Damian de Allende het weliswaar verroes teen die All Blacks in Auckland gelyk, maar die agterspeler kry Saterdag nog ʼn kans om sy waarde in die Springbok-trui te onderstreep.
Alles vir die sleutelwoord "Springbokke"
Nyakane wil speelkans met albei hande aangryp
“Elke speler wat die Groen -en-goud dra, wil sy hand opsteek en sy beste lewer. Terselfdertyd is die kompetisie onder die spelers groot, maar dit gaan nie net oor Trevor nie, dit gaan oor die span.”
’n Paar Bomb Squad-lede in opdrafspan!
Spelers soos Malcolm Marx, Grant Williams, Kurt-Lee Arendse en Manie Libbok is in die Springbokke se opdrafspan, terwyl Duane Vermeulen die kapteinskapleisels sal vasvat.
Kolbe mik na Ellispark-eerste
Indien Cheslin Kolbe vir die naweek se toets teen Argentinië gekies word, sal dit sy eerste Springbok-wedstryd op die ikoniese Ellispark wees.
Manie lyk pure (Lib)Bok
Talle rugbyondersteuners meen dat Manie Libbok die aangewese speler is om die no. 10-trui vir die Springbokke in Handré Pollard se afwesigheid te dra.
Bokke weet wat in Kolisi, Pollard steek
“Die ding met Siya en Handré is dat hulle al male sonder tal gewys het waartoe hulle in staat is op internasionale vlak en dit tel ongetwyfeld in hul guns.”
Bokke wil op Ellispark pronk ná Auckland-teleurstelling
“Dit sal ongelooflik wees om ʼn volgepakte stadion te sien. Daar is niks so intimiderend soos ʼn vol Ellispark nie en dit sal baie vir die spelers beteken.”
Kriel brand om speelkans te kry
“Ek wil bitter graag speel. Daar sal groot fout wees as ʼn speler nie oorgehaal is om vir sy land uit te draf nie.”
Eben en Jaden beskikbaar vir Poemas-toets
Jacques Nienaber het Woensdag bevestig dat Eben Etzebeth en Jaden Hendrikse vir die toets teen Argentinië oorweeg sal word.
Kiwi krities oor ‘ou Bokke’
“Dit sal die Springbokke baat as hulle eerder Malcolm Marx en die jonger spelers – wat Australië in die openingsronde laat les opsê het – in hul opdrafspan kies.”
Springbokke hou nog koers
Die groot vraag wat ná Saterdag se tweede reeks wedstryde in vanjaar se Rugbykampioenskap gevra word, is watter span tevrede kon gaan slaap het.
Swak begin kos Bokke – Nienaber
“Swak dissipline – ons het vier strafskoppe op ʼn streep afgestaan – ʼn spul ongedwonge foute en vyf verbroude duikslae het ons op die agtervoet geplaas. ʼn Topgehalte span soos Nieu-Seeland sal beslis munt daaruit slaan.”
Bok-ellende op Mount Smart
Die All Blacks het die grondslag vir hul oorwinning in die eerste helfte gelê: Hulle het meer fases as Eskom opgebou, die luggevegte loshande gewen en uitstekend afgerond.
Eben se besluit om te bly ‘simbolies van Bokke se karakter’
Zizi Kodwa, die minister van sport, kuns en kultuur, het die Springbokke alle sterkte toegewens vir Saterdag se kragmeting teen Nieu-Seeland, veral ná die onstuimige week wat die span agter die rug het.
Eben bly om Bokke te lei
Die All Blacks se kaptein, Sam Cane, het intussen gesê dat Eben Etzebeth ongetwyfeld sy heel beste in die wedstryd sal gee.
Kwagga opgewonde oor All Blacks-toets
“Ek is mal daaroor om teen die All Blacks te speel. Só ʼn wedstryd bring altyd die beste in my as ʼn speler na vore.”
Welkom terug, kaptein Eben
“Eben [Etzebeth] is ongetwyfeld die geskikte persoon om die span aan te voer,” het Jacques Nienaber gesê.
Video: ‘Goeie begin vir Bokke’; span wil verder daarop bou
“Dit is goed om te wen, maar jy moet ook die lesse leer en seker maak dat jy so vinnig moontlik aanpas en verbeter sodat jy dieselfde of selfs ʼn beter vertoning kan lewer.”
Duane trots op sy troepe
Duane Vermeulen – wat vier jaar gelede as die speler van die wedstryd in die Wêreldbeker-eindstryd in Japan aangewys is – het van voor gelei en die Aussies moes gereeld bontstaan om sy kraglopies te stuit.
Kommer oor Nche se fiksheid
Nche se gereedheid vir Saterdag se openingswedstryd teen Australië is in die weegskaal nadat hy ʼn borsbesering opgedoen het.