Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê korrupsie in munisipaliteite is die grootste bydraende faktor tot Suid-Afrika se werkloosheidsyfer.
Alles vir die sleutelwoord "DA"
[Video] SAUK weier glo weer om DA-advertensie uit te saai
Die SAUK weier glo weer om ʼn verkiesingsadvertensie van die Demokratiese Alliansie (DA) uit te saai.
ANC aangekla oor verkiesingsplakkate
Die DA het strafregtelike klagte teen die ANC in die Vrystaat aanhangig gemaak nadat laasgenoemde glo DA-verkiesingsplakkate in Bloemfontein beskadig het.
‘As NVG Zuma nie aankla nie, gaan ons weer hof toe’
Die DA het Vrydag gesê hy sal weer die hof nader indien die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) die “ondeurdagte” besluit neem om pres. Jacob Zuma nie aan te kla nie.
Eeue oue onderwysagterstand word Verwoerd se skuld
Die DA herinner deesdae aan die selfbewuste mens in ‘n groep vriende wat die hardste en meeste nonsens praat om te kompenseer vir ʼn gebrek aan selfvertroue.
Vrae oor Guptas se R445 miljoen-huis
Berigte dat die omstrede Gupta-familie ʼn herehuis ter waarde van R445 miljoen in Dubai gekoop het, “versterk kommer dat die Guptas onwettig bates, wat groot bedrae geld insluit, uit Suid-Afrika geskuif het”.
EFF-LP snou DA-LP glo k-woord toe
Die DA gaan die Menseregtekommissie en die parlement se etiekkomitee nader nadat ʼn EFF-LP een van sy LP’s glo die k-woord toegesnou het.
Nuuskommentaar: Zuma nou in vuurwarm drukkoker
Die tyd was nog nooit so ryp soos nou vir pres. Zuma om die aftog as president te blaas nie. Hy sal egter waarskynlik soos ʼn neet bly klou en in die proses die ANC nog kwesbaarder maak.
‘NVG moet voortgaan met aanklagte teen Zuma’
“Zuma moet besef dat hy nie bo die reg verhewe is nie.”
Uitspraak oor Zuma-spioenasiebande verwag
Die hooggeregshof in Pretoria sal Vrydag uitspraak lewer oor die DA se aansoek om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit te laat hersien om sewe jaar gelede die 783 strafregtelike aanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar.
DA: ‘Ons sal nie toelaat dat ANC R4 miljard spandeer op straler vir Zuma’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Woensdag tydens ʼn Vryheidsdagviering op Zandspruit, noordwes van Johannesburg, gesê die straler ter waarde van R4 miljard wat pres. Jacob Zuma glo wil aankoop is gelykstaande aan 16 Nkandla’s.
Herrie oor R2 miljoen parlementêre reis
Gengezi Mgidlana, sekretaris van die parlement, moet verduidelik hoe R2 miljoen van belastingbetalers se geld tydens ʼn luukse reis van twee weke na Europa bestee is, het die DA Sondag gesê.
‘Nkandla-tugbriewe is ʼn grap’
Die DA het Sondag die tugbriewe, wat pres. Jacob Zuma aan die ministers gestuur het wat by die Nkandla-opgraderingsprojek betrokke was, as “ʼn grap” bestempel.
Mmusi Maimane: ‘SA verdien ʼn eerlike regering’
“Dit is ʼn geleentheid om te sê ons as Suid-Afrikaners verdien ʼn eerlike regering; ʼn regering wat sy beloftes hou. ʼn Regering wat verantwoording doen vir sy optrede. Hierdie verkiesing is die eerste stap na ʼn beter toekoms vir ons land.”
DA eis om ministers se Nkandla-briewe te sien
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Vrydag gesê dié party dring daarop aan om die briewe te sien waarin pres. Jacob Zuma glo die ministers berispe wat by die Nkandla-opgraderingsprojek betrokke was.
Veteraan DA-LP oorlede
Dene Smuts, voormalige DA-LP, is in die ouderdom van 67 dood.
‘Seriti-kommissie se verslag ’n klug’
Die Seriti-kommissie se bevinding dat geen bewyse van bedrog of omkopery in dié multimiljardrand-wapentransaksie gevind kon word nie, “is ʼn klug en dui op ʼn vermorsing van belastingbetalers se geld”.
ANC-veterane se seun nou DA-burgemeesterskandidaat
“Ek aanvaar hierdie DA-nominasie, nie omdat ek die ANC verlaat nie, maar omdat die ANC my verlaat het.”
Maimane: ‘Die ANC bestaan nie meer nie’
Vir alle praktiese doeleindes bestaan die ANC nie meer nie, het Mmusi Maimane, leier van die DA, Saterdag by die Wesleyan-kerk in Waaihoek, Bloemfontein, “waar die ANC van ouds gebore is”, gesê.
DA hof toe oor advertensiebord
Die DA gaan aansoek doen om ʼn dringende interdik nadat ʼn advertensiebord, wat die party in Port Elizabeth opgerig het, verwyder is.