Nie alweer nie, sou die Sharks se ondersteuners seker gesug het toe hulle die week verneem het dat Gary Gold as direkteur van afrigting en ook hoofafrigter van die Sharks se Superspan bedank het.
Lees meerAlles vir Vrydag 28 Oktober 2016
Dié foto het die internet op hol
Dié foto van blink bobene het die internet op hol, want dit blyk net ʼn illusie te wees.
Proteas begin Fast 5-Wêreldtoernooi teen Jamaika
Suid-Afrika se Proteas speel Saterdag in Melbourne hulle eerste wedstryd in die Fast 5- Wêreldtoernooi teen Jamaika.
Polisie sê oor #FeesMustFall-betogings
ʼn Man wat duidelik op ʼn foto uitgeken kan word wat wyd op sosiale media versprei is terwyl hy die venster van ʼn polisievoertuig breek, is in hegtenis geneem.
Oppasser glo meesterbrein agter baba se ontvoering
Die oppasser van die 14-maande oue Siya Mlambo, wat Dinsdag tydens ʼn huisroof in Soweto ontvoer is, was glo die meesterbrein agter die ontvoering.
Twee vas oor Levubu-plaasmoord
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Hennie Bonnema, die boer wat verlede week Dinsdagaand op sy plaas in die Levubu-omgewing in Limpopo vermoor is.
ToekomsVenster: Juig al wat leef
Dis dalk nie ʼn slegte idee om darem hier en daar iets te memoriseer nie, veral as dit by die Woord van die Here kom. Dis die waarhede wat in jou hart ʼn tuiste gemaak het waaroor jy mediteer en wat jou lewe rig.
Petrolprys styg volgende week
Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat die petrolprys Woensdag sal styg.
Gedenkbeurs in naam van TUT-student wat tydens optog sterf
ʼn Gedenkbeurs gaan beskikbaar gemaak word ter nagedagtenis aan die #FeesMustFall-studenteleier van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) wat verlede week dood is nadat hy tydens ʼn optog in Pretoria deur ʼn motor raakgery is.
Baba wat tydens huisroof ontvoer is, gevind
Die 14-maande oue babaseuntjie wat Dinsdag tydens ʼn huisroof in Protea Glen in Soweto ontvoer is, is gevind.
Slegte nuus vir motoriste in November verwag
Motoriste kan hulle na verwagting staal vir nog ʼn aansienlike verhoging in brandstofpryse in November.
Dít is die 10 mees stresvolle beroepe, volgens studie
Die farmaseutiese reus, Pharma Dynamics, het in ʼn onlangse studie die toptien mees stresvolle beroepe in Suid-Afrika geïdentifiseer.
Pta-vrou se lyk gevind ná bure onraad vermoed
ʼn Bejaarde vrou se liggaam is Donderdagoggend in haar huis in Pretoria aangetref nadat haar bure onraad vermoed en die polisie ontbied het.
Jong man gevonnis vir verkragting van 71-jarige
ʼn 24-jarige man is vandeesweek in die Vryheid-streekhof in KwaZulu-Natal tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 71-jarige vrou.
Afrikaans laat hom geld, sê FAK-vereerdes
“Afrikaans is ʼn brugtaal, geïntegreer tot ʼn nuwe en unieke instrument van uitsonderlike skoonheid wat in talle velde woeker. Dis ʼn taal wat hom laat geld tot in die buitenste ruim, buiten Engels die enigste ander volwaardige wetenskapstaal en ʼn ontwikkelaar van woorde wat volksbesit geword het.”
Video: Nuwe MacBook Pro bekend gestel
Apple het Donderdag amptelik sy nuwe MacBook Pro bekend gestel.
Wildlewekonferensie: Renosters, leeus ontlok passievolle debatte
Afgevaardigdes van oor die wêreld, 183 lande om presies te wees, het onlangs in Suid-Afrika saamgetrek vir die grootste Wêreld-Wildlewekonferensie óóit.
Man sterf met kettingsaag
ʼn Man is in Limpopo dood in ʼn fratsongeluk met ʼn kettingsaag.
Boek: Tuistafel
Tuistafel trek jou in met kosmaak se klein en groot plesiere – of dit ’n eenvoudige onthoukos-gereg of voorbereidings vir ’n feesmaal saam met Errieda se kleurryke kosvriende is.
Video: Die liedjie wat jou gaan laat huil
Hou die sneesdoekies gereed: ʼn Span wetenskaplikes glo hulle het ʼn liedjie gevind wat mense hartseer maak en selfs kan laat huil.