Die bedoeling is nie om hier by politiekery betrokke te raak en ‘n oordeel oor die DA en Agang SA se besluite te fel nie, maar om die dinamika wat losgelaat is onder die loep te neem.
Alles vir die sleutelwoord "DA"
Ramphele is nog nie ʼn DA-lid nie
Die Demokratiese Alliansie het Woensdag bevestig Mamphela Ramphele, die party se presidensiële kandidaat, is nog nie ʼn lid van die DA nie.
Ramphele gaan DA-presidensiële kandidaat wees
Mamphela Ramphele, die leier van die politieke party Agang SA, gaan die DA se presidensiële kandidaat vir die algemene verkiesing wees, het Hellen Zille, die DA se leier, Dinsdag bekend gemaak.
Foto: E-tolprotes in die lug
ʼn Vliegtuig wat ʼn anti-e-tolbanier agterna gesleep het, was Dinsdag oor snelweë in Gauteng sigbaar as deel van die Demokratiese Alliansie (DA) se protes teen die stelsel.
DA se nuwe advertensie teen e-tol
Die Demokratiese Alliansie het Donderdag ʼn nuwe advertensiebord teen die e-tolstelsel op die N3-snelweg in Germiston, Gauteng, opgerig.
Dit was ’n reuse fout – Zille oor wetswysigingskandaal
Die leier van die Demokratiese Alliansie (DA), Helen Zille, het die redes vir haar party se omstrede u-draai oor hul steun vir die wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming Donderdag aan Kaapse Persklub verduidelik.
Cyril Ramaphosa verduidelik “Boer”-uitlating
Cyril Ramaphosa, adjunk president van die ANC, het Dinsdag gesê dit is jammer dat sy gebruik van die woord “Boer” ongelukkigheid veroorsaak het.
Nuuskommentaar: Pasop, hier kom die Boere!
Cyril Ramaphosa het glo in Limpopo ‘n kieser wat weens ontevredenheid met die ANC van die stembus wil wegbly, gemaan dat dié wegblyery kan veroorsaak dat die “Boere” kan terugkeer om die land te regeer. Wanneer kiesers nié goed ingelig is nie, word hulle gemaklik met donkie-ore toegerus, dít geld vir almal.
“Daar’s nie spanning in die DA” – Zille
DA-leier Helen Zille het gerugte dat daar spanning in die party broei, ten sterkste ontken.
“Stem of die Boere gaan weer oorneem” – Ramaphosa
Cyril Ramaphosa, adjunk president van die ANC, het inwoners van Limpopo oor die naweek aangemoedig om te stem “anders gaan die Boere weer aan bewind kom”, het The Star Maandag berig.
“E-tolgeveg nog nie verby nie” – DA
Die DA het Donderdag gesê die stryd teen die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë is nog nie verby nie.
DA gaan e-tol betwis
Die DA het Woensdag gesê hy gaan die grondwetlikheid van die wetgewing oor die e-tolstelsel in Gauteng betwis.
Nuuskommentaar: Hoenderkop-beleg van die Wyngordyn
Ouderwetse geopolitiek afgestof, blinkgevryf en in volle swang. So kan die beleg van die wyngordyn ten beste beskryf word. ‘n Beeld ontvou van ‘n persepsie dat zombies beter as regering sal vaar as die verkose verteenwoordigers – met ‘n peiling wat dié opvatting staaf.
Tlokwe-vergadering kortgeknip ná DA uitstap
Die speaker van die Tlokwe-munisipaliteit in Noordwes moes glo ‘n raadsvergadering stopsit nadat die opposisie, gelei deur die DA, uitgestap het.
ANC se Twitter-veldtog boemerang
Die ANC het in reaksie op die DA se buitelug advertensieborde, “E-tolls proudly brought to you by the ANC” ʼn Twitter-veldtog van stapel gestuur in ʼn poging om te spog met die “goeie dinge” wat die party al gedoen het, maar moet nou sy neus kyk nadat dié poging geboemerang het.
DA-oorwinning rakende Nkandla
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag ‘n versoek deur die Demokratiese Alliansie rakende ‘n verslag oor opgraderings by pres. Jacob Zuma se tuiste in Nkandla, as dringend verklaar.
DA se jammer oor valse ANC-pamflette
Die DA het om verskoning gevra vir pamflette wat tydens die onlangse tussenverkiesing van die Tlokwe-munisipaliteit, in Noordwes, verprei is wat die ANC wanvoorstel, het The Star Donderdag berig.
Spioenasiebande: Zuma-aansoek goedgekeur
President Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die vrystelling van die sogenaamde “spioenasiebande” is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof goedgekeur.
DA gaan Medupi-kontrakte ondersoek
Eskom het ingestem om die Demokratiese Alliansie toegang te bied tot al sy ooreenkomste met Medupi-kontrakteurs.
ANC vol hoop om Potch-tussenverkiesing te wen
Inwoners van die Tlokwe-munisipale gebied in Noordwes, wat Potchefstroom insluit, het die geleentheid om te verseker dat die ANC ʼn tussenverkiesing wat vandag [Woensdag] daar plaasvind, te kan wen, het die party gesê.