Suid-Afrika se moordsyfer is so hoog dat Suid-Afrikaners tereg kan aanvoer hulle woon in ‘n oorlogsone, het die minister van polisie, genl. Bheki Cele, vanoggend gesê.
Alles vir die sleutelwoord "misdaadstatistiek"
Polisie maak syfers vir plaasmoorde bekend
Plaas- en kleinhoewe-aanvalle is vanjaar vir die eerste keer in 11 jaar as ʼn aparte afdeling by die misdaadstatistieke ingesluit, ná versoeke van verskeie belanghebbers.
57 mense per dag in SA vermoor
Bheki Cele, minister van polisie, het Dinsdag die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak vir die boekjaar 2017-2018.
Gee AfriForum om oor die regte plaasmoordstatistieke?
Dat boere beslis slagoffers van uiters gewelddadige aanvalle is, word nie betwyfel nie. Wat wel betwyfel word, is hulle risiko vir moord in verhouding tot die gemiddelde Suid-Afrikaner.
Saambindende effek van plaasaanvalle en plaasmoorde
Plaasmoorde is nou akuut onder die vergrootglas deurdat daar sedert die aanvang van verlede week ’n vlaag plaasaanvalle en plaasmoorde was.
’95-Wêreldbekerrugbyspan vra oomblik van stilte
Verskeie lede van die Springbokspan vir die 1995-Wêreldbekerrugby het Donderdag in ʼn verklaring versoek dat ʼn oomblik van stilte Saterdag voor die Curriebeker-eindstryd in Durban gehou word.
[Video] Mbalula: ‘Misdadigers het te veel regte’
“Na my mening het jy jou regte as ʼn landsburger verbeur die oomblik wat jy besluit het om ʼn misdadiger te wees wat by kriminele aktiwiteite betrokke is.”
Nuuskommentaar: Misdaad en plaasaanvalle se voetspoor
Wie meen dat Suid-Afrika vooruit boer teen misdaad, sit eenvoudig die pot mis. Die misdaadkategorieë wat toeneem, soos moord, en uit aparte statistiek, plaasaanvalle en plaasmoorde, skets ’n donker prentjie te midde van ’n era waar politieke leiers ’n uiters swak voorbeeld stel.
Misdaadstatistiek: ‘Dít is al wat die polisie sal regruk’
“In dié boekjaar was daar 2,1 miljoen ernstige misdade. Daarteenoor is daar net 27 000 ondersoekers in die polisie. Hoe op aarde kan net 27 000 speurders soveel dossiere ondersoek en daaraan reg laat geskied?”
ANC: ‘Misdaadbestryding werp vrugte af’
Die ANC het Dinsdag gesê die algemene afname in misdaadsyfers van 1,8% oor die afgelope tien jaar is aanduiding daarvan dat die ANC-regering se misdaadbestrydingspogings vrugte afwerp.
‘Zuma sal besluit of weermag ontplooi word’
“Ons reageer op ʼn kommerwekkende situasie met betrekking tot ons gemeenskappe waar daar gewelddadige dade deur gewelddadige misdadigers uitgevoer word.”
‘SAPD het geen beheer oor geweldsmisdaad’
Politieke inmenging, ʼn onvoldoende topbestuur in die SAPD en ʼn tekort aan opleiding, personeel en hulpbronne is Dinsdag as redes genoem vir die skokkende jongste misdaadsyfers.
Misdaadstatistieke: Dít moet jy weet
Indien die statistieke per dag uitgewerk word, beteken dit 52 mense is elke dag die afgelope boekjaar vermoor.
Misdaadstatistieke: Moord, kapings neem toe
Fikile Mbalula, minister van polisie, het Dinsdagoggend die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak.
Huisroof daal, maar kapings neem skerp toe
“Die meeste misdade gebeur in huise, so jou huis is nie baie veilig nie. Die helfte van misdade gebeur op huishoudelike vlak, soos huisbrake, veediefstal, huisrooftogte en diefstal van voertuie.”
Misdaadstatistieke: ‘Suid-Afrikaners moet hulsélf beveilig’
“Die minister voer aan dat hulle die stryd teen misdaad geleidelik wen, terwyl misdrywe soos kapings, huisroof en die roof van ondernemings met sowat 6,1% toegeneem het.”
Misdaadstatistieke: Moord neem toe in vier provinsies
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Vrydag die polisie se jongste misdaadstatistieke vir 1 April tot 31 Desember in die parlement bekend gemaak.
Minder vertroue in polisie, howe – verslag
Die meeste mense noem ook inbrake en huisrooftogte as die misdaad wat hulle die meeste vrees, gevolg deur straafrooftogte en moord.
Moorde, ernstige misdade het dié feesgety afgeneem
Die land se moordsyfer en dié van ernstige misdade het afgeneem in die eerste gedeelte van die 2016/17 finansiële jaar in vergelyking met dieselfde periode verlede jaar.
Misdaadstatistiek: SA se gevaarlikste provinsie is…
Die nasionale misdaadstatistiek van 2015/2016 is Vrydag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in samewerking met Statistiek Suid-Afrika, in die parlement bekendgemaak.