Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Die eerste drie plekke bly dieselfde as verlede week, en die enigste snit wat tot die eerste…
Lees meerAlles vir Sondag 5 Oktober 2014
SANParke begin renosters opveil
SANParke het ʼn advertensie in die Sunday Times geplaas waarin hulle mense vra om te bie op hul witrenosters as deel van hulle renosterbestuurstrategie.
Man se lyk op strand gekry
ʼn Man se liggaam is op ʼn strand naby Hibberdene aan die KwaZulu-Natalse suidkus gevind.
Standerton-ongeluk: Taxibestuurder vas
Die taxibestuurder wat betrokke was in ʼn botsing in Standerton in Mpumalanga wat die lewens van 11 mense geëis het, is in hegtenis geneem aangesien hy glo ʼn vervalste bestuurslisensie het.
Vier geskiet by musiekfees in Alberton
Vier mense is Saterdag geskiet en gewond by ʼn musiekfees in Alberton aan die Oos-Rand.
Hospitaal-veiligheidswag met mes doodgesteek
ʼn Veiligheidswag is by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto met ʼn mes doodgesteek, het die polisie in Gauteng Sondag gesê.
Video: Kyk wat gebeur wanneer die olifantjie omval
ʼn Video wat wys hoe ʼn olifantjie omval en ‘n groep groot olifante haas om hom te help, word wyd op sosiale media versprei.
Man vas ná hy glo gestremde verkrag
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn gestremde vrou verkrag het in Willowvale in die Oos-Kaap.
Zuma dalk geroep om by Nkandla-verhore te getuig
President Jacob Zuma kan geroep word om te getuig tydens die departement van openbare werke se tugverhore rakende die opgraderings aan Nkandla, berig die Sunday Independent.
Drie sterf in Vereeniging-ongeluk
Drie mense is dood nadat ʼn motor en ʼn vragmotor in Vereeniging gebots het.
Poemas breek die ys
Die ys is, baie voorspelbaar, vir Argentinië gebreek. Die Poemas het Sondagoggend (SA tyd) sy eerste oorwinning in 18 probeerslae in die Rugbykampioenskap behaal toe hy die Wallabies in Mendoza 21-17 geklop het.
TB Joshua stuur kos, “gesalfde water” vir SA-families
Die Nigeriese prediker TB Joshua het ʼn span mense na Suid-Afrika gestuur om geld, “gesalfde water” en mieliemeel te vat vir die gesinne van die slagoffers van die ineenstorting in Lagos, het die Sunday Times berig.
Namibië wil vernederende babaname verban
ʼn Namibiese gebruik om babas vernederende name soos “shame on you” te gee kan dalk binnekort iets van die verlede wees.
Vier sterf in KZN-ongeluk
Vier mense is dood en agt mense is beseer nadat ʼn minibus en ʼn motor Saterdagaand op die R102 naby Mandini, KwaZulu-Natal gebots het.
Amerikaanse kameraman met ebola “in goeie luim”
Die ouers van ʼn Amerikaanse vryskutkameraman wat met ebola gediagnoseer is, het gesê hulle seun is in goeie luim.
Seun sien pa se gru-motorfietsongeluk
ʼn Man, in sy 50’s, is in ʼn kritieke toestand nadat hy Saterdagaand in ʼn gru-motorfietsongeluk was in Bloemfontein in die Vrystaat.
Anti-apartheid aktivis steun Woolworths-boikot
Die anti-apartheid aktivis Denis Goldberg het sy steun toegesê aan ʼn veldtog om Woolworths se winkels te boikot oor die maatskappy se handelsbetrekkinge met Israel ná die oorlog in Gasa waartydens meer as 2 000 Palestyne dood is.
Gedagte vir die dag: Herlaai jou batterye
As ons hoop op dit wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. (Rom 8:25)