Vier Durbanse strande is gesluit nadat dit met mediese afval besoedel is.
Alles vir die sleutelwoord "KwaZulu-Natal"
20 leerlinge in hof ná geweld
Die 20 hoërskoolleerders wat Maandag in hegtenis geneem is nadat hulle van hul mede-skoliere met klippe bestook het tydens ʼn gewelddadige betoging, het in die hof verskyn.
Geweld toe skool leerders skors
Twintig hoërskoolleerders is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle van hul mede-skoliere met klippe bestook het toe ʼn betoging gewelddadig geraak het.
Bejaarde vrou vas oor dagga
ʼn 71-jarige vrou van Dududu in KwaZulu-Natal het in die hof verskyn op aanklag van dwelmhandel, nadat 18 sakke vol los dagga, ter waarde van meer as R100 000, in haar huis gevind is.
Hond verskeur seun (3) by ouerhuis
ʼn Driejarige seun is Maandagoggend by sy ouerhuis deur die gesin se hond verskeur.
Betoging lei tot ongelukke op snelweg
ʼn Motoris en polisiebeampte is Maandagoggend beseer nadat ʼn groep betogers die N2 naby Lamontville in Durban met brandende buitebande versper het.
Johan Booysen: ‘NVG-hoof het Grondwet oortree’
Johan Booysen, die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, het in ʼn hofaansoek gesê Shawn Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, het nie net die mag van sy posisie misbruik nie, maar ook die Grondwet oortree.
Man se liggaam 17 uur ná ongeluk gevind
Die liggaam van ʼn jong man is eers 17 uur ná ʼn ongeluk op die N3 in Townhill, Pietermaritzburg, gevind nadat die motor gerol en hy vermoedelik uit die voertuig geslinger is.
‘Samelewing moet veilig gehou word van mense soos hy’
ʼn 36-jarige man wat onder meer ʼn vrou verkrag en met ʼn mes gesteek het in die teenwoordigheid van haar kind, is swaar gestraf in die hooggeregshof in Durban.
Bejaarde boer op KZN-plaas vermoor
ʼn 77-jarige boer is op sy plaas naby Paulpietersburg in KwaZulu-Natal vermoor.
Twee dood in KZN-botsing
Twee mense is dood en twee beseer in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn motor aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Man, vrou sterf in motorfietsongeluk
ʼn Man en vrou, albei in hul 50’s, is Vrydag dood toe die motorfiets waarop hulle gery het teen ʼn versperring langs die N3-snelweg in KwaZulu-Natal gebots het.
Vryheid-plaasaanval: Verdagte dood in sel aangetref
ʼn Verdagte wat in hegtenis geneem is vir die moord op Billy van Rooyen (37) en sy skoonpa, Ronnie Lombard (62), is dood in sy sel in die Vryheid-polisiestasie aangetref. Van Rooyen en Lombard is in April tydens ʼn aanval op hul plaas naby Vryheid, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.
Man sterf toe trok vol soutsuur omslaan
ʼn Man is dood en een is ernstig beseer toe ʼn swaarwoertuig met ʼn vrag soutsuur Donderdagaand in Durban omgeslaan het.
Seun (7) kritiek na val van trein
ʼn Sewejarige seun, wat Woensdagmiddag van ʼn bewegende trein af geval het, was só erg beseer, dat hy sy eie bloeiende kopwond met sy skooldas moes toebind voordat hy na veiligheid gekruip het.
Drie sit lank na noodlottige transitorooftog
Drie mans is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis na ʼn transitorooftog waartydens ʼn polisiebeampte en veiligheidswag doodgeskiet is.
Vrou gevonnis wat 13-jarige verkrag
ʼn 30-jarige vrou is in die Pietermaritzburg-streekhof gevonnis vir die verkragting van ʼn 13-jarige seun.
[Foto’s] Brand by gewilde Durban-hotel
Brandbestryders het Woensdagoggend vinnig ʼn brand onder beheer gebring wat omstreeks 07:30 by die Blue Waters Hotel op die Durbanse strandfront uitgebreek het.
Man stap 922 km om renosters te red
Daniel Fenton, ʼn 22-jarige wildbewaarder by die &Beyond Phinda- private wildreservaat in die noorde van KwaZulu-Natal, het op 1 Mei sy staptog van 922 km van dié reservaat tot by die Ramatlabama-grenspos na Botswana begin ten bate van die bewusmaking van die renosterstroperkrisis in Suid-Afrika.
Voetganger sterf ná taxi haar sleep
ʼn 27-jarige vrou is Dinsdagoggend in Ladysmith, KwaZulu-Natal, dood toe ʼn minibustaxi haar gestamp en etlike meters ver gesleep het.