Hoewel daar ʼn hele paar slaggate oor die volgende vier jaar sal wees, is dit nie wensdenkery om te glo dat Rassie Erasmus se Bokke ook die volgende Wêreldbekertoernooi in Australië kan wen nie.
Alles vir die sleutelwoord "Springbokke"
Byna 11 miljoen SA’ners kyk op kassie na Bok-eindstryd
Sowat ʼn kwart meer Suid-Afrikaanse kykers het na die Wêreldbeker-rugbyeindstryd gekyk vergeleke met verlede jaar se FIFA Wêreldbeker-sokkereindstryd en dit sluit nié eers diegene in wat die eindstryd in ’n sogenaamde aanhangerpark gekyk het nie.
Eers 57–0, nou Wêreldbrekers. Dankie, Rassie!
Rassie Erasmus het in 2018 nie net die Springbokke na hul beste vertoning sedert 2014 in die Rugbykampioenskap gelei nie, maar ook toegesien dat Suid-Afrika weer ʼn slag teen Nieu-Seeland slaan.
Fransmanne kies hul WB-span
Die gesaghebbende Franse rugbypublikasie Midi Olympique het vyf Springbokspelers in sy droomspan van die Wêreldbeker-toernooi ingesluit.
Springbokke ‘simbool van apartheid’, sê Malema nou
Die EFF het ’n week gelede nog die Springbokke se oorwinning in Frankryk as inspirerend bestempel, maar nou het leier Julius Malema van deuntjie verander en meen hy die Bok moet waai.
Rassie gaan glo weer leisels as Bok-breier oorneem
Rassie Erasmus sal glo terugkeer as afrigter van die wêreldkampioen-Springbokke, met Jacques Nienaber wat as afrigter by die Ierse klub Leinster sal aansluit.
Hoe oud is Bok-helde in 2027?
Siya Kolisi sal dan reeds 36 jaar oud wees, terwyl Eben Etzebeth ook 36 verjaardagkersies in Australië sal moet uitblaas as hy vir die volgende Wêreldbeker-span gekies word.
Regstreeks: Welkom in die Moederstad, Bokke!
“Hulle is hier! Welkom in Kaapstad, kampioene!”
Video: Kolbe bewaarheid jong Springbok-ondersteuner se drome
Nimmer as te nooit het dié sewejarige gedink dat sy droom uiteindelik ʼn werklikheid sou word nie.
Gauteng skitter in Groen-en-goud
“Hulle weet nie wat ons weet nie,” het plakkate Donderdag in Gauteng gelui.
Bokke bó, All Blacks val so bietjie
Die Springbokke is die topspan op Wêreldrugby se amptelike ranglys, maar die All Blacks het na die derde plek teruggesak.
Ramaphosa verklaar openbare vakansiedag
Die president kon homself egter nie keer om van die geleentheid gebruik te maak om ‘n verkiesingstoespraak af te steek nie.
Bok-oorwinning veel meer as net ‘sportprestasie’ – Ramaphosa
“Die Springbokke se reis na die geskiedkundige oorwinning in die 2023-Wêreldbeker gaan net soveel oor ons reis na nasieskap as oor sportuitnemendheid.”
Pieter-Steph: ‘Die Malmesbury-missiel’
“Hy was fenomenaal. Verdediging is my afdeling en hy het buitengewone spel gelewer.”
‘Dankie Suid-Afrika,’ sê Siya
“Mense wat nie van Suid-Afrika is nie, verstaan nie noodwendig wat die oorwinning vir ons land beteken nie. Dit gaan nie net oor die spel of die wedstryd nie; ons land gaan deur so baie dinge.”
Springbokke is Wêreldbrekers!
Die Springbokke het gespéél. Die Springbokke het geveg, gebloei. En die Springbokke het die Webb Ellis-trofee vir Suid-Afrika gewen.
Bokke teen All Blacks – ʼn tweestryd om te onthou
ʼn Tikkie opbouende nuus so op ʼn Saterdagmiddag: Die Springbokke het nog nooit in ʼn Wêreldbeker-eindstryd verloor nie.
Eenpaaltjiesukses: Bokke inspireer Proteas
“As ʼn mens veral na die halfeindstryd teen Engeland kyk; die Springbokke het pleinweg net ʼn manier gevind om te wen. Vir ons as spelers was dit baie inspirerend om te sien hoe hulle weier om op te gee.”
Ramaphosa op pad na Frankryk vir finaal
As die Springbokke die All Blacks Saterdagaand op Stade de France klop, sal dit die tweede keer wees dat Ramaphosa as president van Suid-Afrika die Webb Ellis-trofee saam met die Bokke omhoog hou. En daarmee saam hoop Suid-Afrikaners vir ʼn lekker, ekstra vakansiedag om ʼn oorwinning te vier.
Parys is nie Bokke, All Blacks se eerste WB-rodeo
Die Springbokke en die All Blacks was al vyf keer vantevore slaags by Wêreldbekertoernooie en die Kiwi’s het drie van dié wedstryde gewen. Tog spog die Bokke met ʼn 100%-eindstrydwenrekord, danksy hul triomf in 1995.