Fokus op die doelwit, die wenstreep, die bestemming, die lewe by en saam met God.
Alles vir die sleutelwoord "Jannie Pelser"
ToekomsVenster: U is vir my hulp
Die lewe is kort. Eendag gaan ons lank slaap. Waardeer die wakker-oomblik. Sing lofliedere tot Sy eer. Lees ʼn goeie geestelike boek, luister na musiek en bedink die lewe. Moenie die kosbare tyd van wakker lê mors nie.
ToekomsVenster: Ek verlang na my ma
Ek verlang na my ma en pa. Ek is self al ʼn oupa en besef dat mense een of ander tyd tot sterwe kom.
ToekomsVenster: Terug kerk toe
Het jy al teruggekeer na die erediens op ʼn Sondag? God wag daar vir jou.
ToekomsVenster: SA se kinders, ons verantwoordelikheid
Waarom bly ons stil daaroor? Hoekom wil ons nie betrokke raak nie? Wat sou gebeur as ons daardie kind was?
ToekomsVenster: Dit is nooit te laat
Hou op verskonings maak. Dit is nog nie te laat dat iets, hoe gering ook al, van jou lewensdroom verwesenlik kan word nie.
ToekomsVenster: God stuur jou
Deel hierdie dagstukkies met iemand en word ʼn medewerker. Dit is ʼn goeie begin.
ToekomsVenster: God se paaie
Die Here nooi ons uit om terug te kom en Hom vir ʼn nuwe toekoms te vertrou.
ToekomsVenster: Snelweë
Tog is daar ʼn wonderlike belofte – trouens talle beloftes – in God se Woord vir mense wat hul prioriteite reg reël.
ToekomsVenster: Afdraaipaaie
Dit is die verkeerde pad en die bestemming is verdag. Kom terug na die gebaande weë.
ToekomsVenster: Ompaaie
Vra die Here vir wysheid sodat jy die beste manier sal vind.
ToekomsVenster: Hartspaaie
Kom ons herstel die paaie na mekaar se harte en lewens.
ToekomsVenster: Hy is waarlik God
Jesus maak die verskil. Sy Gees en Woord woon en werk in ons. Mag ons ook ʼn aantrekkingskrag wees soos die spekboom wat getooi staan in vrypostige pienk en rooi.
ToekomsVenster: Om meer dankie te sê
God het sy Seun gegee. Die swaar is verby.
ToekomsVenster: Lewe vry en met vreugde
Kan ons die gebruik van “moeilik” en al sy eweknieë ietwat op die rak bêre en vrymoedig getuig van die vreugde van menswees!
ToekomsVenster: God se genesing is tasbaar
Moet egter nie die wonder van Goddelike genesing vir jouself hou nie. Deel dit met die stukkende en sukkelende mense wat jou lewenspad kruis.
ToekomsVenster: Mag julle lig skyn
Mag ons in hierdie dae ons roeping stewig vasmaak en, soos ‘n spekboom lewegewende suurstof vrystel, wat deur die Gees geïnspireer is, sodat ons omgewing genees kan word.
ToekomsVenster: As julle glo
In hierdie teks is geloof ter sprake. Ons praat van geloof wat berge versit.
ToekomsVenster: Onderwerp julle aan die hand van God
Die kragtige Hand van God is nie bedoel om jou te boelie of te verniel nie, nee, sy Hand sorg en versorg en reken af met die vyand. Mag ons vrede beleef in die wete dat God ons beste belange op die hart dra. Gister, vandag en vir altyd.
ToekomsVenster: In diens van die Here
Luister weer saam met my na die teks: onwankelbaar, standvastig, oorvloedig, omdat ons weet dat die kroon van die lewe op dié wag wat die stryd tot die einde gevoer het. Die oë gevestig op die Jesus, die begin en die voleinder van die geloof.