Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, se aansoek om sy skorsing te daag, is Vrydag in die arbeidshof in Johannesburg van die rol geskrap.
Alles vir die maand Maart 2015
Standerton-rowers bly in aanhouding
Vier verdagtes wat danksy ʼn dapper huisvrou van Standerton in Mpumalanga op heterdaad betrap is, bly in aanhouding, het @inkMedia, ʼn plaaslike mediahuis, berig.
Man beseer in trekker-ongeluk
ʼn 31-jarige man is Vrydagmiddag beseer toe twee motorvoertuie sy trekker in Nelson Mandelarylaan in Bloemfontein in die Vrystaat getref het.
35 beseer in Limpopo-ongeluk
Minstens 35 persone is Vrydag op die R101 by die Sebediela-afrit in Limpopo beseer toe ʼn bus en ʼn vragmotor mekaar getref het.
Gedagte vir die dag: Meer as Bybellees en bid
Gee ons vandag ons daaglikse brood. (Matt 6: 11)
Video: Toerbus ingesluk, uitgespoeg
Merkwaardige beeldmateriaal van ʼn toerbus wat in ʼn sinkgat val en dan weer in die rivier uitgespoeg word, is op YouTube gelaai.
Petrolprysverhoging aangekondig
Die departement van energie het Vrydag ʼn petrolprysverhoging vir April aangekondig.
Ikeys-senaat wil Rhodes-beeld verwyder
Die senaat van die Universiteit van Kaapstad het Vrydag in ʼn oorgrote meerderheid ten gunste van die verwydering van Cecil Rhodes se standbeeld van die kampus gestem.
56 kinders vir voedselvergiftiging behandel
Altesaam 56 kinders is Vrydag na hospitale in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal geneem nadat hulle vermoedelik by die skool voedselvergiftiging opgedoen het.
Plaasaanval: Beloning aangebied ná bejaarde se moord
Die polisie van Stormsrivier in die Oos-Kaap het R10 000 as beloning aangebied vir enige inligting wat tot die suksesvolle vervolging van Corrie Claase (70) se moordenaars kan lei.
ToekomsVenster: God is vas en dinamies
God is beide vas en dinamies, beslis maar ook plooibaar.
Luister: Kookboek inspireer jou om lekker kos, wat ook gesond is, voor te berei
Gesond eet mag nooit vervelig wees nie. Dit is die filosofie van dr. Michael Mol en John Berry wat vroeër dié maand saam ʼn inspirerende kookboek bekendgestel het.
Alpe-vliegramp: Medevlieënier had psigiatriese probleme
Volgens berigte wat nou die wêreldmedia haal, blyk dit dat die medevlieënier van die Germanwings-vliegtuig, wat glo die vliegtuig doelbewus in die suide van Frankryk laat neerstort het, ’n lang geskiedenis van psigiatriese probleme gehad het.
Video: SA se mooiste vrou kuier by gevangenis
Mejuffrou Wêreld, Rolene Strauss, het die Leeukop-gevangenis in Johannesburg naby Soweto as deel van haar “Beauty with a Purpose”-veldtog besoek.
Westbury-skietery: Khakhu sit lank
Lindray Khakhu is Vrydag lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op die driejarige Luke Tibbetts van Westbury in Johannesburg.
Stres en uitbranding by ouers in die tuisonderrigsektor
Tuisonderrig kan baie druk op ’n ouer plaas, wat tot hoë stresvlakke en uitbranding kan lei. Navorsing deur Moore, Lemmer en Van Wyk (2004) het hierdie negatiewe gevolge van tuisonderrig ondersoek. Hulle het bevind dat veral assessering en die prestasie van hul kinders grootliks tot ouers se hoë stresvlakke bydra.
Twee sit lank vir moord op polisieman
Twee mans van KwaZulu-Natal is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hulle ʼn polisiebeampte en nog ʼn man vermoor het.
Man, vrou sterf in botsing
ʼn Man en ʼn vrou is Vrydag dood toe ʼn motorfiets teen ʼn voertuig gebots het in Sir Lowryspas naby Gordonsbaai in die Wes-Kaap.
Yorkies in haglike toestande by Pta-‘agterplaasteler’ aangetref
Die Tshwane Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Donderdag op talle honde van ʼn “agterplaasteler” in Kameeldrift, noordoos van Pretoria, beslag gelê. Die meeste van dié honde moes van kant gemaak word nadat hulle glo in haglike toestande aangehou is.
Oupa vas na hy glo kleindogter (7) verkrag
ʼn 67-jarige man verskyn Vrydag in die Bloemfontein-landroshof op aanklag dat hy sy sewejarige kleindogter verkrag het.