Oostenryk se sege Saterdag oor Slowenië in Afdeling 2 Suid van die Europese Kampioenskap verseker dat ʼn Suid-Afrikaanse afrigter se span se plek in die eindstryd van sy reeks bespreek is.
Lees meerAlles vir Saterdag 7 April 2018
Tambwe en Lions skok die Stormers met drieëfees
Bomskok. Ja, dit is waaraan die Lions Saterdagaand die Stormers op Ellispark laat ly het, en die amperse nuweling Madosh Tambwe se naam sal seker nog lank by hulle spook.
DA aanvaar resolusie teen raskwotas
Die DA het Saterdagaand ʼn resolusie teen raskwotas aanvaar op die party se federale kongres in Pretoria.
2 dood, 3 beseer toe skieter losbrand
“Twee mense is noodlottig beseer en dood verklaar. Twee ander mense het ernstige beserings opgedoen en een persoon is in ʼn kritieke toestand.”
‘Groot verlies’ na nóg ʼn SA bokslegende sterf
“Baie mense sal hom as ʼn vreeslose vegter onthou. Ons innige simpatie aan sy vriende en familie in hierdie moeilike tyd wat voorlê.”
DA-kongres: Ons moet SA’ners verenig, nié verdeel, sê Maimane
“Wanneer ander politieke partye mense op grond van ras probeer verdeel, moet ons alle Suid-Afrikaners – swart, wit, bruin en Indiër – verenig.”
7-jarige sterf in padongeluk; vriend in hospitaal
Die sewejarige seun het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Sisulu besoek koning ná grenspos-voorval
Die koning het vandeesweek ʼn opskudding veroorsaak nadat hy gesê het hy is ongelukkig oor die manier waarop hy by ʼn Suid-Afrikaanse grenspos behandel is.
Plaasaanvaller vasgetrek, gevonnis binne 2 weke
ʼn Bejaarde man is in dié voorval met ʼn snoekerstok aangerand.
Talle gemonitor ná boer (37) aan Kongokoors sterf
Een bevestigde geval van Kongokoors word volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as ’n uitbreking van die siekte geklassifiseer.
Mark Lamberti bedank uit Eskom-raad
Mark Lamberti, uitvoerende hoof van die Imperial-groep, het Saterdag uit die Eskom-raad bedank.
Da Silva gee homself toe nié oor aan polisie
Luiz Inácio Lula da Silva, voormalige president van Brasilië, het ʼn hofbevel verontagsaam om homself Vrydag aan die polisie te oor te gee om gevangenisstraf van 12 jaar vir omkopery uit te dien – ʼn vonnis wat die einde van sy hoop op presidentskap beteken.
Malema: ‘Onteiening sal ons waardigheid herstel’
Malema het in sy toespraak na Vrydag (6 April) verwys as ʼn geskiedkundige dag aangesien dit 366 jaar gelede is wat Jan van Riebeeck in Suid-Afrika aangekom het – die dag toe al die probleme volgens hom begin het.
Blitsbokke: Durf en gehalte verseker plek in kwarteind
Suid-Afrika se jong sewesspan het Engeland in sy laaste groepwedstryd met 33-15 geklop en daarmee na Sondag se kwarteindronde in Wêreldrugby se sewesreeks in Hongkong deurgedring.
Vrou (27) byt ‘verkragter’ se tong byna heeltemal af
Die verdagte was nie van stryk gebring nadat die Bloemfonteinse vrou sy tong byna heeltemal afgebyt het nie.
DA-kongres: Spanning heers voor stemmery begin
Spanning is aan die oplaai by die DA se federale kongres by die skouterrein in Pretoria-Wes waar sowat 2 000 afgevaardigdes byeen is om te stem vir leiersposisies en beleidskeuses.
Ma, dogter ‘wreed vermoor’; meisie (4) in hospitaal
Die liggaam van die ma is in haar kamer aangetref en die liggaam van haar dogter (14) is in die sitkamer aangetref. ʼn Vierjarige meisie is per helikopter na ʼn hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.
Cheetahs se afskop teen Blues nou eers later
Die Cheetahs se Pro14-wedstryd Saterdag teen die Cardiff Blues, wat grootliks sal bepaal of die Vrystaters na die reeks se uitspeelrondes sal vorder, sal nou in die aand pleks van die middag gespeel word.
Zuma moet self opdok vir appèl teen staatskapingsverslag
“Hoewel hierdie nuus ʼn oorwinning is vir Suid-Afrikaners wat al vir te lank vir die ANC se foute moet betaal, moet die vraag gevra word oor wie die regskoste van R15,3 miljoen gaan betaal wat aangegaan is in die voortslepende spioenbande-saak.”
Bejaarde vrou (76) op plaas oorval; 24 uur lank vasgebind
Die 76-jarige bejaarde vrou was besig om haar inkopies uit haar voertuig te laai, toe sy deur twee mans oorval is.