“Dit is belangrik om daarop te let dat Wêreldrugby aanvaar dat Tom Curry die bewerings in goeie trou gemaak het, en dat daar geen aanduiding is dat dit doelbewus vals of kwaadwillig was nie.”
Alles vir die sleutelwoord "Springbokke"
‘Moet nooit die All Blacks afskryf,’ waarsku Le Roux
Heelagter Willie le Roux erken dat die emosies die laaste twee weke “redelik hoog” in die Bokkamp geloop het nadat die Springbokke die kwart- sowel as die halfeindstryd met ’n enkele punt gewen het.
‘Easy Company’ is All Blacks se teenvoeter vir Bok-bankkrag
“Ek het grappenderwys gesê dat as die Springbokke die Bomb Squad het, kan ons net sowel ʼn Easy Company hê,” het Nieu-Seeland se Dalton Papali’i geskerts.
Bokke sal Jordan se driedrukvlam moet blus
Die vlieënde Will Jordan sal Saterdag teen ʼn Springbok-span te staan kom wat bekend is vir sy goeie verdediging.
Donald dra sy Bok-hart op sy kouse
Allan Donald mag dalk deesdae Bangladesj se boulafrigter wees, maar hy is duidelik nog ʼn stoere Bok-ondersteuner.
Bokke bederf sir Clive se partytjie
“Ek het geglo Engeland gaan met drie punte wen,” het sir Clive Woodward in sy jongste rubriek geskryf.
Matt brom en mor wéér oor Bokke
Dié keer kla Matt Williams, die voormalige Skotland-afrigter, oor een van die Springbokke se grootste wapens op die rugbyveld: skrumwerk.
Bokke jaag vierde wêreldtitel in Parys
Die Springbokke het in 1995 [teen die einste All Blacks], in 2007 [in die einste Frankryk] en in 2019 met die Wêreldbeker-louere weggestap.
Bokke moet hulle nie op Twickenham-triomf blind staar
“Al twee spanne het sedertdien waardevolle lesse uit hul vorige kragmetings geleer en Nieu-Seeland speel tans baie beter rugby. As jy heeltyd oor jou skouer na die verlede terugloer, flous jy net jouself.”
Bokke baklei tot die bitter einde
Die Springbokke het Saterdagaand in ʼn reënerige Parys maar net weer eens gewys dat ʼn lelike wen eintlik soveel soeter as ʼn mooi verloor smaak.
Een punt is genoeg!
Dit was met stampe en met stote, maar die Springbokke is deur na die gróte.
Bokke gerat vir fisieke Engelse aanslag
“Ons hoor dat Engeland ons veral in die skrums en losgemale sal wil aanvat. Ons sal gereed wees vir enigiets,” het Pieter-Steph du Toit bevestig.
Britse koninklike se man spoel mond oor Bokke uit
“As jy teruggaan na 2019, het ek gesê: ‘Dit sal ʼn skande wees as Suid-Afrika die Wêreldbeker wen’, en hulle het dit gewen. As jy mooi na alles kyk, moes Frankryk hierdie wedstryd gewen het.”
Bokke bly onveranderd vir Rose-halfeindstryd
“Ons voel dat die tyd nou reg is om ons vertroue in die spelers te plaas wie se spelpeil na ons mening die beste is. Ons kan ongelukkig net 23 spelers kies, maar almal in die groep verstaan dat die land eerste kom.”
Bokke verwelkom druk, sê komkommerkoel Pollard
Die Springbokke se ongekende vermoë om nie net druk te absorbeer nie, maar ook om van hul beste rugby in die groot oomblikke van ʼn Wêreldbeker-toernooi te speel, beïndruk vriend en vyand in Frankryk.
Bokke weer no. 1 op wêreldranglys
“Ons werk saam as ʼn span en ons veg vir mekaar op die speelveld,” het Siya Kolisi ná die Springbokke se spesiale vertoning teen Frankryk gesê.
Hane kloek, kla en kerm oor O’Keeffe
“Ek wil nie ʼn bitter persoon wees wat oor die skeidsregter kla bloot omdat ek die kragmeting verloor het nie, maar ek dink nie dit was op standaard nie.”
‘Vive la’ Springbokke!
Die Springbokke het vir Frankryk met een punt op die Stade de France geklop om vir die halfeindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi te kwalifiseer.
Kolbe, Arendse slaggereed om Haan-vleuels te oorskadu
“Ek het goeie herinneringe van die Stade de France, maar dit is alles in die verlede. Nou het ek ʼn geleentheid om nuwe herinneringe te skep; dinge wat my ʼn leeftyd sal bybly.”
Bokke sien uit na Franse kwarteindstryd
“Dit gaan ʼn taai wedstryd wees want Frankryk se entoesiastiese ondersteuners staan ook bankvas agter hul span, maar ons is hier om ons land te verteenwoordig.”