‘n Oudit het bekend gemaak dat 1 448 polisiebeamptes al self misdade gepleeg het, het die ministerie van polisie Sondag gesê.
Alles vir die maand Julie 2013
Malema sê ‘n groep Indiërs en Afrikaners is teen hom
Julius Malema, leier van die Economic Freedom Fighters (EFF) voer aan die belastingsaak teen hom is ‘n polities gemotiveerde sameswering van ‘n groep Indiërs wat kop in een mus is met Afrikaners.
Pakslae by die huis binnekort onwettig
‘n Nuwe wet word opgestel wat dit onwettig gaan maak vir ouers om hul kinders by die huis pakslae te gee, berig die Sunday Times.
Tsvangirai waarsku Mugabe om nie stemme te “steel” nie
Morgan Tsvangirai, eerste minister van Zimbabwe, het Saterdag president Robert Mugabe gewaarsku om nie stemme tydens volgende week se verkiesing te “steel” nie, sodat sy veteraan mededinger die amp “met waardigheid” kan verlaat.
Voornemende bruid dood, strooijonker vermis ná boot-ongeluk
Die liggaam van Lindsey Stewart, ‘n voornemende bruid, is in die water opgespoor nadat sy en ‘n strooijonker vermis geraak het toe hul boot Vrydagaand op die Hudson-rivier in New York, Amerika, teen ‘n vragskip gebots het.
Verbode rolprent kan nou gewys word
‘n Suid-Afrikaanse sensuur-appèltribunaal het Saterdag ‘n verbod op ‘n rolprent gelig, wat as “kinderpornografie” verbied is weens ‘n sekstoneel tussen ‘n onderwyser en ‘n skolier.
Verkragting-skandaal: Vavi se klaagster verduidelik wat het gebeur
‘n Vrou wat Zwelinzima Vavi, uitvoerende hoof van Cosatu, glo aangekla het dat hy haar verkrag het, het ‘n ope brief aan die Sunday Times geskryf oor haar ontmoeting met hom.
Brumbies klop Bulls met laat drie
Die Bulls se droomseisoen het skielik tot ’n einde gekom toe hulle in die halfeindronde van die Super15 teen die Brumbies op Loftus versfeld vasgeval het.
Unieke liefdesverhaal
Les en Helen Brown van Kalifornië in Amerika is op dieselfde dag gebore, het hul 75ste huweliksherdenking verlede jaar gevier en word vandag begrawe nadat hulle een dag ná mekaar gesterf het.
Semenya kan nie aan wêreldkampioenskap deelneem nie
Caster Semenya sal nie volgende maand aan IAAF se wêreldkampioenskap deelneem nie. Sy het Saterdag nie die kwalifiserende tyd behaal in België nie.
SA-man “te vet” om in Nieu-Seeland te bly
Owerhede in Nieu-Seeland het aan ‘n Suid-Afrikaanse kok gesê hy is te vet om toelating te bekom om in die land te bly.
Vavi afgepers in verkragting-skandaal
Zwelinzima Vavi, uitvoerende hoof van Cosatu, het Saterdag bewerings ontken dat hy ‘n vroulike kollega verkrag het
Chiefs kry tuisfinaal ná naelbytsege
Die Chiefs sal hul titel as Super15-kampioene volgende week op hul tuisveld in Hamilton verdedig nadat hulle die Crusaders in die eerste helfeindronde geklop het.
Video: 10-jarige red baba uit brandende gebou
Zna Gresham (10) van Georgia in Amerika het ‘n pasgebore baba gevang wat uit ‘n woonstel op die tweede verdieping gegooi is nadat ‘n brand in dié gebou uitgebreek het.
Vrystaat se Nala-munisipaliteit is skuldig
Die inwoners in die omgewing van Bothaville en Wesselsbron in die Vrystaat se klagtes oor swak dienslewering in dié gebied is Donderdag met die bekendstelling van ʼn verslag uit die openbare beskermer se kantoor geregverdig.
Video: Wat gebeur wanneer apies nie dieselfde betaling ontvang nie?
Frans de Waal, ‘n professor in primaatgedrag by Emory-universiteit in Amerika, wys in dié video wat gebeur wanneer twee capuchin-apies nie dieselfde betaling ontvang nie.
Lewenslank plus 1 000 jaar tronkstraf vir Cleveland-ontvoerder
Ariel Castro, wat drie vroue vir 10 jaar lank in sy huis in Cleveland, Ohio aangehou en hulle herhaaldelik verkrag en aangerand het, het die doodsvonnis vrygespring deur skuldig te pleit in ‘n ooreenkoms wat hom lewenslank agter tralies sal hou.
Interpol genader in saak teen Oscar Pistorius
Eyewitness News het Saterdag berig polisiebeamptes gaan die internasionale polisieorganisasie (Interpol) nader vir hulp in hul saak teen Oscar Pistorius
EFF sê ANC het die afgelope 20 jaar nog niks gedoen nie
Julius Malema, leier van die Economic Freedom Fighters (EFF), het Vrydag gesê die ANC het die afgelope 20 jaar in ‘n demokratiese Suid-Afrika nog nie basiese dienste gelewer nie.
UTi vra om verskoning ná hulle boeke vernietig
‘n Maatskappy wat handboeke aan skoliere in KwaZulu-Natal verskaf, het om verskoning gevra nadat hulle sowat 100 boeke, wat glo deur reën beskadig is, vernietig het.