Die ANC was teen vroeg Donderdagoggend die voorloper in die 2016 munisipale verkiesing met meer as 1,1 miljoen stemme wat reeds ten gunste van die regerende party getel is.
Alles vir die sleutelwoord "DA"
Maimane stem by sy voormalige hoërskool
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, en sy vrou Natalie het Woensdag geduldig in die ry gewag om in die munisipale verkiesing te stem.
Spioenasiebande-saak: ‘Appèlaansoek bestem om te misluk’
“Dit is maklik vir die staat om te litigeer wanneer hulle ander mense se geld gebruik.”
‘ANC dryf met opset wig tussen rassegroepe in’
Die ANC polariseer doelbewus die politieke debat ten einde enigiemand wat sy mag bedreig te probeer wegdryf, het IVP-leier Mangosuthu Buthelezi gesê.
Moenie jou stem op die DA mors nie, sê dié leser
Suid Afrika se grootste opposisie-party is lief daarvoor om vals propaganda te versprei dat ʼn stem vir ʼn klein party niks werd is nie. Die probleem met hierdie boodskap is nie net dat dit vals is nie, maar ook dat soveel mense dit glo, meen ‘n Maroela-leser.
Mmusi Maimane: ‘Madiba se ANC is weg’
“Die ANC wat na vryheid en eenheid gestreef en ʼn beter lewe vir die armes nagejaag het, bestaan nie meer nie. Dit is vervang deur ʼn ANC wat gedryf word deur gulsigheid en korrupsie – ʼn ANC wat sy rug op die mense van die land gedraai het.”
Nuuskommentaar: Zuma se rasbenepenheid ontbloot verwysingsraamwerk
Skaars terug uit Frankryk, waar die SAUK hom o tog so presidensieël laat lyk het en hy selfs vir die Franse ekonomiese advies gegee het, het pres. Jacob Zuma weer sy voet in ʼn besigheid gesit wat kon gebly het, veral so kort voor ʼn verkiesing. Met ʼn ligte plofslaggie is die presidensiële beeld net poef!, weg.
‘3 Augustus is Suid-Afrika se referendum’
Die munisipale verkiesing op 3 Augustus sal dien as ʼn “referendum” vir die rigting waarin Suid-Afrika moet gaan.
Mandela se kritiek ʼn ‘giftige aanval’, sê DA
Die DA het Maandag reageer op kritiek oor die gebruik van oudpres. Nelson Mandela se stem in sy verkiesingsveldtog-advertensie.
OB gevra om ‘onregmatige betalings’ te ondersoek
Die openbare beskermer (OB) is versoek om ondersoek in te stel na bewerings dat Danny Jordaan, burgemeester van Nelson Mandelabaai, opdrag gegee het vir onwettige betalings aan voormalige stadsraadslede.
Maimane kap ANC, SAUK
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag die ANC en die SAUK veroordeel tydens sy verkiesingsveldtog in Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
Wetsontwerp om vry, regverdige verkiesing te verseker
Die Demokratiese Alliansie sal binnekort ʼn wetsontwerp by die parlement indien wat vry en regverdige verkiesings vir die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sal verseker.
‘Zuma sal verhoor word’
Die DA het Vrydag gesê die party glo dat enige verdere appèlprosesse deur pres. Jacob Zuma in die sogenaamde spioenasiebande-sage geen kans op sukses het nie en dat die president uiteindelik tereg sal staan op aanklagte van rampokkery en korrupsie.
150 voormalige ANC-lede by DA verwelkom
Die Demokratiese Alliansie (DA) in KwaZulu-Natal het Sondag in Welbedacht, Durban, 150 voormalige ANC-lede in die party verwelkom.
DA: ‘ANC-kandidate bring net verdere korrupsie, werkloosheid’
“Die ANC kan nie verandering in Suid-Afrika teweegbring nie, omdat die party hom meer daarvoor beywer om pres. Jacob Zuma se vriende in top-burgemeestersposisies aan te stel as enigiets anders.”
‘Skiet om dood te maak’ op berig oor gays
Die artikel hou verband met die naweek se massaskietery by ʼn gaynagklub in Orlando, Florida, waarin minstens 50 mense dood en 53 beseer is.
OB se Gupta-ondersoek moet ook Eskom-kontrakte insluit
Suid-Afrika kan nie bekostig dat die Gupta-familie die Suid-Afrikaanse regering gebruik om hul eie sakebelange te bevorder nie, het die DA gesê.
Spioenasiebande-saak: Aansoeke om verlof tot appèl aangehoor
Pres. Jacob Zuma en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria ʼn aansoek om verlof tot appèl ingedien rakende die uitspraak in die sogenaamde spioenasiebande-saak.
Zuma kyk na besware oor Onteieningswet
Pres. Jacob Zuma het Woensdag gesê hy het amptelike besware ontvang teen die bekragtiging van die omstrede Wetsontwerp op Onteiening.
SAUK gee oor; DA-advertensies binnekort te sien
Die Demokratiese Alliansie het Vrydag gesê die SAUK het ingestem om sy verkiesingsveldtogadvertensies uit te saai.