Nat en koel weerstoestande word Donderdagmiddag vir groot dele van die land voorspel.
Alles vir die maand November 2014
Reis: Vlieg met FlySafair
Marianne vertel jou van haar aangename ervaring met die nuwe laekostelugredery, FlySafair.
Steve se ‘apartheid-twiet’ het nie swart mense aanstoot gegee nie, hoor hof
Steve Hofmeyr se twiet dat swart mense die argitekte van apartheid was, het nie swart mense aanstoot gegee nie, het die Randburg-landdroshof Donderdag gehoor.
Foto’s en video: Vloede in Bloemfontein
Die hemel het Donderdagmiddag behoorlik sy sluise oopgemaak en kitsvloede in Bloemfontein in die Vrystaat veroorsaak.
Koch het Hofmeyr belaster, hoor hof
Conrad Koch en sy buikspreekpop Chester Missing het die sanger Steve Hofmeyr aangeval en belaster op sosiale media, het die Randburg-landdroshof Donderdag gehoor.
Die Belhar-debat: Kul bietjie hier, kul bietjie daar en siedaar!
Hierdie artikel deur Jean Oosthuizen is deel van Maroela Media se reeks uiteenlopende artikels oor die Belhar-debat.
SA man moor glo eksvrou in Nieu-Seeland
ʼn Suid-Afrikaner is in Nieu-Seeland van moord en poging tot moord aangekla nadat ʼn vrou vermoor is en haar dogter en dié se kêrel met ʼn mes gesteek is.
‘Ons moet saamstaan in kragkrisis’
Die vakbond Solidariteit het Donderdag, te midde van Eskom se aankondiging dat kragvoorsiening die naweek onder druk sal wees, ʼn openbare beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om saam verligting te help bring vir die heersende krisis rondom elektrisiteitsvoorsiening.
Koch bring handpop saam hof toe
Die komediant en buikspreker Conrad Koch het Donderdag met sy handpop Chester Missing by die Randburg-landdroshof opgedaag om die sanger Steve Hofmeyr se interim beskermingsbevel teen hom teen te staan.
Woord: bakgat
As mens die verduideliking lees waar die woord “bakgat” vandaan kom, verstaan mens waarom dié woord as “plat” beskou word.
OG was onbewus van Nkandla-uitgawes
Bewyse van grootskaalse wanbesteding by die Nkandla-bouprojek is van die ouditeur-generaal weerhou, het Beeld Donderdag berig.
Cell C-banier weer verander
Die Cell C-banier wat deur ʼn ontevrede kliënt by ʼn winkelsentrum in Johannesburg opgerig is, is weer verander, het The Star Donderdag berig.
Nuuskommentaar: Om dankie te sê
Of ’n mens nou saamstem met die Amerikaanse gebruik van Thanksgiving of nie, die gebruik is tog ’n herinnering aan ons om bietjie te besin oor waarvoor ons rede het om God te dank.
Kinders glo alleen, sonder kos
Twee kinders, twee en vier jaar oud, is deur die polisie en maatskaplike werkers verwyder nadat hulle alleen in ʼn huis in Mecklenburg, Limpopo gevind is.
Studente kry borgtog ná aanranding
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Delia Adonis, ʼn skoonmaker, aangerand het, is op borgtog vrygelaat.
Foto: Vrystaat-ongeluk eis drie
Drie mense, waaronder ʼn negejarige seun, is Woensdag dood nadat die bakkie waarin hulle gery het verskeie kere op die N6 naby Smithfield in die Vrystaat gerol het.
Aussie-kolwer Phil Hughes oorlede
Die Australiese krieketster wat geveg het om sy plek in die Aussies se toetsspan te herwin, Phil Hughes, is in ’n hospitaal in Sydney oorlede.
Man doodgeskiet ná hy polisie aanval
ʼn 22-jarige man is in Amalia, Noordwes, doodgeskiet nadat hy polisiebeamptes glo herhaaldelik met ʼn mes aangeval het.
Conrad Koch in die hof oor Steve Hofmeyr se beskermingsbevel
Die komediant en buikspreker Conrad Koch sal Donderdag die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr se interim beskermingsbevel teen hom in die Randburg-landdroshof teenstaan.
Die ANC is in die moeilikheid – Zuma
President Jacob Zuma het Woensdag erken dat die ANC geskud is en in die moeilikheid is.