie.
Sanef ‘geskok’ oor SAUK-skorsings
Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het sy skok uitgespreek oor die skorsing van drie senior SAUK-personeellede.
Piet Croucamp en UJ se paaie skei
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die politieke wetenskaplike dr. Piet Croucamp se paaie gaan skei.
Motoris langs N2 geskiet
ʼn Motoris is in ʼn ernstige toestand nadat sy voertuig op die N2 buite Durban onklaar geraak het en hy deur rowers geskiet is.
Nog twee vas vir Krugersdorp-moorde
Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die drie opspraakwekkende moorde in Krugersdorp aan die Wesrand.
Spioenasiebande: Hof besluit oor Zuma se appèl
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag uitspraak gelewer in pres. Jacob Zuma en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoek om verlof tot appèl teen die hooggeregshof se vorige uitspraak in verband met die spioenasiebande-sage.
SAUK-skorsings: Twee is van RSG
Die drie senior SAUK-personeellede wat met onmiddellike inwerkingtreding geskors is, sluit die uitvoerende regisseur en ʼn verslaggewer van RSG se Monitor en Spektrum-programme in.
Man tydens visvanguitstappie deur haai aangeval
ʼn Man is ernstig beseer nadat hy Donderdagmiddag in die see by Waenhuiskrans aan die Wes-Kaapse kus vermoedelik deur ʼn witdoodshaai aangeval is.