Die Blou Bulle mag nou wel ʼn aantal spelers aan die Springbokspan en beserings afgestaan het, maar Hanro Liebenberg sal Vrydagaand (19:00) in Bloemfontein ʼn ervare groep spelers op die veld lei.
Alles vir Woensdag 15 Augustus 2018
Regering gryp in om indringer-kreefspesie te verwyder
“Die rede vir die teenwoordigheid van hierdie uitheemse en hoogs indringende spesie in die dam is nie duidelik nie, maar die anekdotiese verslae dui aan dat die krewe moontlik deur lede van die publiek vrygelaat is.”
Die ou geweer
ʼn Afgeleefde Musgrave sonder patrone maak mens manmoedig – só het ek daai dag geleer, skryf Koos Greeff.
Ma se toestand nog ‘onveranderd’ ná botsing waarin baba sterf
Sy het ’n geheuespan van slegs vyf tot tien minute.
Só kyk jy Showmax op DStv
Jy het nou al van Showmax gehoor, maar is steeds onseker hoe jy ook kan kyk. Hier is al die inligting wat jy nodig het.
Vrystaat Cheetahs soek vinnige wegspring vóór Pro14
Die Vrystaat Cheetahs moet hul eerste twee Curriebeker-wedstryde gebruik om vir die res van die seisoen op te maak wanneer hul beste spelers vir die Cheetahs in die Pro14-reeks sal speel.
Miljoene rande om Kaapse fasiliteite te beveilig
Dié fasiliteite sluit in klinieke, biblioteke, gemeenskapsentrums, sportvelde en oorde wat gereeld deurloop onder vandalisme en ander misdaad.
Gedig: Dirkie
“en skielik, skielik het ʼn miljoen skoenlappers baldadig begin fladder…” Lees Jeanne Goosen se gedig, “Dirkie”
Gaap, gaap … wie gaan in die Springbokspan wees?
In die ou dae, toe daar nog proewe gespeel is, daar vyf of selfs meer keurders op die nasionale paneel was en die Poskantoor nog pos (betyds) afgelewer het, was dit ʼn groot kuns en tydverdryf om rugbyspanne raak te voorspel.
TV-boer weer in hof oor ‘bedrog’
“Die beskuldigde is met ʼn waarskuwing vrygelaat en is ook gewaarsku om nie met staatsgetuies kontak te maak nie.”
Man se fooitjie-idee het meeste warm onder die kraag
ʼn Facebook-gebruiker wat sy idee vir ʼn fooitjie in ʼn restaurant op dié sosialemediawebwerf gedeel het, het meeste persone (veral enigiemand wat al ʼn kelner was) warm onder die kraag.
Universiteit doen stappe oor werknemer se FB-plasing
“Die inhoud van hierdie plasing is ernstig, onaanvaarbaar en ontstellend en strook glad nie met die universiteit se waardes nie.”
Foto’s: Polisie slaan toe op daggalaboratorium
Die verdagtes, tussen 25 en 45 jaar oud, het glo op ʼn plaas met dagga en daggaolie (kannabisolie) handel gedryf.
Verdagte in hof vir LP se moord
ʼn 31-jarige man verskyn Woensdag in ʼn Johannesburgse hof in verband met die skietdood van ʼn ANC-LP in Junie vanjaar in Roodepoort.
Hierdie is die lekkerste stede om in te woon
Aspekte wat oorweeg word sluit onder meer in die voorkoms van geweldsmisdaad, beskikbaarheid en kwaliteit van gesondheidsorg, vlak van korrupsie, kos en drank, klimaat en temperatuur en beskikbaarheid en gehalte van behuising, paaie, water en elektrisiteit.
Kabeldiefstal laat pendelaars tydelik gestrand
Die maatskappy het vir geduld van pendelaars en werkgewers gepleit weens moontlike vertragings.
Minnie was ‘baie opgewonde’ oor Bird Island-boek
“Dit is te laat vir hom, maar nie vir die slagoffers nie.”
Afrikaners: ‘Ons is nie so min soos wat ons gedink het nie’
Hoekom is dit belangrik om dit te weet? Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), moet enige organisasie wat oplossings vir ʼn bevolkinggroep wil bied, weet hoeveel mense daar nou is en hoeveel daar in die toekoms sal wees om die nodige beplanning te doen.
Pret en plesier by Varkfees Heidelberg
Die Varkfees, wat jaarliks in Heidelberg, Gauteng aangebied word, is ‘n fees te wees wat almal kan geniet! Hope pret en plesier vir almal – jonk en oud!
‘Stroomop’ ʼn treffer by die loket
“Die fliek is só suksesvol dat nog fliekteaters die komende naweek bygevoeg word waar die rolprent vertoon sal word.”