Dit is ongelooflik, maar die skoen op hierdie foto is nie ‘n regte skoen nie – dis alles net oëverblindery! Die video is reeds meer as 24 miljoen keer op YouTube gekyk.
Vreemd
Video: Oupa se spesiale geskenk
Familielede het besluit om hul oupa met ʼn spesiale geskenk te verras nadat hulle ouma, met wie hy 63 jaar getroud was, oorlede is.
Video: ‘Reuse-spinnekop’ laat mense spaander
Vir sommiges sal dié poets skreeusnaaks wees terwyl dit ander se grootste nagmerrie is.
Video: Vervang nou die toiletrolletjie só, sê die pa
Will Reid, ‘n pa wat raadop was met sy tieners wat nie gewone huishoudelike takies by die huis wou verrig nie (soos om ‘n leë toiletrolletjie te vervang), het met ‘n kreatiewe idee vorendag gekom om hulle oor te haal om ook handjie by te sit. Die video is die afgelope week reeds meer as 2.8 miljoen keer op YouTube gekyk en meer as 200 000 keer op Facebook gedeel.
Video: Die beste “eerste afspraak” – met ʼn kinkel
Elke ouer wil seker maak dat sy dogter se eerste indrukke van romanse en die liefde reg gevorm moet word, en daarom is dié video wat wyd op sosiale media versprei word, so spesiaal.
Video: ʼn Bruilofsfees vir die hele buurt
Dié video vertel die verhaal van ‘n paartjie wat ‘n bruilofsfees vir hulle hele behoeftige buurt wou hou en die ongelooflike verhaal van twee ander huwelike. WAARSKUWING: Die video kan jou lewensbeskouing verander.
Video: Só ontplof ‘n waatlemoen!
Die Slow Mo Guys het ‘n kragtige klapper gebruik om ‘n waatlemoen te laat ontplof. Die video is reeds meer as 4 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Seuntjie hewig ontsteld oor ma se swangerskap
‘n Video van ‘n ma wat vir haar seuntjie en dogtertjie vertel sy is swanger, word wyd op sosiale media versprei.
Video: Nando’s se bloulig-brigade
Al ooit gewonder wat sou gebeur indien vier van dié bloulig-brigades mekaar by ‘n kruising sou ontmoet? Nando’s gee jou die antwoord in dié advertensie!
80ste huweliksherdenking: Hier is die resep vir ʼn gelukkige huwelik
Rowland en Isabel Bromley van Leicestershire in Engeland het onlangs hul 80ste huweliksherdenking gevier.
Video: Thuli Madonsela se weergawe van Miley se “Wrecking Ball”
Thuli Madonsela, openbare beskermer, spog nou ook met haar eie weergawe van Miley Cyrus se “Wrecking Ball”-musiekvideo.
Video: Só sny jy ‘n waatlemoen
Daar is min dinge so lekker in die somer soos ‘n heerlike, sappige en stroopsoet waatlemoen. Die YouTube-gebruiker DaveHax wys in dié video ‘n baie eenvoudige manier om ‘n waatlemoen te sny.
Room van die rolprentbedryf by Silwerskermfees
Die jaarlikse kykNET Silwerskermfees skop hierdie week af en dit lyk of die Afrikaanse rolprentbedryf weer sy beste voetjie gaan voorsit.
Video: Woef sê “groet en glimlag!”
‘n Afgetrede polisieman en sy twee honde veroorsaak dikwels effense konsternasie op sommige Kaapse paaie
Video: Man sit vas in kind se eetstoeltjie
ʼn Video van ʼn man wat in ʼn kind se eetstoeltjie vassit, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Video: Toertjies met tafeltennisballetjies
Andrew Borys en sy vriend, Sung Woo Baek van BBsDoingNothing doen ongelooflike toertjies in hierdie video met tafeltennisballetjies.
Video: 50 000 bye in vrou se huis
ʼn Vrou van New York in Amerika het 50 000 bye in haar huis se dak ontdek.
Verloofde vervals sy dood om nie te trou nie
Tucker Blandford (23) van Connecticut in Amerika, het onlangs sy eie dood vervals omdat hy glo nie meer met ʼn meisie van Engeland wou trou nie.
Foto’s en video: Hedendaagse “koets” as troumotor
Dié PT Cruiser-limousine is in Rusland omskep in ʼn hedendaagse koets wat vir troues en ander spesiale geleenthede gebruik kan word.
Video: Só sien die son jou
ʼn Video wat jou aanspoor om sonbrandroom te gebruik is die afgelope week reeds bykans 8.5 miljoen keer gekyk.