Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die twee mans van Coligny in Noordwes wat van die moord op ʼn 16-jarige seun aangekla word, het Maandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
Alles vir die sleutelwoord "Coligny"
Coligny-moordsaak: Hof sê oor appèlaansoek teen borgtog
Die NVG het aansoek gedoen om verlof om teen die borgtoguitspraak te appelleer.
Zuma versoek beter rasseverhoudings in Coligny, Ventersdorp
“Die jeug, swart en wit, moet saam staan in die stryd teen rassisme in die land en ʼn werklik verenigde, nierassige samelewing bou.”
Coligny, ʼn dorp wat nog smeul
Ná bietjie meer as ʼn maand probeer die dorp se gemeenskappe nog tot verhaal kom nadat Coligny deur ‘n vlaag van gewelddadige betogings, plundertogte en brandstigting verskeur is.
AfriForum se veiligheidsplan is proaktief
Die reaktiewe ontplooiing van veiligheidsbeamptes bly nietemin nie die ideale oplossing nie. Daarom het AfriForum pas in samewerking met gemeenskapsleiers in Coligny ’n gemeenskapsveiligheidsinisiatief gestig. Dit is ’n noodsaaklik stap om te help om ’n volhoubare oplossing teen geweld daar te stel.
Staan jy ʼn populis teë is jy die “vyand van die volk”
Tipies van populiste, word hul opponente nie voorgestel bloot as mense wat anders oor sake dink nie. Nee, hulle is oneerlik, misdadig en moet met alle wettige en onwettige middele bestry word.
Wettelose gemeenskappe bedreig die toekoms van SA
Indien ons Suid-Afrika uit die moeras wil lig waarin die land hom tans bevind, gaan dit ʼn reusespanpoging deur die kerk en samelewing verg.
Die waarheid sal Coligny herbou, sê premier
Coligny sal slegs deur die waarheid herbou word, het Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, Vrydag gesê.
NW-premier vra vir kalmte in Coligny
ʼn Groot polisieteenwoordigheid is intussen in Coligny ontplooi, waar die situasie steeds gespanne is terwyl betogers eis dat Doorewaard en Schutte se borgtog teruggetrek word.
Spanning in Coligny: Snelweg versper
Die Noordwes-polisie moes Dinsdagmiddag van traangas gebruik maak om betogers uit mekaar te dryf wat die N14-snelweg versper het.
Maimane: ‘Reg in eie hande nié die oplossing’
“Die mobilisering van inwoners moet ʼn einde kry. Dit is onverantwoordelik en gevaarlik om mense aan te moedig om wapens op te neem. Daar is net ʼn klein vonkie nodig vir die ding om in ʼn groot en gewelddadige voorval te ontaard en nie een demokratiese burger wil dit hê nie.”
Nuuskommentaar: Coligny – Dis ’n geval van ras, stupid! Of is dit so eenvoudig?
Die gebeure in Coligny toon dat rassespanning soms vlak onder die oppervlak kan broei en net ’n vonkie nodig het om te ontbrand. Dit help ook nie dat politici, soos die president self, die rassetamboer bly moker op so ’n manier dat polarisasie aangeblaas word nie.
Geweld teenoor joernaliste veroordeel
“Joernaliste het ʼn moeilike taak om hulself dikwels in plofbare situasies te begewe om sodoende die res van die land in te lig oor die gebeure.”
‘Premier aandadig aan geweld in Coligny’
“Ons doen ʼn beroep op die publiek om hulself van die feite te vergewis en nie ag te slaan op die talle wilde gerugte wat tans die ronde doen nie.”
‘Situasie in Coligny uiters plofbaar’
Die geweld wat Maandagoggend weer in Coligny in Noordwes opgevlam het nadat twee mans van die dorp op borgtog vrygelaat is, het verder uitgebrei met minstens drie huise wat aan die brand gesteek is.
Plaashuis gebrand ná Coligny-hofuitspraak
Woedende inwoners van Coligny in Noordwes het Maandag ʼn huis op ʼn nabygeleë plaas aan die brand gesteek nadat die hof twee mans van die dorp op borgtog vrygelaat het.
Coligny-moordsaak: Twee hoor oor borgtog
‘Die hof sal nie gyselaar gehou word nie’
Premier kap na Afrikaners tydens Coligny-begrafnis
Supra Mahumapelo, die premier van Noordwes, het Sondag tydens sy toespraak by die begrafnis van Matlhamola Jonas Mosweu (16) in Coligny na Afrikaners gekap.
Coligny-moordsaak: Twee hoor dan oor borgtog
Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) se borgtogaansoek is Vrydag in die Coligny-landdroshof in Noordwes voortgesit.
‘Tragiese Coligny-ongeluk word vir politieke redes misbruik’
“Die reg moet sy volle gang gaan en lede van die publiek moet hulle daarvan weerhou om self landdros te speel deur die mans in die media skuldig te bevind.”