“Ons word duidelik nie genoeg uitgeroep na brande nie.”
Vreemd
[Foto’s] Skoolfoto’s uit die jare 80 en 90 sal jou laat skater
Dit is altyd ʼn ondervinding om deur ou fotoalbums te blaai. Soms hoor ʼn mens die mooiste stories en dan raak jy sommer nostalgies of…
[Foto’s] Dié pampoen is groot genoeg vir ʼn regte koets
“Ons pampoen het so tussen 18 tot 20 kg per dag gegroei. Dit is ongelooflik om die groeiproses dop te hou.” Hugo het ʼn driepootstander, wat mens gebruik om boorgatpype mee uit te trek, gebruik en spesiale aanbouings gemaak om die pampoen op ʼn waentjie te kon laai.
[Video] O, dié donkie … steel almal se harte
Patat, oftewel Donka, is ʼn 18 maande oue donkievulletjie van Suid-Afrika wat oornag ʼn internetsensasie geword het.
[Video] Man gevonnis vir ‘domste toertjie ooit’
Die man het honderde heliumballonne aan sy tuinstoel vasgemaak en daarna tot in die bane van vliegtuie opgestyg en vir langer as ʼn uur in die lug gehang voor hy in ʼn landery ʼn noodlanding gedoen het.
[Foto’s] Dit is hoekom vroue langer leef as mans
Daar is verskeie redes hoekom vroue langer as mans leef. Volgens talle studies is daar bepalende faktore soos ʼn sterker immuunstelsel. Maar hier is ʼn paar foto’s hoekom ons dink dat vroue langer as mans leef …
[Video] Kamera vang kleuters se middernag-kaskenades vas
Dié video was ʼn ‘Toy Story’-verhaal in regte lewe. Die kamera het die tweeling se middernagtelike kaskenades vasgevang.
‘Romeo en Juliet’- babas raak harte aan
“Ons het reeds ʼn klomp grappies begin maak toe ons die tweetjies so saam sien. Ek het vir die ouers gesê as hulle my solank vir die troue wil bespreek, is dit reg so.”
[Video] Bulls-stut ʼn internetsensasie ná sangvideo
ʼn Video, waarin die Bulls-speler Pierre Schoeman ʼn liedjie sing om sy spanmaats te motiveer vir hul wedstryd teen die Sunwolves, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
[Video] Boetebessie se danspassies laat verkeer vloei
ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte het vir ʼn glimlag op motoriste se gesigte gesorg in Fourways waar sy verkeer help reguleer het terwyl sy met haar danspassies gespog het.
[Video] Eerder ʼn Cheetah as ʼn Bul, sê eerlike 11-jarige
ʼn 11-jarige seun van Pretoria maak opslae nadat hy vandeesweek tydens ʼn Blou Bul-rugbyfees op Loftus Versveld prontuit sy ondersteuning vir die Cheetah-span op die tuisveld van die Blou Bulle voor ʼn skare van duisende verklaar het.
Fietsers se roete ‘teken’ bok op kaart
“Dit was iets prettigs om te doen voordat ek ʼn kind het.”
[Foto’s] Pta-skool se oulike wiskundetrappe
Wiskunde is maar alte dikwels ʼn kopkrapper wat nie juis ʼn gunsteling onder die leerders is nie. Die Laerskool Bakenkop in Pretoria het egter nou ʼn flink manier bedink om die jongspan hul wiskunde stap vir stap te laat leer sonder dat hulle eers besef hulle leer.
‘Blou gloed’ in see betower
ʼn Groot algebloei het ʼn Australiese strand in ʼn gloeiende blou skouspel omgetower.
Kleuter offer partytjie op vir haweloses
“Dit was lekker om gaaf te wees,” het Armani gesê.
Hoenders kry jassies vir die koue
Die koue wintermaande in New England in die VSA kan soms ʼn uitdaging wees – veral vir ʼn hoender.
Rose wat vir 3 jaar sonder water kan leef, nou te koop
Forever Rose, ʼn maatskappy wat in Londen gebaseer is, verskaf rose wat vir drie jaar sonder water en sonlig kan oorleef. Hoewel ʼn mens sou dink dat hierdie rose van plastiek of materiaal gemaak is, is dit die ware Jakob.
[Foto’s] Vervalle sementfabriek word skouspelagtige woonplek
Toe die Spaanse argitek Ricardo Bofill in 1973 met vakansie in Barcelona was en ʼn vervalle sementfabriek raakgeloop het, het hy nie ʼn murasie gesien nie – Bofill het dié fabriek in 45 jaar in ʼn skouspelagtige en uitsonderlike woonplek omskep.
[Video] Kleuters ʼn internetsensasie ná hulle pa se onderhoud kelder
Dit is veral die paniekbevange optrede van prof. Kelly se vrou wat duisende internetgebruikers op hol het.
[Video] Rukwind waai vragmotor op hoofweg om
“Die wind het die vragwa van die vragmotor vir ongeveer 1,6 km konstant opgelig. Die bestuurder het beheer probeer terugkry, maar ná hy oor ʼn bult gery het, het die wind die vragmotor bloot geskep en omgegooi.”