WAARSKUWING: Die video bevat kru taal, is gewelddadig van aard en kan sensitiewe kykers ontstel. ʼn Jong man moes magteloos toekyk hoe sy vriend en vennoot deur twee polisiebeamptes aangerand, gewurg en onsedelik deursoek is, kort nadat die beamptes hom met die dood gedreig het as hy sou inmeng.
Alles vir die sleutelwoord "video"
ANC eis ondersoek oor ‘rassisme’-video by Maties
Moloto Mothapo, hoofsweep van die ANC, het gesê die studente het hulle uitgespreek oor hul “skokkende persoonlike ervarings van geïnstitusionaliseerde rassisme, diskriminasie en teistering [waaronder] hulle steeds ly bloot weens hul velkleur”.
Swak rand: ‘SA’ners word armer’; Roodt gee raad
Die rand het Maandag gelyktydig sy laagste vlak in die geskiedenis behaal teenoor die vernaamste geldeenhede. Dit beteken net een ding vir die man op straat: Suid-Afrikaners raak armer.
[Video] ʼn Groot stuk wysheid
Van ʼn sewejarige se stuk “wysheid” aan ʼn sesjarige, tot ʼn 93-jarige se “raad” aan ʼn 91-jarige… ʼn video waar persone hul eie wysheid met enigiemand jonger as hulself deel, word wyd op sosiale media gedeel.
[Video] Polisieman jak glo klaer af
Die polisie het gesê hy dra kennis van ʼn video wat die ronde op Facebook doen waarin ʼn beampte glo ʼn jong vrou van Pretoria se foon in ʼn polisiestasie uit haar hande klap.
[Video] Dié instrument speel nie tweede viool nie
ʼn Elektriese viool genaamd 3Dvarius is onlangs met behulp van 3D-drukkertegnologie gedruk. Dié tipe tegnologie is niks nuuts nie, maar die feit dat die viool kan speel, is eintlik ongelooflik.
[Video en foto’s] 11 sterf toe vliegtuig motors tref
Elf persone is dood en verskeie beseer nadat ʼn vliegtuig Saterdag by ʼn lugskou in Sussex, in die suidooste van Engeland, neergestort en verskeie motors op ʼn besige pad getref het.
[Video] Andre Rieu speel Anthony Hopkins se wals
ʼn Video van ʼn vertoning waar André Rieu en sy orkes ʼn wals opvoer wat deur die bekende akteur Anthony Hopkins gekomponeer is, maak weer groot opslae op sosiale media.
[Video] Bêre elektriese kabels só
Dis gewoonlik ʼn groot frustrasie indien mens enige verlengingskoord of elektriese kabel wil bêre, om dit volgende keer weer te ontkoek – tensy jy hierdie eenvoudige manier gebruik.
[Video] Klein karate-karnallie steel miljoene harte
ʼn Video van ʼn driejarige wat tot groot vermaak van sy klasmaats ʼn bord probeer breek, is die afgelope twee weke reeds byna 20 miljoen keer gekyk.
[Video] Slinkse rower kruip onder yskas uit
ʼn Slinkse rower wat ʼn gat in ʼn muur gekap en onder deur ʼn yskas geglip het om by ʼn winkel in te breek, is deur veiligheidskameras betrap.
[Video] Weerlig tref vliegtuig
ʼn Video van ʼn weerligstraal wat ʼn vliegtuig tref word wyd op sosiale media gedeel.
[Video] Bruidegom verras bruid met danspassies
Valerie Tellmann-Henning, ʼn ballerina van die Richmond Ballet in die Amerikaanse deelstaat Virginië, het ʼn lekker verrassing van haar man, Kirk Henning (ook ʼn danser), op hul troudag ontvang.
[Video] Vlugkelner laat passasiers skater
ʼn Video van ʼn grappige vlugkelner se veiligheidsdemonstrasie is die afgelope vyf dae reeds byna 3 miljoen keer op YouTube gekyk.
Paramedici in hof ná vuisgeveg oor pasiënt
Twee mans van mededingende private ambulansdienste in Rustenburg in Noordwes het Dinsdag in die hof verskyn nadat ʼn video van ʼn onderonsie tussen die twee, vermoedelik oor wie ʼn pasiënt gaan vervoer, opslae op sosiale media gemaak het.
[Video] Bedelende dwelmverslaafde vs. hawelose enkelpa
ʼn Maatskaplike eksperiment om te bepaal of ʼn dwelmverslaafde meer geld sou ontvang deur te bedel as ʼn enkelpa, het skokkende resultate opgelewer. Soms is dit diegene wat self niks het nie wat die meeste gee.
[Video] Bruidegom in trane oor bruid se verrassing
Maria Holand Tøsse (26) het ʼn groot verrassing gehad toe sy in die kerk se gangetjie afgestap het om haar trou aan Ronny Eidsvik (37) van Alesund in Noorweë te beloof.
[Video] Vang ʼn perdeby só
Hierdie video wys jou ʼn maklike manier om dié insekte te vang sonder om jouself (of hulle) te beseer.
[Video] Só lyk dit wanneer nikkel brand
Wat gebeur as jy ʼn vuurwarm nikkel bal op ʼn blok blom-oase sit? Jy sou dink dat die dié bal reg deur die oasis sal brand, maar dink weer…
[Video] Klara roerend gegroet
“Ons vier vandag Klara se lewe en ons almal rou oor haar.”