ʼn 85-jarige vrou van KwaZulu-Natal wat al nege jaar bedlêend is as gevolg van ʼn mislukte rugoperasie, se grootste wens is Donderdag bewaarheid toe sy weer die see kon sien.
Lees meerAlles vir Vrydag 15 Mei 2015
Drie wou glo 14-jarige vermoor
Drie mans, wie se beweerde plan om ʼn 14-jarige seun te vermoor glo in die wiele gery is toe hulle ʼn ander man doodgeskiet het, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.
Ondersoek afgehandel oor skoliere wat ná pouse sterf
Die polisie in Gauteng het Vrydag bevestig die ondersoek oor die drie skoliere wat verlede jaar by Emma Primary School in Winterveldt, noordwes van Pretoria, gesterf het, is afgehandel.
Eskom-hoof vra om verskoning vir Soweto-inwoners
Brian Molefe, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het Vrydag om verskoning gevra aan inwoners van Soweto vir ʼn uitgerekte kragonderbreking wat tot ʼn betoging in die gemeenskap gelei het.
Durban-ongeluk eis 2; nege skoliere beseer
Twee eThekwini-munisipale kontrakwerkers is dood en ʼn derde kritiek beseer toe ʼn bakkie hulle Vrydag in Durban, KwaZulu-Natal, langs die pad getref het.
ToekomsVenster: Leef verantwoordelik
In die lewe met sy teëspoed gee God ook aan ons brood en wyn. Dis soos padkos. Dis God se voorsmaak, se voorgereg op die groot fees wat vir ons wag. En dit gee ons moed om aan te hou lewe!
Verlies aan bewerkbare landbougrond is ‘wesenlike bedreiging’
Die verlies aan bewerkbare landbougrond is uitgelig as ʼn wesenlike bedreiging vir volhoubare voedselproduksie en -veiligheid.
Twee SA mans dood gevind in VSA-hotel
Die liggame van twee Suid-Afrikaanse mans is in verskillende kamers gevind in ‘n hotel in Springfield in die Amerikaanse deelstaat Missouri.
Swaar vonnis vir twee wat non verkrag, vermoor
Die twee mans wat skuldig bevind is aan die verkragting van en moord op ʼn 86-jarige non is albei Vrydag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Foto’s: Drie sterf in gru JHB-botsing
Drie mense is dood en nege beseer, waaronder drie kritiek, nadat ʼn minibustaxi Vrydag in Johannesburg omgeslaan en gerol het.
Video: Pitch Perfect-aktrise praat ook Afrikaans
Rebel Wilson, een van die aktrises in die fliek, Pitch Perfect wat vandag landswyd begin draai, het in ʼn onderhoud gespog met haar Afrikaanse woordeskat.
Motorfietsryer geskiet, beroof
ʼn Motorfietsryer is Donderdagaand in Johannesburg geskiet en beroof terwyl hy vermoedelik by ʼn verkeerslig stilgehou het.
Noord-Kaapse premier in hof oor haatspraak
Die Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, sal volgende week in die gelykheidshof in Upington verskyn op aanklag van haatspraak.
Springbok-man vas na hy glo seuns verkrag
ʼn 35-jarige man van die Noord-Kaap is in hegtenis geneem op aanklagte wat met kinderpornografie verband hou, asook die seksuele aanranding en verkragting van seuns.
Man geopereer ná seekoei-aanval
Die man wat Sondag in die Pilanesberg Nasionale Park deur ʼn seekoei aangeval is, sal ten minste nog ʼn week in die hospitaal moet deurbring.
Blues-legende BB King sterf in Las Vegas
Die bekende Blues-musikant BB King het in die ouderdom van 89 in Las Vegas, Amerika, gesterf.
Woord: inkoejawel
Taaltoffie ondersoek die woord “inkoejawel” wat “sleg, vrotsig” beteken. “Moenie jou so inkoejawel gedra nie!” Lees meer in vandag se Taaltoffie.
Dogtertjie sterf ná pa haar in kar los
ʼn 16 maande oue babadogtertjie van Florida in die VSA is dood nadat haar pa glo vergeet het om haar by dagsorg af te laai en in die motor gelos het.
Suid-Afrikaanse Immigrasiewet: Persone onder 18 wat na en van Suid-Afrika reis
Die nuwe vereistes vir addisionele dokumentasie vir kinders onder die ouderdom van 18 jaar wat na en van Suid-Afrika reis, sal op 1 Junie geïmplementeer word.
88 000 tabletrekenaars uit Gauteng-skole onttrek
Die departement van onderwys in Gauteng sal 88 000 tabletrekenaars uit die provinsie se skole onttrek uit vrees dat die elektronika gesteel sal word.