Tien mans is Vrydag in hegtenis geneem vir onwettige visvang, nadat vis ter waarde van miljoene rande in hul besit gevind is.
Alles vir die maand Augustus 2016
Botswana waarsku SA-toeroperateurs oor k-woord
“Enige buitelanders wat hulle hieraan skuldig maak, sal aangekla en uitgelewer word.”
Patoloë nie eens oor hoe Susan Rohde sterf
Die Stellenbosch-landdroshof het Vrydag twee weergawes gehoor van die oorsaak van Susan Rohde se dood.
Talle in Suid-Kaap vir varkgriep behandel
Meer as 20 mense in die George-area van die Suid-Kaap ontvang behandeling vir die H1N1-virus, oftewel varkgriep.
Foto’s: Silwerskermfees 2016
Die Silwerskermfees is nog volstoom aan die gang en mense wat dié fees bywoon, is passievol oor die rolprentbedryf. ’n Verskeidenheid akteurs, skrywers, vervaardigers en regisseurs woon hierdie geleentheid by.
Oorgerustheid ʼn groter vyand as die Wallabies
Die All Blacks klou nou reeds 13 jaar aan die Bledisloebeker, en dit het die punt bereik waar die Wallabies nou op die veld draf om die telling teen hulle buurland laag te hou eerder as met die voorneme om te wen.
Sesjarige se lyk langs treinspoor gevind
Volgens die polisie is die seuntjie Woensdagaand die laaste keer lewend gesien.
Video: Dans die naweek in saam met dié petroljoggies
ʼn Video, waarin ʼn groep petroljoggies van ʼn Engen-vulstasie in Kaapstad voor verbaasde motoriste hul beste danspassies uitvoer, word wyd op sosiale media gedeel.
Wynlandgoed-moord: Rohde bly agter tralies
Jason Rohde, die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, sal die naweek in polisieaanhouding bly.
PE-mesaanval: Vrou lewe in vrees na man borgtog kry
“Martin sal of homself nou gedra totdat die verhoor verby is en dan sy straf soos ʼn man vat, of hy sal terugkom om klaar te maak waarmee hy begin het.”
[Resep] Varknektjops met gemmerbeskuitjies
Die oorspronklike resep is Theresa de Vries sʼn. Sy is nie net ʼn koningin van deeg nie, maar beslis ook ʼn behendige hand as dit by vleisgeregte kom.
Proteas se wenrekord teen die Kiwi’s in gevaar
Suid-Afrika het na 13 reekse nog nooit ʼn toetsreeks teen Nieu-Seeland verloor nie en nou is daar net hierdie toets oor om dié rekord te behou.
Die wêreld in foto’s – 26 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
‘Kabeldief’ in Moot doodgeskiet
ʼn Vermeende kabeldief is Vrydag in die vroeë oggendure in Wonderboom-Suid in Pretoria doodgeskiet.
[Foto’s] Trane ná gesin uitgeteerde hond ná 2 jaar opspoor
Debbie Joynt van Sasolburg en haar gesin is “in die sewende hemel” nadat hulle vandeesweek met hul vierjarige Bulterriër herenig is. Hy het twee jaar gelede uit die gesin se erf verdwyn. Polisielede van dié dorp het Milo vandeesweek, vasgeketting en uitgeteer, in Zamdela, ʼn informele nedersetting in Sasolburg, gevind.
Tshwane-burgemeester maak nuwe komitee bekend
Die nuutverkose burgemeester van Tshwane, Solly Msimanga, het Vrydag die nuwe lede van die stad se burgemeesterskomitee by ʼn perskonferensie aangekondig.
Uitspraak gelewer in Oscar-appèlaansoek
Regter Thokozile Masipa het Vrydag uitspraak gelewer in die staat se aansoek om verlof tot appèl teen Oscar Pistorius se vonnis.
Rusie eindig dodelik
ʼn Middeljarige man is Donderdagaand in sy huis in die Fauna-woonbuurt in Bloemfontein doodgesteek.
[Video] Bomontploffing dood talle in Turkye
ʼn Vragmotor vol plofstof het Vrydagoggend naby die polisie se hoofkwartier in Cizre, Turkye, ontplof.
[Video] Uitdrukking: Hy dra water in ‘n mandjie aan
Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “Hy dra water in ‘n mandjie aan” beteken.