“Toe ons in Korsika vir die toernooi voorberei het, het ons met nat rugbyballe geoefen in ʼn poging om reënweer na te boots.”
Alles vir die sleutelwoord "Springbokke"
Advertensie met Etzebeth oor ‘geweld’ verwyder
Die beheerraad het twee klagtes oor die advertensie ontvang. Die klaers beskryf die advertensie as heeltemal onvanpas en dat dit die indruk wek dat geweld aanvaarbaar is en deur die Springbokke goedgekeur word.
Bokke gereed vir spesiale vertoning teen Iere – Kolisi
Die tafel is gedek vir ʼn watertand-ontmoeting tussen die Iere en die Springbokke in Frankryk: Die wêreldnommereen-span teen die verdedigende wêreldkampioen op die ikoniese Stade de France.
Matt kap na ‘immorele’ Bok-taktiek
“Ek het groot waardering vir die Springbokke en ek bewonder hulle as ʼn rugbyspelende land; saam met Nieu-Seeland is hulle die beste in die wêreld. Maar hierdie taktiek is nie reg vir die spel nie.”
Bankkrag-bohaai sal SA’ners nie van stryk bring
Volgens Cheslin Kolbe kan kritici maar praat en kopskud, die spelers gaan hulle nie veel daaraan steur nie.
Nienaber meen Bok-balans is reg
“Ons het diepte en veelsydigheid opgebou en ons glo dat hierdie die beste spelerkombinasie vir die kragmeting is.”
Bok-voorspelers wil weer spierkrag wys
Daar is sewe voorspelers op die Springbokke se plaasvervangersbank vir die naweek se belangrike Wêreldbeker-wedstryd teen Ierland op die Stade de France.
Murray opgewonde, maar ook versigtig vir Bokke
“Dit is ongelooflik opwindend om teen die Wêreldkampioenspan in Parys te speel. Ons sal egter vir enigiets gereed moet wees; die Springbokke is trouens ʼn baie moeilike span om teen te speel.”
Bokke fokus nou op die aanval
Jacques Nienaber sê as ʼn span was daar ʼn hele paar doelwitte wat die Bokke graag met die wedstryd teen Roemenië wou behaal.
Bokke is bielies in Bordeaux!
Dit was pure Wêreldbeker-kuikenmoord en die Springbokke het toe inderdaad ʼn wafferse kriekettelling teen Roemenië opgestel.
‘Ons het respek vir Roemenië’ – Bokke
ʼn Moontlike opskudding skuil om elke derde hoek en vyfde draai by ʼn Wêreldbekertoernooi en die Springbokke kan nie bekostig om vanmiddag in Bordeaux teen Roemenië op hul louere te rus nie.
Koch: Bokke wil skrumvuur stook
Volgens Vincent Koch is skrumwerk die Springbokke se trots en hulle wil met elke wedstryd ʼn sterker vertoning lewer.
Mening: Tyd om ʼn oproep na Pollard te maak?
Joseph Dweba is die haker op Suid-Afrika se spelerbystandlys, maar Jacques Nienaber en kie hoef nie noodwendig een voorryspesialis met ʼn ander te vervang nie.
Bok-terugslag: Vurige Marx uit Wêreldbeker
“Malcolm het ongelooflik hard gewerk om op sy beste vir die toernooi te wees en dit is hartseer dat sy deelname op só ʼn manier tot ʼn einde moet kom.”
Esterhuizen, Moodie terug teen Roemenië
Bongi Mbonambi sal die kapteinskapleisels van ʼn Springbok-span vasvat wat met vier skrumskakels in die wedstrydgroep spog, terwyl André Esterhuizen en Canan Moodie in die middeveld herenig is.
Kleurblindes wil niks weet van nuwe Bok-trui
“Sommige mense droom al van kleins af om eendag die Groen-en-goud oor hul koppe te trek, maar nou is dit hierdie turkoois gemors.”
Siya, Gregor tree in die bresse vir Manie
“Manie is ʼn uitstekende toevoeging tot ʼn talentvolle Suid-Afrikaanse agterlyn. Terselfdertyd help hy die Bokke om baie meer aanvallende rugby as in die vorige Wêreldbeker-toernooi te speel en dit plaas verdedigers onder kwaai druk.”
Bokke se verdediging, voorspelerspel verfrommel Skotte
Die eerste helfte was ʼn taai affêre, maar die Springbokke se Wêreldbeker-veldtog is op koers nadat hulle Skotland met 18 – 3 in Marseille geklop het.
Wêreldbeker: D-dag is hier vir Bokke
Dit is 1 408 dae sedert Siya Kolisi die Webb Ellis-trofee in Jokohama omhoog gehou het. Vandag, 10 September 2023, is die amptelike begin van die Springbokke se veldtog om hul wêreldtitel te verdedig.
Daar is natuurlik druk, maar Bokke speel vir ondersteuners
Met die horlosie wat die sekondes na Suid-Afrika se Wêreldbeker-wedstryd teen Skotland aftik, het Siya Kolisi gesê dit is ʼn voorreg om die Springbok-trui te dra.