Die departement van arbeid in KwaZulu-Natal het die publiek gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ʼn bedrieër wat hom as ʼn inspekteur van die departement voordoen.
Alles vir die sleutelwoord "KwaZulu-Natal"
Baba op vloer gegooi: Man vas
Die pa wat glo sy drie maande oue babadogtertjie tydens ʼn woedebui hard op die grond neergegooi het, is op aanklag van moord in hegtenis geneem.
Baba sterf ná pa haar glo neergooi
ʼn Drie maande oue babadogtertjie is dood nadat haar pa haar glo tydens ʼn woedebui hard op die grond neergegooi het.
[Foto’s] Omstander red 18-jarige uit brandende motor
ʼn Omstander se dapper optrede het moontlik die lewe van ʼn 18-jarige motoris gered nadat laasgenoemde se motor tydens ʼn kettingbotsing aan die brand geslaan het.
Egpaar op KZN-plaas oorval
ʼn KwaZulu-Natalse egpaar is Sondagaand op ʼn plaas in die Nottingham-gebied naby Pietermaritzburg deur twee aanvallers oorval, vasgebind en aangerand.
Sewe sterf in minibus-ongeluk
Ses vroue en ʼn man is Sondagmiddag in KwaZulu-Natal oorlede toe die minibus, waarin hulle gery het, die pad verlaat en ʼn boom getref het.
32 vas wat glo kiesersregistrasie wil ontwrig
Altesaam 32 verdagtes is in Mthatha en Ntabankulu in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.
2 kinders, 3 volwassenes dood ná wrede aanval in KZN
Vyf persone is in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige moord op vyf persone, waaronder ʼn driejarige en vyfjarige, in KwaCeza, KwaZulu-Natal.
Vrou glo in motor doodgeskiet
ʼn Jong vrou is Donderdagaand dood aangetref in haar motor op die N3 naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.
Bejaarde ernstig beseer ná val van krans
ʼn Bejaarde vrou het ernstige beserings opgedoen nadat sy Woensdagmiddag by ʼn krans naby Margate in KwaZulu-Natal afgeval het.
Zuma-ampswoning beskadig
Pres. Jacob Zuma se ampswoning in Durban, KwaZulu-Natal, is tydelik as ongeskik vir menslike bewoning verklaar.
Polisie skiet vyf ‘rowers’ dood
Vyf mans is Sondag deur die polisie doodgeskiet kort ná ʼn rooftog by ʼn supermark in Estcourt in KwaZulu-Natal.
Nog geen rede vir jaagtog waarin polisieman sterf
Die KwaZulu-Natalse polisie het Saterdag gesê dit is nog nie bekend wat tot die hoëspoed-botsing in Westville gelei het waarin ʼn polisiebeampte gesterf het nie.
Polisieman sterf in hoëspoed-botsing
ʼn 45-jarige polisiebeampte is Vrydagmiddag in ʼn hoëspoed-botsing in KwaZulu-Natal dood.
Man sterf toe vliegtuig neerstort
ʼn Vlieënier is dood nadat sy mikroligte vliegtuig Vrydagoggend in Glendale, KwaZulu-Natal neergestort het.
Man 300 m gesleep in tref-en-trap
Die polisie het beroep op die publiek gedoen om inligting te verskaf wat die polisie kan help om die skuldige in ʼn tref-en-trap-voorval in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, vas te trek, nadat ʼn onbekende man, vermoedelik in sy vroeë 50’s, doodgery is.
Busongeluk na man bestuurder doodskiet
ʼn Bus het Vrydagoggend van ʼn snelweg in Tongaat, KwaZulu-Natal, afgery nadat die bestuurder deur een van die passasiers doodgeskiet is.
Durban-taxi-staking beëindig ná ooreenkoms
ʼn Gewelddadige betoging deur taxi-eienaars in Durban het laat Woensdagaand tot ʼn einde gekom toe die Suid-Afrikaanse nasionale taxi-raad (Santaco) en die KwaZulu-Natalse departement van vervoer ʼn ooreenkoms bereik het.
Talle mense in Durban taxi-betoging beseer
Een persoon is Woensdag in die gesig geskiet en verskeie ander beseer tydens ʼn gewelddadige betoging deur taxi-eienaars in Warwick, Durban.
Twee vas ná brand by vulstasie
Twee persone sal binnekort in die KwaDukuza-landdroshof verskyn in verband met ʼn brand Sondag by die Shell Ultra City-vulstasie op die N2 in KwaZulu-Natal.