Dis vir enigeen moeilik om kop te hou met ʼn tweede (of derde of vierde of …) taal. Leerders wat Afrikaans Eerste of Tweede Addisionele Taal aanleer, val dikwels vas met woorde wat baie na aan mekaar lê en moeilik vertaal. Hierdie lys bevat ʼn paar sulke strikke.
Alles vir Donderdag 15 November 2018
FliekNET in Desember saam met Schuster en Kie.
Dié tydelike kanaal bied elke jaar vir fliekvlooie die geleentheid om al hul gunsteling- Afrikaanse flieks te kyk.
Wen ʼn studiebeurs saam met DZL en Gameways
ʼn Gelukkige wenner het die geleentheid om voltyds vir drie weke lank ʼn wildplaasbestuurkursus by Gameways saam met die DZL-manne by te woon. Gameways is bekend vir hulle omvattende en praktiese kursusse wat toekomstige wildplaasbestuurders voldoende opleiding gee in al die belangrike fasette waaruit wildplaasbestuur bestaan.
Vandag se sportnuus
In die PGA-reeks sal Tyrone Van Aswegen, Ernie Els en Retief Goosen vandag afslaan in die RSM Classic in Georgia en die Springbokspan wat Saterdagaand teen Skotland op Murrayfield speel word vandag bekend gemaak.
Enorme, yskoue planeet ontdek
ʼn Enorme, yskoue planeet wat om die naaste enkelster aan die son wentel, is ontdek.
Die krag van ʼn pleegma: ‘Ons sal nooit opgee nie’
As sy vier jaar gelede geweet het presies hóé diep hierdie waters gaan wees waardeur sy nou gaan, geweet het hoeveel hartseer agter daardie kinderogies skuil, sou sy dalk weggestap het. Sy sou daardie kinderhuis se deur agter haar toegetrek en nie weer teruggekyk het nie. Maar teen die tyd dat sy besef het hoe groot die berg is wat voor haar lê, was dié pleegseun klaar in haar huis en in haar hart – en nou baklei sy vir hom met alles wat sy het.
Boek: Armand kook kaal
Aanhangers begeer óf sy lyf óf om soos hy te lyk. Nou deel Armand sy geheim met almal: Hy eet kaal, gestroopte, heel kos.
Tshwane-burgemeester lei nog ʼn opruiming
“Soos met vorige optredes,” het die burgemeester gesê, “het ons ʼn kommerwekkende aantal oortredings van munisipale ordonnansies teëgekom; daarom sal sulke optredes ʼn gereelde verskynsel reg oor die stad bly.”
Waarnemende NVG-hoof se antwoorde in onderhoud ‘te filosofies’
“U word direkte vrae gevra en is baie filosofies in u verwysing na die Britse hoërhuis…. Hier in Suid-Afrika wil ons weet wat in die NVG gebeur.”
Een dood, vier beseer in Johannesburg-ongeluk
“Een van die motorbestuurders het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”
Deurbraak ná 2 moorde wat Vrystaat ruk
Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 54-jarige Shai Mikia Mohapi wat op 10 November in sy motor in ʼn parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in Welkom koelbloedig doodgeskiet is.
Gedagte vir die dag: Sy het omgegee
Moet julle nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. (Matteus 6:34)