Die name van die twee polisiebeamptes wat Saterdag in twee afsonderlike voorvalle in Kaapstad doodgeskiet is, is bekend gemaak.
Lees meerAlles vir Sondag 27 November 2016
Motorfietsryer beland in kaktusse om ongeluk te vermy
ʼn Motorfietsryer is Sondag in ʼn kritieke toestand na ʼn Gautengse hospitaal geneem nadat hy onder meer tussen kaktusse beland het om ʼn botsing met ʼn stilstaande voertuig te vermy.
Man val na sy dood
ʼn Man in sy laat 20’s is dood nadat hy Sondag sowat 15 meter ver na sy dood geval het.
Pta-meisie se noodroep lei tot skietgeveg, twee boewe vas
Twee verdagtes is in ʼn japtrap in hegtenis geneem nadat hulle toegeslaan het op ʼn woning in die ooste van Pretoria waar ʼn tienermeisie in daardie stadium alleen by die huis was.
Kleuter sterf ná kar rol
ʼn Kleuter is Sondag dood toe hy uit ʼn voertuig geslinger is tydens ʼn ongeluk in die Vrystaat.
Plaasdorp-moord: Ma van drie sterf in boetie se arms
Ansie Steyn (46), die jongste slagoffer van ʼn vlaag moorde in die plaasdorpie Sundra in Mpumalanga in die afgelope tyd, het Saterdagoggend in haar broer…
Aussies wen die toets, Proteas die reeks
Suid-Afrika het Sondag in Adelaide op die vierde dag van die derde kriekettoets teen Australië weinig weerstand met hulle laaste vier paaltjies gebied en die toets met sewe paaltjies verloor.
[Foto’s] Fratsongeluk in Pretoria eis jong man se lewe
ʼn Jong man is Saterdag in Pretoria tydens ʼn fratsongeluk dood.
[Foto’s] Dit brand in Tsitsikamma
Vakansiegangers en besoekers aan die Tsitsikamma Nasionale Park buite Jeffreysbaai in die Oos-Kaap word versoek om tot verdere kennisgewing genoeg van hul eie voedsel daarheen te neem nadat ʼn brand die plaaslike restaurant en winkel verwoes het.
Fietsryer kritiek ná tref-en-trap-voorval
ʼn Man, vermoedelik in sy laat 20’s, is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Sondag in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval buite Potchefstroom in Noordwes beseer is.
Man sterf in kettingbotsing
ʼn Man is Saterdag dood in ʼn kettingbotsing op die N12, sowat 10 km buite Potchefstroom in Noordwes.
Gedagte vir die dag: Die ewigheid is vir ewig
Die Here sal jou lig wees vir altyd. Jou dae van hartseer het op ’n einde gekom. (Jesaja 60:20)