Destin Sandlin, die gebruiker Smarter Every Day op YouTube, het agt maande geneem om te leer hoe ʼn agterstevoorom fiets te ry.
Lees meerAlles vir Donderdag 21 Mei 2015
Foto’s: Vliegtuig stort neer met ton kokaïen aan boord
ʼn Privaat vliegtuig wat meer as ʼn ton kokaïen wou smokkel, het Woensdagoggend in die Karibiese See in die noorde van Colombia neergestort.
73-jarige verdrink in Virgin Active-swembad
ʼn 73-jarige man het Donderdag in die swembad by die Westville Virgin Active in KwaZulu-Natal verdrink.
Franschhoek-moord: Inspeksie ter plaatse op wynlandgoed
‘n Verwarmer het ‘n sleutelrol gespeel in die verhoor van Johan du Toit wat vermoedelik sy vrou bykans vyf jaar gelede op ‘n bekende wynlandgoed vermoor het.
Video: Byeboer gaan Comrades agteruit hardloop
Dis weer amper tyd vir die moordende Comrades-marathon. En asof dit nie ‘n groot genoeg uitdaging is nie, het ‘n byeboer van Johannesburg besluit hy gaan die wedloop agteruit hardloop.
Vermiste Kapenaar dood aangetref in Houtbaai-huis
Wayne Greer wat Sondag uit Vredehoek in Kaapstad verdwyn het, is dood aangetref in ʼn huis in Houtbaai.
Byna-verdrinking: Aiden oorlede
Aiden Roberts, die 18 maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga wat twee weke gelede byna in ʼn swembad verdrink het, is Donderdagmiddag oorlede.
ToekomsVenster: Die dissipline van skuldbelydenis
Skuldbelydenis is een van die wonderlikste gawes wat God aan ons gegee het.
Nuwe kykNET-vasvraprogram: Op die spel
kykNET se splinternuwe spel-speletjie, Op die Spel, is op soek na deelnemers!
Die ware storie agter Eldoradopark se ‘gesteelde trappe’
Vier gesinne van ʼn woonstelblok in Eldoradopark, Johannesburg, moet daagliks lere gebruik om toegang tot hul woonplekke op die eerste en tweede vloer te kry terwyl hulle wag dat nuwe trappe opgerig word.
‘Panayiotou het R70 000 betaal om Jayde te laat vermoor’
Christopher Panayiotou (28) het glo R70 000 betaal om sy vrou, Jayde, te laat vermoor, het die Port Elizabeth-landdroshof Donderdag gehoor.
Bejaarde man verdrink glo in gimnasiumswembad
ʼn 73-jarige man het Donderdagoggend in die swembad van Westville Virgin Active in Durban vermoedelik verdrink.
E-tol: Jou regte as motoris
Die jongste aankondiging van die regime se sogenaamde wysigings aan die e-tolstelsel bevat verskeie ‘bangmaakelemente’ wat daarop gemik is om die verbruikersweerstand teen die aanvaarding van die stelsel finaal te knak, skryf Bernard K Hellberg.
Gewapende rowers slaan toe op grenspos na Botswana
Drie gewapende rowers het Woensdag in die vroeë oggendure probeer om ʼn buitelandse valutahouer by die Ramatlabama-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana te beroof.
Luister: Hou God in Skole-fietstoer bereik halfpadmerk
Ds. Henk Stavast en Derik Francis, die twee manne wat ‘n fietstoer deur Suid-Afrika aangepak het om bewusmaking rondom die behoud van godsdiens in skole te skep, is nou in die Kaap en het Woensdag die halfpadmerk van die fietstoer bereik.
Talle skoolkinders in Bloem-hospitale opgeneem
Meer as 45 kinders is Donderdag na verskeie hospitale in Bloemfontein geneem vir behandeling nadat hulle almal siek geword het.
Nuuskommentaar: Die doofpot
Dit laat die regering ongemaklik voel dat hy skynbaar so stief deur die media behandel word. Dit lyk egter nie of die regering bereid is om verhoudinge te verbeter deur meer deursigtig en verantwoordbaar te wees, en die media toe te laat om sy waghondfunksie na behore te vervul nie.
Meer as 12 000 vas ná KZN-klopjagte
Meer as 12 000 verdagtes is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem as deel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Operasie Fiela, ʼn veldtog wat daarop gemik is om onwettige aktiwiteite stop te sit.
As die skoen jou pas, is iets dalk uit jou handsak weg
Die polisie het vroue-inkopiegangers gewaarsku om bewus te wees van ʼn slenter wat veral tans in die ooste van Pretoria kop uitsteek.
Taalgebruik: Van toeka tot nou
Taaltoffie stel ondersoek in oor die gebruik van woorde soos “toentertyd”, “toeka” en “toenmalig”