Wiaan Fourie, een van die DZL-duo, sê hul persoonlikhede kom deur in die musiekvideo en hulle wys dat hulle die lewe nie te ernstig opneem nie.
Alles vir die sleutelwoord "video"
Foto’s: ‘Jou Romeo’-première: ʼn Fliek vir die hele gesin
Hoe gemaak wanneer jy al maande droom om Romeo & Juliet op die planke te bring en dan skielik die nuus ontvang: Die skool se dramabegroting is gesny en sou jy wou voortgaan, lê die verantwoordelikheid by jou. Jy kry natuurlik die gewildste seun in die skool, die regte hartebreker en krieketheld om die hoofrol te vertolk.
Hoe lyk jóú Afrikaans? Só lyk die groot wenners
Daar is geskep, gevorm, foto’s geneem, video’s gemaak, gesing en gedans, en dit was duidelik: In Suid-Afrika lyk Afrikaans dikwels verskillend, maar daar is net één Afrikaans.
Video: Parlementslede peper rugbybase met vrae
Suid-Afrika se rugbybaas, Mark Alexander, en die uitvoerende raad van SA Rugby moes bontstaan om vrae oor die Springbokke en transformasie te beantwoord toe hulle voor die Parlement se portefeuljekomitee oor sport verskyn het.
Video: Oulikste selfoondief op heterdaad betrap
Dié laggende baba het eers ʼn selfoon “gesteel”, en toe ons harte.
Amerikaanse verkiesing 2016: Waarom het Trump gewen?
Die volgende vier jaar gaan ʼn interessante tyd in die Amerikaanse politiek wees, met heelwat veranderinge wat sal plaasvind. Dit hou ʼn groot geleentheid vir die konserwatiewe beweging in Amerika in.
Gemeenskap vang man wat glo vrou onder bakkie sleep
Die man wat na bewering op kringtelevisiebeeldmateriaal afgeneem is waar hy ʼn vrou tydens ʼn tref-en-trap-voorval meters ver gesleep het, is deur die gemeenskap vasgetrek. Waarskuwing: Die video onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.
Video: SA se grootste mannekyn-uitdaging op Kampsbaai
Sosialemediagebruikers is gaande oor ʼn mannekyn-uitdaging wat Sondag op Kampsbaai in Kaapstad met behulp van meer as 200 persone verfilm is.
Die swanesang van die liberaliste
Dit wil egter lyk asof die Weste in antwoord op die Westers-vyandige liberalisme op grond van ʼn Westerse, hoofsaaklik Christelike kultuurpolitiek, uiteindelik weer besig is om sy voete te vind. Onvoorspelbaar en ironies soos die verloop van die geskiedenis is, is dit toe die Republikeinse oorwinning onder die onstuimige Donald Trump, wat die hierdie aankondiging van goeie hoop vir die Westerse Wêreld maak.
[Video] Noue ontkoming toe seekoei bakkie storm en stoei
“Dit was vreesaanjaend, want ek het besef ek kan nêrens heen gaan nie en daar is ook nie tyd om weg te kom nie. Dit was minstens 50 m grond toe aan beide kante van die pad. As hy my aan die kant getref het, twyfel ek nie dat ek by die wal sou afrol nie.”
Steeds geen teken van Pta-troonkobra
Daar is nog geen teken van die kobra van nagenoeg 2,3 m wat inwoners van ʼn woonstelblok in Pretoria op hol het nadat dié gedierte Donderdag sy kop daar uitgesteek het nie.
[Video] Sal dié ‘plaasalarm’ jou gek maak?
ʼn Video van ʼn haan wat omtrent ʼn vertoning opsit as hy die daglig met sy kraai begroet ontketen tans ʼn debat of dié natuurlike alarm goed, of ʼn irritasie is.
[Video] Dís nou vir jou ʼn verkeersknoop!
Beeldmateriaal van ʼn verkeersknoop tydens Danksegging in Los Angeles, is reeds deur miljoene persone gekyk en word beskryf as moontlik die ergste verkneersknoop ooit in Kalifornië se geskiedenis.
Video: Padtoets: Mitsubishi Pajero Legend II SWB
Die motor-wêreld is opgedeel in ʼn paar verskillende genres. Een van dié genres is ʼn klein nismark: die regte, egte 4×4. Hierdie voertuie moet nie verwar word met moderne softroaders nie. Hulle skrik vir byna niks. Dís presies wat die Pajero is, skryf Brendon Staniforth.
Video: Lira-treffer kry nuwe lewe in Zoid Afrika
Dit was tien jaar gelede toe die sangeres Lira opslae in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak het met haar liedjie “Feel Good”. Dié liedjie het haar ʼn bekende stem op radiostasies gemaak. Nou het sy en die Afrikaanse rock-sangeres Karen Zoid wéér vandeesweek beïndruk met hul nuwe weergawe van dié liedjie.
Plaaslike bekendstelling: Opgeknapte Toyota Hilux SRX en Fortuner
Die nuwe SRX is tipies Toyota: Goeie waarde en klasleidende werkverrigting, net in ʼn mooier pakkie as die vorige SRX. Die SRX kry nou breëbakwerk soos die duurder Raider-modelle.
[Video] Indrukwekkende skuinslanding in erge storm
Verstommende beeldmateriaal van ʼn vlieënier van Emirates-lugredery wat ʼn A380-vliegtuig skuins land tydens Orkaan Angus se stormwind, is vrygestel.
Video: Gay ouers vier surrogaat-drieling
ʼn Suid-Afrikaanse gay egpaar het wêreldwyd nuus gemaak toe hulle ʼn drieling ryker geword het met behulp van ʼn surrogaat-ma.
Video: Onderonsie met Faf gekritiseer
“Dit is die derde voorval waar ʼn verslaggewer aggressief ons spelers teister.”
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 20 November 2016
Georic Lomas se liedjie, “Bazaruto”, is die week se nommer 1.