ʼn Rower is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy deur ʼn hond verskeur is toe hy by ’n huis in Boshoek naby Rustenburg in Noordwes ingebreek het.
Lees meerAlles vir die maand Mei 2015
Luukse nuwe huis vir Panayiotou
Terwyl die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou verlede week steeds in aanhouding in die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth was, het hy die eienaar van ʼn luukse nuwe huis geword.
Dubbel-oorwinning vir Comrades-vrouewenner
Die Suid-Afrikaner Caroline Wostmann het Sondag as wenner van die Comrades-vrouewedloop uit die stryd getree.
Suid-Afrikaner wen Comrades 14 jaar ná sy broer
Gift Kelehe (33) het Sondag sy heel eerste Comrades-marathon in ʼn tyd van 5:38:35 gewen.
Limpopo-pa hang kleuter en toe homself
ʼn Pa van Bela-Bela in Limpopo het glo sy vierjarige seuntjie gehang voordat hy selfmoord gepleeg het.
Man dood ná aanval op Noordwes-kleinhoewe
ʼn 60-jarige man is Saterdag dood toe hy in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe buite Brits in die Noordwes aangeval is.
Polisieman gewond tydens roof, kaping in Bloemfontein
ʼn Polisieman moes Saterdag geopereer word nadat hy tydens ʼn gewapende roof in Heidedal in Bloemfontein gewond is.
Koerant verduidelik oor ‘foutiewe’ Trevor Noah-berig
Sunday Times het Sondag gesê ʼn berig oor die beweerde moord op ʼn familielid van bekende komediant Trevor Noah moes nie in die “toestand waarin dit was” in daardie stadium gepubliseer gewees het nie.
Video: Hoe om ‘water in wyn te verander’
Hierdie video wys jou hoe om “water in wyn te verander”. Wyn-entoesiaste moet egter nie te opgewonde raak nie – dit is bloot slim wetenskap wat hier gebruik word!
UJ en polisie stamp koppe oor betogingstatistiek
ʼn Navorsingspan van die Universiteit van Johannesburg (UJ) het bewerings deur die polisie ontken dat hy inligting gemanipuleer het in ʼn poging om ʼn begrotingsverhoging vir onluste-beheer te verhoed.
Man steek slapende vrou aan die brand; twee dood
’n Hooggeplaaste ANC-politkus van die Noord-Kaap het ernstige beserings opgedoen toe haar man haar en die vertrek waarin sy lê en slaap het Saterdag aan die brand gesteek het.
Rolprentspan kry voedselvergiftiging in Pretoria
Minstens 26 mense moes Saterdag behandel word nadat hulle voedselvergiftiging opgedoen het op ʼn rolprentstel in Pretoria.
Gedagte vir die dag: Om God te sien
Gelukkig is almal wie se lewe van binne af nuut geword het. God sal sorg dat hulle Hom met hulle eie oë sien. (Matt 5:8)
Polisie op soek na bedrieër in Rustenburg
Die polisie in Rustenburg, Noordwes, is op soek na ʼn man genaamd mnr. Moropa wat ʼn paar mense in Rustenburg en omgewing bedrieg het onder die voorwendsel dat hy vir hulle werk het by myne in die omgewing.
Parys gaan liefde-slotjies afhaal
Die stadsraad in Parys, Frankryk, gaan die slotte wat toeriste op die Pont des Arts-brug vasgemaak het om hul ewige liefde te verklaar, verwyder.
Groot aardbewing naby Japan; geen tsunami-waarskuwing
ʼn Sterk, maar diep aardbewing het Japan se Ogasawara-eilande getref, maar die owerhede het gesê daar is nie ʼn risiko vir ʼn tsunami nie.
Goudhandel-sindikaat in Kempton Park oopgevlek
Die Valke het Saterdag gesê hulle is steeds op soek na ʼn derde verdagte in verband met ʼn onwettige goudmynsindikaat ter waarde van meer as R400 miljoen.
Bekende wildboer sterf in helikopterongeluk
ʼn 50-jarige man is dood en sy 42-jarige vrou en hul 13-jarige seun is beseer nadat ʼn helikopter Saterdagoggend in Delareyville in Noordwes neergestort het.
Moontlike appèl teen Derby-Lewis-uitspraak
Die ministerie van justisie sal ondersoek instel of hy enige gronde het om teen die hooggeregshof se besluit om mediese parool aan Clive Derby-Lewis toe te staan, te appelleer.
Herrie oor ‘ontydige’ huweliksaanbod
ʼn Foto van ʼn huweliksaanbod veroorsaak ʼn herrie op sosiale media omdat dit tydens ʼn ander paartjie se troue gebeur het.