Australië se tropiese noordelike gebied het Donderdag ʼn krokodil aan prins William en Kate Middleton se baba, prins George, geskenk. Dié krokodil het uitgebroei op die dag wat die hertogin se swangerskap aangekondig is.
Alles vir die maand Julie 2013
Usain Bolt sê dwelmskandaal is ‘n “terugslag”
Die top atleet Usain Bolt het gesê die onlangse dwelmskandaal in naellope is ʼn terugslag vir dié sport, maar voer aan hy is nie skuldig nie.
Nkandla-verslag “byna afgehandel”
Die Opbenbare Beskermer se verslag oor Nkandla is 95% gereed, het sy Donderdag gesê.
“Meeste werknemers” terug by Medupi
Eskom het gesê meeste van sy personeellede het Donderdag by die Medupi-aanleg vir werk opgedaag.
Video: Pa se dogter toe nie oorlede nie
ʼn Pa van Rockford, Alabama in Amerika was oorbluf toe hy 45 jaar later met sy dogter herenig is. Hy was onder die indruk sy is oorlede.
Ramptrein het glo 140km/h te vinnig gery
Die Spaanse hoëspoedtrein wat tot die dood van 77 mense gelei het, het glo 140km/h te vinnig gery.
Zuma-spioenasiekassette onder die loep
Die vertroulikheid van die kassette en dokumente wat daartoe gelei het dat kriminele klagtes teen pres. Jacob Zuma laat vaar is, is Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof onder die loep geneem.
Video: Pendelaars moet hier hul storie ken!
Tydens spitstyd in Beijing, China, moet jy jou storie ken as jy die trein wil haal – of selfs wil afklim!
Jagongeluk: Man aangekla ná vriend se dood
Gerhardus Johannes Wiggill (63), wat daarvan beskuldig word dat hy die geweerskoot gevuur het wat tot Juan-Pierre Kleingeld (24) se dood gelei het, het Woensdag in ʼn Limpopo-hof verskyn
‘Reeksverkragter’ pleeg selfmoord
ʼn Man wat daarvan beskuldig dat hy 34 kinders en twee vroue verkrag het, het selfmoord gepleeg, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NPA) gesê.
Suurlemoen-varktjops
Hier is ‘n lekker resep vir die manne, geniet dit Saterdag saam die rugby.
Nuuskommentaar: Brandpunt op die werksvloer
Die afgelope vyf jaar was daar ‘n 25% toename in die werkslading van die KVBA wat op ‘n toenemende slegte werkgewer/werknemer-verhouding dui.
Video: Vyfjarige sit 70m bo die grond in diefwering vas
ʼn Vyfjarige van China moes deur ʼn buurman en noodreddingswerkers gered word toe sy, 70 meter bo die grond, in diefwering vasgesit het.
Plaasaanvaller glo vry weens polisienalatigheid
AfriForum oorweeg regstappe teen ʼn ondersoekbeampte van die polisie nadat ʼn saak van die rol geskrap en ʼn plaasaanvaller op vrye voet is weens growwe nalatigheid van die polisie.
Vrou slaan kêrel glo met sy krukke dood
Helen Thomas (54) van Kaapstad wat daarvan beskuldig word dat sy haar 50-jarige kêrel met sy eie krukke vermoor het, het in die Muizenberg-landdroshof verskyn.
Mandela vs. Sexwale kan dalk geskrap word
Die hofgeding tussen die Mandela-familie en Tokyo Sexwale, Bally Chuene en George Bizos kan verder uitgestel word of selfs van die hofrol geskrap word, het die New Age Vrydag berig.
Woord: Brugman
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse woord ‘Brugman’.
Kaapse vrou verduister glo meer as R260 000
Colleen Isaacs (36) van die Kaapse Vlakte wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn slenter beraam het om haar werkgewer se geld te verduister, het Woensdag in die Bellville gespesialiseerde handelshof verskyn.
Gedagte vir die dag: Jesus en Saggeus – onwaarskynlike vriende
Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis…
Minstens 77 dood na trein ontspoor
Minstens 77 mense is dood en 143 beseer nadat ʼn trein Woensdag in die Galicië-provinsie in die noordweste van Spanje ontspoor het.