ʼn Nuwe kaartspeletjie wat gebaseer is op katjies wat ontplof, ʼn paar bokke en lang rughare, het binne drie dae op die skarefinansieringswebwerf reeds meer as $3 miljoen (R34 miljoen) gewerf. Die doelwit was $10 000.
Alles vir die sleutelwoord "video"
Video: Helder oordag by vulstasie beroof
ʼn Video wat wys hoe twee mans ʼn motoris en sy passasier helder oordag by ʼn vulstasie beroof, word wyd op sosiale media versprei.
Video: Beste handeklap-vertoning ooit
ʼn Video van ses jong mans wat met ʼn handeklap-vertoning aan ʼn talentkompetisie by ʼn jeugkonferensie deelgeneem het, doen weer die ronde op sosiale media.
Video: Kamma-polisie se kapingspoging in Pretoria
ʼn Groep mans wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, het Donderdag probeer om ʼn voertuig in Moreletapark, in die ooste van Pretoria, te kaap terwyl hulle op kamera verfilm is.
Video: Kangaroe hop vrou van fiets af
ʼn Vrou van Canberra in Australië is vroeër die week deur ʼn kangaroe van haar fiets af gespring.
Video: Goedkoper in vitro-bevrugting
‘n Dokter by die Universiteit Stellenbosch bied kinderlose paartjies ‘n beter kans om ouers te word.
Video: Grootste foto ooit
Dit is veral die einde van dié video van die grootste foto ooit wat mens se asem wegslaan. Meer as 2.7 miljoen mense het reeds die video op YouTube gekyk.
Video: Sterbelaaide Mooirivier is eersdaags op die grootskerm
Mooirivier is ʼn splinternuwe Afrikaanse rolprent wat eersdaags bekendgestel word en spog met akteurs soos Tim Theron, Milan Murray, Bouwer Bosch, Anel Alexander, Heinz Winckler, Leandie du Randt en Anne Hirsch.
Tronkstraf vir Baba L se aanvaller
Die sakeman van Pretoria-Noord wat sy vriendin se tweejarige dogtertjie, bekend as Baba L, so erg mishandel het dat sy gestremd gelaat is, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis.
Video: ‘Bedelaar’ toe ʼn gryp-en-spaander-aanvaller
ʼn Gryp-en-spaander-aanvaller wat homself as ʼn bedelaar voordoen, is op video afgeneem waar hy Donderdagaand op ʼn niksvermoedende slagoffer tydens spitsverkeer in Johannesburg toegeslaan het.
Video: Olifant storm tydens regstreekse uitsending
ʼn Olifantkoei het tydens ʼn regstreekse uitsending waarby duisende persone ingeskakel was, skielik op ʼn oop safarivoertuig afgestorm en twee gate deur die Land Rover se deur gesteek.
Video: “Geen lig in die Eskom-tonnel nie”
‘n Oudhoogleraar aan die Universiteit Stellenbosch meen daar is geen lig in die Eskom-tonnel nie. Professor Christo Viljoen waarsku die agterstand met die bou van kragsentrales is nou enorm.
Video: AB maak eendagkrieket-geskiedenis
AB de Villiers het Sondag tydens die Proteas se tweede eendagwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande geskiedenis gemaak deur die vinnigste honderdtal nog in dié weergawe van die spel aan te teken.
Video: Oplossing vir Eskom se kragprobleem?
ʼn YouTube-gebruiker het ʼn grapperige video opgelaai en meen dit is dalk net die oplossing vir Eskom se elektrisiteitskrisis.
SA student se video van stormende seekoei maak wêreldwyd opslae
Craig Jackson, ʼn 22-jarige student van Bronkhorstspruit, het die vakansie ʼn video op sy pa selfoon geneem wat nou internasionaal nuus maak.
Video: Gr. 1’s se trane en toekomsplanne
Die matriekklas van 2026 het in vyf provinsies vir hulle eerste amptelike laerskooldag aangemeld.
Video: Handige oorlewingswenk
As jy ooit in die veld moet oorleef en jy weet nie hoe om ‘n vuur te maak nie, wys hierdie video jou hoe om met ‘n kougompapiertjie en flitslig se battery ‘n vlam te maak.
Video: Ma en kêrel vas na baba met vuurwapen speel
ʼn Vrou en haar kêrel is in Indiana, Amerika, in hegtenis geneem nadat ʼn selfoonvideo ontdek is waar hulle eenjarige aangepor word om ʼn vuurwapen in haar mond te druk en “pow” te sê.
Video: Rowers plunder juwelierswinkel
Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe ʼn groep rowers met voorhamers op ʼn juwelierswinkel in ʼn Kaapse winkelsentrum toeslaan terwyl inkopiegangers probeer wegkruip.
Musiekvideo: Anders sing temalied van Knysna
Die temalied van die rolprent Knysna word deur Wynand en Lindi Delport van die groep Anders gesing.