Die landboubedryf in die Wes-Kaap is weer onder die vergrootglas en wrywing tussen boere, vakbonde en politieke partye neem toe. Maar in De Doorns is daar minstens een boerdery wat hom min steur aan hernieude arbeidsgeskille en politiekery.
Alles vir die maand November 2014
Nuuskommentaar: Kom ons om, so kom ons Eskom
Die domino-effek van ’n onbetroubare kragvoorsiener is veel groter as wat gewoonlik besef word.
Video: Gehoorapparate aan behoeftige gehoorgestremdes oorhandig
‘n Groep gehoorgestremdes se lewens het ingrypend verander nadat gehoorapparate aan hulle geskenk is.
Uitdrukking: As my skip kom
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “As my skip kom”.
Resep: Jogurtbroodjie
Eenvoudige resep vir die heerlikste jogurtbroodjie.
Pick n Pay heroorweeg borgskap van musiekfees
Pick n Pay het gesê hy sal sy toekomstige borgskap van Afrikaans is Groot heroorweeg na aanleiding van Steve Hofmeyr se onlangse uitlatings op Twitter oor apartheid.
Linkses skeur langs ideologiese krake
Die aankondiging van die metaalwerkersvakbond Numsa dat hulle ʼn politieke party gaan stig, het ʼn opskudding aan die politieke linkerkant veroorsaak, skryf Flip Buys.
Numsa hof toe om Cosatu-vergadering te keer
Numsa het ʼn dringende aansoek by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien om ʼn interdik te kry om Cosatu se vergadering van sy sentrale uitvoerende komitee Vrydag te verhoed.
Pensioenaris met das gewurg
ʼn 66-jarige man van Heidelberg, Gauteng is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal in Pretoria nadat hy Sondag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisbraak aangerand en verwurg is.
Boek: Hoor die hartklop van God
Wat ’n wonderlike voorreg is dit nie om elke dag die Woord van God te hoor nie! Hoor die hartklop van God deur die gewilde Andries Enslin is ’n samestelling oordenkings sodat lesers elke dag ’n boodskap van God kan hoor.
“Moratorium” op plaasuitsettings “nie-afdwingbaar”
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa se beroep vir ʼn “moratorium” op alle plaasuitsettings is ongewens, onprakties en nie afdwingbaar nie, het Agrisektor-eenheidsforum (Asuf) gesê.
Renosterstroper in KZN geskiet
ʼn Vermeende renosterstroper is Maandagmiddag in die Phinda-wildreservaat in Hluhluwe, KwaZulu-Natal geskiet en gewond.
Nuuskommentaar: Amerika ruk op na die stembus en dit raak ons
Die wêreld het ʼn baie groot belang by wat vandag in die midtermynverkiesing in Amerika gebeur – insluitend Suid-Afrika, skryf Herman Toerien.
Soutwater- Bok van Blerk
Hier is Bok van Blerk se nuwe treffer, Soutwater, uit die nuwe rolprent Leading lady.
Uitspraak in Arno Carstens se dronkbestuursaak verwag
Die landdroshof in Kaapstad sal na verwagting Dinsdag uitspraak lewer in die sanger Arno Carstens se saak nadat hy van dronkbestuur aangekla is.
Kragonderbreking in JHB
ʼn Tegniese fout by die Prospect-substasie het Maandagaand tot onbeplande kragonderbrekings in Johannesburg gelei.
Vermoorde TUT-student was eerstejaar
Die student wat Saterdagaand met ʼn mes doodgesteek is by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se Soshanguve-kampus, noord van Pretoria, was in sy eerste jaar.
EFF: ‘Malema het nie vuurwapen op veiligheidswag gerig’
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het nie ʼn veiligheidswag aangerand of ʼn vuurwapen op hom gerig nie, het die party Maandag gesê.
Gedagte vir die dag: Alhoewel; nogtans
Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. (Hab 3:17-18)
Video: Kyk hoe stort Eskom-silo ineen
Maroela Media het beeldmateriaal bekom van die begin van die ineenstorting van ʼn steenkoolsilo by Eskom se Majuba-kragstasie in Mpumalanga Saterdag.