Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ʼn waarskuwing uitgereik dat bloedvoorraad tans baie laag is.
Alles vir die maand September 2012
Tutu in Nederland vereer
Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu het ‘n eredoktorsgraad in teologie aan die Rijksuniversiteit Groningen ontvang.
E-tol samesprekings begin vandag
Die finale ronde vir samesprekings oor die omstrede e-tolstelsel gaan na verwagting vandag begin.
Man vas vir moord op Pta-student
ʼn 24-jarige man is in hegtenis geneem vir die moord op ʼn student uit Engeland wat in Pretoria studeer het.
Twee dooie renosters gekry
Kort na Wêreld-renosterdag Saterdag gevier is, is twee dooie renosters in die noordelike dele van KwaZulu-Natal aangetref.
Nuuskommentaar: Media, Malema en die soeke na aandag
Die vraag word gereeld gevra of die fenomeen Julius Malema die skepping van die media was, en of die media net goed deur die persoon Malema ingespan is.
Atleet geskiet tydens plaasaanval
Karen Wilkinson (nou Harmse), voormalige Suid-Afrikaanse hekkieskampioen, is Vrydagaand tydens ʼn plaasaanval naby Rustenburg in Noordwes geskiet en aangerand.
Seun verdrink tydens visvanguitstappie
ʼn Sesjarige seun het verdrink nadat branders hom en sy pa van rotse naby Vredenburg aan die Weskus afgeslaan het.
Malema glo nie Dinsdag in die hof nie
Julius Malema sal nie Dinsdag in die hof verskyn nie, het sy prokureur Maandag gesê.
Drie gevang wat glo 83-jarige verkrag
Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n 83-jarige vrou in Vryburg verkrag het.
Ma sterf toe sy 4-jarige se lewe red
‘n Ma het Maandagmiddag gesterf in ‘n poging om haar 4-jarige te keer om deur ‘n minibustaxi in Durban omgery te word.
Vrou probeer glo haarself en haar twee dogtertjies verdrink
Die liggaam van ‘n 8-jarige meisie, wat glo Maandag deur haar ma verdrink is, is opgespoor.
28 000 vragmotorbestuurders staak
Sowat 28 000 vragmotorbestuurders van die vakbond Satawu het Maandag begin staak nadat loononderhandelings ‘n dooie punt bereik het.
Kaboel-ontploffing: Slagoffers se liggame eers in Oktober verwag
Die families van die Suid-Afrikaners wat verlede week in die selfmoordbomontploffing in Kaboel, Afghanistan gesterf het, sal ten minste drie weke lank moet wag voordat hul liggame terugkeer.
Oorlogskepe kom in Simonstad aan
Die Suid-Afrikaanse Vloot het Maandag drie oorlogskepe in die Simonstad-hawe welkom geheet.
Video: Trop skape beland per ongeluk in sportwinkel
‘n Trop skape het per ongeluk die verkeerde afdraai gevat en in ‘n sportwinkel in Oostenryk beland.
Bejaarde paartjie se byekorwe gesteel
‘n Afgetrede paartjie van Sasolburg het hul inkomstebron oornag verloor toe hulle van 30 byekorwe beroof is.
Video: Ruspe vermaak gorillas
Gorillas is glo net so verstom deur die wonder van die natuur soos die mens.
Video: Katte is glo slimmer as honde
‘n Video op YouTube, wat beweer dat hulle “absolute bewys” kan lewer dat katte slimmer is as honde, is reeds meer as 600 000 keer gekyk.
Foto’s: Gewapende roof in Sandton
Een man is beseer na ‘n gewapende roof Maandagoggend by Sandown Estate in Sandton, Johannesburg.