ʼn Voetganger is laat Vrydagmiddag naby die R25/R50-vierrigtingstop in Bapsfontein deur ʼn bakkie doodgery.
Lees meerAlles vir Vrydag 3 Oktober 2014
Drie Chinese sterf in NW-ongeluk
Drie Chinese toeriste is dood en 15 beseer in ʼn ongeluk in Brits, Noordwes.
Nóg ‘n kragskok vir verbruikers
Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het aangekondig dat Eskom se kragtarief volgende jaar met 12,69% gaan styg.
Opposisiepartye bereid om Zuma hof toe te vat
Opposisiepartye wat van die ad hoc-komitee oor Nkandla onttrek het, het Vrydag gesê hulle is bereid om president Jacob Zuma tot in die konstitusionele hof aan te vat.
Vrystaat se ligte bly vir eers brand
Die elektrisiteit van drie munisipaliteite in die Vrystaat wat Eskom R736 miljoen skuld, gaan nie onmiddellik afgesny word nie.
Goue handdrukke van R13 m. vir SAUK-hoofde
Die belastingbetaler het nagenoeg R13 miljoen opgedok vir goue handdrukke vir twee voormalige SAUK-hoofde.
Resensie: Inboekeling: lekkerleesstorie én stof tot nadenke
Hans du Plessis se jongste roman, Inboekeling, is ‘n lekkerleesstorie én bied stof tot nadenke, skryf Susan Lombaard.
Bloem-bejaarde vir selfoon en R150 aangerand
Anne Els (75) word in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein behandel nadat sy Donderdag erg in haar huis in Universitas aangerand is.
Video: “Poskantoor”: die eerste Afrikaanse opera van die 21ste eeu
Komedie, tragedie, liefde en ʼn paar kinkels – dit is Poskantoor; ʼn komiese opera wat boonop in Afrikaans is!
Ma wat glo kinders vermoor se saak uitgestel
ʼn Suid-Afrikaanse ma wat daarvan beskuldig word dat sy haar drie jong gestremde kinders in Engeland vermoor het, sal weer later die maand in die hof verskyn.
Oom Boy Louw se ‘oorlog’ skuif na Ellispark
Toe die All Blacks in 1949 op die eerste na-oorlogse toer hier aankom, het Oom Boy Louw gewaarsku: “Wanneer Suid-Afrika teen Nieu-Seeland speel, is dit oorlog.” Die spel het intussen heeltemal verander en daar word ook nie meer getrap en vuisgeslaan nie, maar Oom Boy se woorde geld steeds.
AfriForum wil hof toe oor Vrystaat-elektrisiteit
AfriForum het Vrydag gesê hy berei voor vir ʼn hofsaak oor munisipale skuld aan Eskom. Die kragvoorsiener beplan om Vrydag die kragtoevoer na Ngwathe-, Dihlabeng- en Maluti-a-Phofung-munisipaliteite af te sny totdat hulle hul skuld van R736 miljoen terugbetaal het.
Boek: My soek-en-vind-Bybel
In My soek-en-vind-Bybel sal kinders hulle gunsteling Bybelstories beleef in ’n wêreld van kleur en detail deur fantastiese, helder kunswerk.
Pous of Poetin vir Nobel-vredeprys?
Die aandag verskuif na die Nobel-vredeprys vir 2014 se bekendmaking volgende Vrydag terwyl dit wêreldwyd gons oor die wegneem van die 14de beraad van Nobelvredepryswenners van Kaapstad na die Dalai Lama se visum-debakel.
Gauteng-rooftogte: PTA-man geskiet toe hy vir rowers ligte flits
ʼn 40-jarige motoris is Donderdagmiddag in Pretoria geskiet toe hy sy motor se ligte geflits het vir ʼn motor, wat in spitstyd onverskillig gery het.
Nuuskommentaar: Goeie nuus: ’n Oop hart en hand vir ander hê
Sou dit nie wonderlik wees as ons die koerante opslaan en dit is behoorlik volgeprop met goeie nuus nie? Lees gerus wat skryf Herman Toerien oor wat jy kan doen om meer goeie nuus te verseker.
Phiyega het wanbegrip van Barnard-hofuitspraak
Die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, het ʼn wanbegrip van die onlangse uitspraak van die konstitusionele hof in die Renate Barnard-saak, het die vakbond Solidariteit vandag gesê.
Woord: weids
‘n Weidse uitsig, weidse praal, weidse kleredrag… Lees vandag se Taaltoffie vir meer oor dié woord wanneer jou asem sommer wegslaan van grootsheid.
Vier pasiënte sterf in Nkandla-ongeluk
Vier vrouens is in Nkandla, KwaZulu-Natal dood nadat ʼn bus wat pasiënte van een hospitaal na ʼn ander vervoer het, in ʼn ongeluk betrokke was.
Redakteursbrief: Gelukkige Nederlandse kinders en hul geheime
Susan Lombaard sê daar is lesse te leer by die Nederlanders in die manier hoe hulle hul kinders en huisgesinne bestuur.