Nie een Springbok het die kortlys vir die Autumn Nations-reeks se speler van die reeks gehaal nie.
Alles vir die sleutelwoord "Springbokke"
Nienaber loof Bokke se ‘fantastiese spanpoging’
“Die spelers was onder druk voor ʼn volgepakte Twickenham en hulle het beslis sterk gestaan.”
ʼn Bok-triomf op Twickenham!
Die Springbokke het vir die eerste keer in agt jaar ʼn toets op Twickenham gewen, en dit nog met ʼn rooi kaart ook.
Hier kom ʼn ding op Twickenham!
“Ons het in 2021 hier verloor en ons kan daarvoor vergoed. Dít is ʼn nuwe groep spelers en ons wil die land trots maak.”
Marx wil bordjies op Twickers verhang
Die Springbokke het in 2014 laas ʼn wedstryd op Twickenham gewen, terwyl die veglustige Malcolm Marx nog nooit in ʼn span was wat vir Engeland op hul tuisveld bloedneus kon gee nie.
Manie sorg vir kreatiewe spel
“Manie Libbok word net beter. Hy is al vir ongeveer agt weke deel van die Springbok-opset en ons is opgewonde om te sien wat hy op Twickenham kan doen.”
Nienaber tevrede met Bok-diepte
Evan Roos is in die Springbokke se opdrafspan, terwyl Thomas du Toit, Marco van Staden en Canan Moodie hul stempel as impakspelers op die Twickenham-toets sal wil afdruk.
‘Een goeie toets is nie goed genoeg nie’
Die Springbokke se spogsege teen Italië in Genua was inderdaad lekker, maar bestendigheid is beslis nou die wagwoord.
Bokke laat wiel teen Italië
ʼn Vinnige vraag – wanneer laas het jy ʼn Springbokspan gesien wat die bal só laat loop het? Van Willie le Roux se skerpskutter-aangeë tot Kurt-Lee Arendse se toorkunsies het die stomme Italianers op die agtervoet geplaas.
Bokke wíl wen – Kolisi
“Ons speel vir Suid-Afrika en vir die mense by die huis – om te wen is al waaraan ons dink.”
Jasper terug, Eben op plaasvervangersbank
“Ons glo ons is op die regte koers, nadat ons amper die knoop teen Ierland en Frankryk deurgehak het.”
‘Hierdie een maak seer’ – Nienaber
Die Springbok-afrigter is tevrede met die veggees en deursettingsvermoë wat sy span teen die Fransmanne gewys het.
Bokke laat Hane sweet vir oorwinning
Was ʼn geslaagde karaktertoets maar die bepalende faktor vir enige rugbywedstryd, dan sou die Springbokke ongetwyfeld gisteraand in Marseille as oorwinnaars van die veld gestap het. Helaas was dit hulle egter nie beskore nie.
Hane het ook deesdae meer skop
As ʼn mens so na Vlok Cilliers se inskrywings op sosiale media kyk, is die Fransmanne se stelskopwerk deksels akkuraat. Dieselfde kan ongelukkig nie nou van die Springbokke gesê word nie.
Ondersteuners soek meer skop in Bok-kelkie
“Die ding wat ek graag vir Manie sal wil sien doen, is om op sy sterk punte te konsentreer en om te speel soos ons weet hy kan.”
Dié span moet teen Hane koning kraai
“Manie [Libbok] het sy staal in die Verenigde Rugbykampioenskap gewys en sedert hy deel van die groep geword het, is hy een van die staatmakers op die oefenveld.”
Twiet-twiet, Rassie deel weer ʼn video
Rassie Erasmus se verbod is skaars opgehef, of hy hap weer na ʼn skeidsregter op Twitter.
Bokke sukkel met skopwerk, rolmaalbewegings
“Ons oorheers normaalweg hierdie afdelings van die spel, maar Ierland het beslis sy huiswerk gedoen.”
Iere wéér Bokke se tiere
Ierland het Rassie Erasmus se 50ste verjaardag bederf toe hulle die Springbokke met drie punte in Dublin getroef het.
Spook van 2017 maak Bokke nie meer skrik
“Hierdie is ʼn nuwe span en ons wil voortbou op dit wat ons vanjaar vermag het.”