ʼn Kaal man het Maandag met sy motor in ʼn werkswinkel in Pinetown in KwaZulu-Natal vasgejaag.
Alles vir die maand November 2014
Departement sal “geen-fooi”-skool ondersoek
Die departement van onderwys in Gauteng het Maandag met ʼn ondersoek begin oor ʼn skool in Centurion wat nie enige skoolfonds hef nie, maar ʼn leerling geskors het omdat sy nie skoolfonds kon betaal nie.
15 000 Kuruman-skoliere moet grade herhaal
Meer as 15 000 leerlinge tussen Graad R en Graad 11 in Kuruman in die Noord-Kaap gaan volgende jaar hul graad moet herhaal, het die departement van basiese onderwys Maandag gesê.
Oud-Springbok Tinus Linee oorlede
Die oud-Springbok en WP-senter Tinus Linee (45) is Maandagoggend ná ʼn stryd teen motorneuronsiekte (MNS) oorlede.
Dwelms en diamante gekonfiskeer by Lesotho-grens
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Maandag gesê hulle het die afgelope week beslag gelê op diamante, dwelmmiddels en gesteelde voertuie by die Lesotho-grens in die Vrystaat.
Eskom was glo bewus van probleme met silo
Eskom was glo al sedert Januarie vanjaar bewus van strukturele probleme van die steenkoolsilo wat Saterdag by sy Majuba-kragstasie in Mpumalanga inmekaargestort het.
WAT Woord van die Week: reikhalsend
Die WAT Woord van die Week is “reikhalsend”
Video: Leeudoringstad-plaasmoord: Boer ter ruste gelê
Die gemeenskap van Leeudoringstad in Noordwes is in rou gedompel ná die moord op Johan Janse van Rensburg, ʼn bekende boer van die omgewing.
Seun pleeg selfmoord by PTA-laerskool
Marnus Vorster, ʼn 12-jarige leerling aan die Gereformeerde Gekombineerde Skool Dirk Postma in Pretoria se Moot-omgewing, het Maandagoggend by die skool selfmoord gepleeg.
Kaapstad-man dalk ontvoer
Die polisie ondersoek ʼn vermistepersone-saak nadat Brent Danford (29) van Kirstenhof in Kaapstad moontlik oor die naweek ontvoer is.
Drie studente vas vir TUT-moord
Drie studente van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) is in hegtenis geneem nadat ʼn medestudent Saterdagaand by Soshanguve-kampus, noord van Pretoria, met ʼn mes doodgesteek is.
Redakteursbrief: Waar is goeie Afrikaanse advertensies heen?
Wat het van goeie Afrikaanse reklame geword? wil Susan Lombaard weet.
Taxibestuurder deur taxi doodgery
ʼn Taxibestuurder is Maandagoggend dood nadat hy deur ʼn ander taxi in Randburg getref is.
Nuuskommentaar: Die Steve-faktor
Teen dié tyd is dit nog net bekend wat Steve Hofmeyr self getwiet het, en wat hom so ’n storm (en na berig word talle doodsdreigemente) op die hals gehaal het. Oor watter agterna-verduidelikings wel regstreeks aan Steve toegeskryf kan word, en watter kwaadwillig opgemaak en versprei word om die teerput dieper te maak, is al ’n onbegonne taak.
Jong rugbyspelers beroof
ʼn Groep skoolseuns is waardevolle items soos tabletrekenaars en selfone kwyt nadat hul skoolbus tydens ʼn rugbywedstryd by Kings Park-stadion in Durban, KwaZulu-Natal beroof is, het The Mercury Maandag berig.
Geen beurtkrag vir Maandag beplan
Eskom het aangekondig dat daar landswyd na verwagting geen kragonderbrekings sal voorkom weens die steenkoolsilo wat by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga ineengestort het nie.
Waarskuwings vir kitsvloede uitgereik
Weather SA het Maandag gewaarsku dat swaar reën vir die volgende twee dae in verskeie provinsies verwag kan word wat moontlik tot kitsvloede kan lei.
‘Dronk’ man ry vierjarige dood
ʼn Vierjarige meisie is Sondagaand buite ʼn erf in Johannesburg dood nadat sy deur ʼn afleweringswa getref is.
Priester sterf tydens diens
ʼn Priester van Phoenix in KwaZulu-Natal is Sondag dood terwyl hy ʼn biddiens op ʼn hoë platform by ʼn tempel begelei het.
Maroela Media Top 20 3 November 2014
Hier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek. Dit moes een of ander tyd gebeur; Steve Hofmeyr het die eerste plek oorgeneem met sy…