‘n Opsomming van pres. Jacob Zuma se staatsrede. Suid-Afrika kort drastiese ingryping om die ekonomie ‘n hupstoot te gee en armoede, werkloosheid en ongelykheid te oorkom, het president Jacob Zuma Dinsdagaand in sy staatsrede gesê.
Lees meerAlles vir Dinsdag 17 Junie 2014
Bejaarde op plaas buite Brits doodgeskiet
‘n 69-jarige man is Maandagaand op ‘n plaas in die Mamogalieskraal-omgewing buite Brits in Noordwes doodgeskiet.
Konstabel skiet glo tienerseun dood, wond twee
‘n 29-jarige konstabel van die Noord-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n tienerseun doodgeskiet het en nog twee mense gewond het.
Drie dood, twee beseer na militêre vliegtuig val
Drie mense is dood en twee beseer nadat ‘n militêre vliegtuig naby Lydenburg in Mpumalanga neergestort het.
Hond-sleep: Man verskyn in hof
‘n Wes-Kaapse man wat glo sy hond agter sy motor aangesleep het, het Dinsdag in die Knysna-landdroshof verskyn.
Klank: Amcu gee terugvoer oor platinumooreenkoms
Amcu het terugvoer aan platinumprodusente gegee oor die nuutste loonaanbod in dié bedryf.
Jagtragedie: “Boeties was soos ‘n tweeling”
“Hy is verslae en geskok, die werklikheid het nog nie by hom ingesink nie.” Dit is hoe ʼn familielid ʼn 17-jarige seun se toestand beskryf nadat hy glo in ‘n fratsongeluk sy ouer boetie, Barnie Bamberger (22), naby Ottosdal in Noordwes tydens ‘n jaguitstappie doodgeskiet het.
Puk-debat: ‘Waaroor die geveg gaan en nié gaan nie’
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê daar word talle motiewe toegedig aan diegene wat ten gunste van die huidige bewese suksesmodel by die Noordwes-universiteit se Potchefstroomkampus is, wat wissel van die verafgoding van Afrikaans en selfs rassisme.
Program vir 2015 gunstig vir die Bokke
Die waarskynlike loting vir aanstaande jaar se verkorte Rugbykampioenskap lyk gunstig vir Suid-Afrika, wat twee van net drie toetse op tuisbodem sal speel.
Gevaarlike seekoei in Baberton doodgeskiet
ʼn Seekoeibul is in Baberton naby Nelspruit, Mpumalanga van kant gemaak omdat hy glo ʼn gevaar vir die gemeenskap ingehou het.
10 redes waarom ons vir die Puk veg (en waarvoor ons nié veg nie)
Daar word talle motiewe toegedig aan diegene wat ten gunste van die huidige bewese suksesmodel by die Puk is, wat wissel van rasse-eksklusiwiteit, die uitsluiting van ander en ʼn vasklou aan die verlede tot die verafgoding van Afrikaans en selfs rassisme. Hierdie verskille het nou tot geskille en selfs gevegte ontwikkel, wat tot groot nadeel van die universiteit kan strek. Daarom is dit nodig om duidelik te stel waaroor die geveg by die Puk gaan en nié gaan nie, skryf Flip Buys.
Gemeenskap treur na GPF-held in rooftog sterf
Die Akasia-gemeenskap, noord van Pretoria, is in rou ná Russell McMicken (62), ʼn lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), die naweek doodgeskiet is toe hy op ʼn noodoproep in Amandasig reageer het.
Klank: ‘Staatsrede gaan op armoede, werkskepping fokus’
President Jacob Zuma lewer vanaand sy tweede staatsrede vir vanjaar in die parlement in Kaapstad.
Luister saam met Riaan Cruywagen Vol 2
Verlede jaar is die bekende Afrikaanse nuusleser Rian Cruywagen gevra om ‘n album van sy gunstelingmusiek saam te stel. Hierdie versameling was so gewild dat…
Rampoefening saai paniek by winkelsentrum
ʼn Rampoefening by die Eikestad-winkelsentrum in Stellenbosch in die Wes-Kaap het personeel en inkopiegangers Dinsdagoggend paniekerig gehad.
Knysna-man aangekla oor hy glo hond sleep
‘n Saak van dieremishandeling is teen ‘n man van Knysna aanhangig gemaak nadat hy glo sy hond agter sy motor aangesleep het.
Tienerseun skiet broer dood in jag-fratsongeluk
ʼn Jaguitstappie op Jeugdag het in ʼn nagmerrie ontaard toe ʼn 17-jarige seun glo in ‘n fratsongeluk sy ouer broer, Barnie Bamberger (22), op hul plaas naby Ottosdal in Noordwes doodgeskiet het.
Wals wals Willemien- Laurika Rauch
Dit is nou al vier jaar sedert Laurika Rauch se vorige album, Twee duisend en tien, vrygestel is. Intussen was Laurika die heel tyd besig…
Non se liggaam gevind: ‘Sy was ‘n merkwaardige vrou’
Die 82-jarige non wie se liggaam Maandagmiddag in ‘n stroompie in Nangeni in die Oos-Kaap gevind is nadat sy gekaap is, was suster Mary Paule.
Veldbrande saai verwoesting in KZN
Weghol-veldbrande wat deur stormsterk winde aangehelp is, het die naweek minstens sewe lewens geëis en ʼn pad van verwoesting gesaai.