Luidens ʼn wyksraadslid is die besetters later van die toneel weg, sommige volgens hom in ʼn Mercedes-Benz en ʼn Range Rover, en het hulle geskree dat hulle die grond met mag sal afvat.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Faerie Glen"
Rower tydens Pta-huisroof doodgeskiet
Die man en sy vriendin het by hul huis in Faerie Glen gebraai toe twee gewapende mans op hulle afstorm en hulle dreig. “Een verdagte het die man in sy linkerskouer geskiet. Die man was egter ook gewapen en het teruggeskiet.”
Faerie Glen-moord: Naam van slagoffer bekend gemaak
Die 47-jarige man van Faerie Glen in die ooste van Pretoria, wat Donderdagaand by sy huis doodgeskiet is toe hy sy gesin teen ʼn groep rowers beskerm het, se naam is bekend gemaak.
Pta-man tydens huisroof doodgeskiet
ʼn 47-jarige man is Donderdagaand by sy huis in Pretoria doodgeskiet toe hy sy gesin teen ʼn groep rowers beskerm het.
Gesels saam met die skrywer van ‘Valsrivier’
Ongeveer 20 leeskringe van Pretoria en omstreke kom op 6 Mei by die NG Kerk Faerie Glen bymekaar om deel te neem aan die jaarlikse Glenstantia Leeskring-byeenkoms. Vanjaar se byeenkoms bestaan uit ʼn gesprek tussen die bekroonde skrywer, Dominique Botha en die letterkundige Thys Human, oor Botha se debuutroman, Valsrivier/False River.
Bomdreigement by PTA-winkel
Die polisie moes die Pick n Pay in Faerie Glen, Pretoria-Oos, Sondagoggend ná ʼn bomdreigement ontruim, berig EWN.
Chanelle Henning-saak: Nico het glo finansieel swaargekry ná moord
Andre Gouws, een van die twee mans wat beskuldig word van die ʼn komplot om Chanelle Henning te vermoor, het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof gesê hy het nooit haar moord met enigiemand bespreek nie.
Chanelle Henning-saak: Bewerings oor dwelms, molestering
Andre Gouws, een van die mans wat beskuldig word van die komplot om Chanelle Henning te vermoor, is glo aangesê om haar dop te hou, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag gehoor.
Chanelle Henning-moord: Monye se oproepe, dreigemente bevraagteken
Oproepe na en van die telefoon van een van die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn komplot gesmee het om Chanelle Henning te vermoor, is Maandag in die Pretoriase hooggeregshof bevraagteken.
Chanelle Henning-saak: Monye se getuienis bevraagteken
Die getuienis van een van die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ‘n komplot om Chanelle Henning te vermoor, is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof bevraagteken.
Ambrose Monye getuig in Chanelle Henning-saak
Ambrose Monye, een van die mans wat glo deel was van die sameswering om Chanelle Henning te vermoor, het Woensdagoggend in die Pretoriase hooggeregshof getuig.
Henning-beeldmateriaal “geloofwaardig”
Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag tydens die Chanelle Henning-moordsaak gehoor dat beeldmateriaal van kringtelevisiekameras geloofwaardig is.
Chanelle se pa blameer haar man vir moord
Chanelle Henning se pa glo haar vervreemde man, Nico, is die enigste persoon wat voordeel sou trek uit haar moord, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag gehoor.
Henning-moord: Twee weer in hof
Chanelle Henning se moordsaak gaan na verwagting Maandag in die Pretoria-hooggeregshof hervat word.