Toe kattekind Omar in 2013 gebore is, was hy net so groot soos sy boetie en sussies, maar nou in 2017 weeg hy 14 kg en is 1,2 m lank.
Alles vir Woensdag 17 Mei 2017
[Video] ‘Van der Merwe’ se lokprent is hier
Die lokprent vir die splinternuwe Afrikaanse fliek Van der Merwe is Dinsdag amptelik bekend gestel.
Die wêreld in foto’s – 17 Mei 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Agt sterf in twee N4-ongelukke
Agt mense is dood in twee afsonderlike ongelukke op die N4 in twee verskillende provinsies.
SAUK het nuwe waarnemende hoof
Hlaudi Motsoeneng, voormalige omstrede bedryfshoof, se dissiplinêre verhoor het intussen ook vandag begin.
SKA oorhandig MeerKAT-foto’s aan minister
Pandor het Dinsdag ʼn uitstalling by die Iziko-museum in Kaapstad besoek, waar SKA saam met ander uitstallers van hul projekte uitgestal het.
Hier gaan ons al weer met die Bokkaptein
Dis ʼn jaar later. Die Bokke se vertonings het ons verlede jaar erg sooibrand gegee, Allister Coetzee is steeds die Bok-afrigter, daar is darem ʼn beleid oor die kies van spelers wat oorsee speel, maar ons is weer in die duister oor die Bokkaptein.
101-jarige verbeter valskermspringrekord
ʼn 101-jarige man van Engeland het ʼn nuwe valskermspringrekord opgestel.
[Video] Bylmoorde: Buurvrou getuig oor ‘stryery’
Ure voor die Van Breda-gesin in hulle huis op die De Zalze-landgoed met ʼn byl aangeval is, het ʼn buurvrou harde stemme gehoor wat soos ʼn bakleiery geklink het.
Antieke ‘vuurhoutjieboks’ ontdek
Argeoloë in Israel wat die terrein ondersoek waarlangs ’n nuwe hoofweg gebou word, het ’n baie skaars klipvoorwerp gevind wat gebruik was om vuur mee te maak.
[Video] Jhb-kapers kom hul moses teë
ʼn Gewapende man spring skielik uit die motor en pyl op die Porsche af, maar dié bestuurder laat hom nié afskrik nie.
Dlamini ontduik vrae oor R6 miljard
Dlamini het ook onthul sy moet haar gesin beskerm aangesien hulle glo doodsdreigemente ontvang het.
[Resep] Hoender-en-klapper-kerriesop
Dié smaaklike sop is maklik om voor te berei, maar gesofistikeerd genoeg om as elegante eerste gang vir ʼn deftige ete op te dien. Almal geniet ʼn laatoggend- of namiddaghappie.
Drie met lewende ietermago gevang
Die Limpopo-polisie het Woensdag gesê die geveg teen misdaad wat bedreigde spesies teiken, is ʼn opstopper toegedien met die onlangse inhegtenisneming van drie verdagtes wat met ʼn lewende ietermago (pangolin) gevang is.
Man byna in sop oor rassistiese aanmerkings
“Die inskrywing bevat betreurenswaardige en onverskoonbare rassistiese opmerkings.”
Staan jy ʼn populis teë is jy die “vyand van die volk”
Tipies van populiste, word hul opponente nie voorgestel bloot as mense wat anders oor sake dink nie. Nee, hulle is oneerlik, misdadig en moet met alle wettige en onwettige middele bestry word.
Gedig: Bollewange
“Sy staan stil… weg is die bons. Voorkop verkrummel, dit verander in ʼn frons…” Hemelbesem sing van sy dogtertjie se “Bollewange”
ʼn Dokter in die palm van jou hand
Is jy moeg om ure in ʼn dokter se wagkamer te vertoef net om ʼn nuwe voorskrif vir chroniese medisyne te kry?
Nuuskommentaar: Staking met ’n verskil
Gegewe die land se geskiedenis van rollende stakings en oproer, hoe lank gaan dit duur voor ook ander stede en dorpe die nuutjie van stakings ervaar oor ander redes as loonverhogings en besoldiging?
[Foto’s] Motorfietsryer sterf in botsing
ʼn 56-jarige motorfietsryer is Dinsdagmiddag in ʼn botsing in Krugersdorp aan die Wes-Rand dood.