Die gesondheidsombudsman het Woensdag bekend gemaak dat baie meer psigiatriese pasiënte tussen 23 Maart 2016 en 19 Desember 2016 gesterf het as wat die LUR vroeër beweer het.
Alles vir Woensdag 1 Februarie 2017
Twee vas byna ʼn jaar ná bejaarde se moord
“Dit was nou ʼn lang tyd van geduld en hoop, maar die speurtak het net bly sê ons moet nie moed verloor nie, die skuldiges sal wel opgespoor word.”
Nié die einde van ANC-vuilspel
Die ANC gaan weer en weer probeer om deur politieke vuilspel aan bewind te bly. Die land se kwynende joernaliskorps wat nog ruggraat het sal hierop bedag moet wees, skryf Peet Bothma.
Weggooihond ‘snuffel’ vir hom nuwe tuiste uit
“Dit maak regtig nie sin nie: Die feit dat hy my uit al die reuke gekies het en gevind het.”
Nóg ʼn mylpaal vir brandoorlewende Sean
“Sean was een aand baie negatief en het gesê dit sou beter wees as eerder hy dood gegaan het.”
Leandie du Randt ondergaan gedaanteverwisseling
Sy is die dogter van ʼn oud-recce – self sonder ʼn enkele bang haar op haar lyf…
Weduwee nié terug huis toe ná ‘afgryslike aanval’
Volgens Sandra Snijders (68) se seun kan sy ma nie veel van die aanval onthou nie.
Ouers doen stappe ná kind (2) in hospitaal sterf
Zoey Beckmann word vandag in Kimberley begrawe.
Scott-Crossley hoor eers dán oor borgtog
Mark Scott-Crossley is vroeër in ʼn Njala-voertuig, wat deur swaar gewapende polisielede begelei is, na die hof geneem.
Man op KZN-plaas doodgeskiet
ʼn Man is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Underberg-gebied in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Gedig: Dank
Sonder jou liefde is die graaf te swaar vir my… Lees DJ Opperman se mooi gedig, “Dank”
Vandag se sportnuus
Die Proteas en Sri Lanka pak mekaar vandag in die tweede van vyf eendagkragmetings.
Nuuskommentaar: Is Gerrie Nel se AfriForum-stap omstrede?
Te midde van groot opgewondenheid oor die hou wat Gerrie Nel en sy nuwe eenheid binne AfriForum teen korrupsie tot op die hoogste vlak kan inkry, is daar die enkele nat lappe wat AfriForum negatief beskou en daarom die hele proses verdag wil maak.
[Video] Geldwa helder oordag by vulstasie beroof
Die Witbank-polisie in Mpumalanga het ʼn soektog van stapel gestuur na twee gewapende mans wat Dinsdag ʼn geldwa by ʼn vulstasie beroof het.
Nóg ʼn leeu in Limpopo doodgemaak
Die polisie is op soek na verdagtes wat ʼn witleeu doodgemaak en gepoog het om nog twee leeus dood te maak by Ingogo Safaris in Alldays, Limpopo.
Geen borgtog vir twee wat glo donkies afslag
Twee persone wat in hegtenis geneem is nadat 35 donkies se velle afgeslag is, het in die hof verskyn en bly in aanhouding, het die dierebeskermingsvereniging (DBV) Dinsdag gesê.
VSA-besoek: May kwyt haar meesterlik van taak
Die Britse premier, Theresa May, se pas afgelope besoek aan die VSA en pres. Donald Trump was ʼn triomf. Dit toon haar as ʼn staatsvrou en skaakspeler van betekenis want sy het – voorlopig altans – aansienlik meer uit die besoek gekry as wat sy onder normale omstandighede kon gehoop het, skryf Leopold Scholtz.
Twee vas toe hulle sak ivoor in ʼn restaurant vergeet
Twee mans van China, onderskeidelik 24 en 27 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad verskyn nadat hulle Maandag deur die Valke se bedreigdespesies-eenheid in hegtenis geneem is.
Gedagte vir die dag: Waartoe jy nie ingestem het nie
Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin. (Johannes 16:33)
Loffie se Huns stuur skokgolf deur VSA-topliga
Die Suid-Afrikaanse afrigter Eugene (Loffie) Eloff se Austin Huns het Saterdag `n skokgolf deur Amerikaanse klubrugby gestuur deur as groentjie een van die land se bes gerekende spanne in die laaste minuut van `n rillerstryd te kelder.